Paasfees 2017 — die laaste vier weke het ons stilgestaan by die gebeure voor, tydens, en na Jesus se kruisiging. Ons het aan die hand van Johannes Evangelie die simbole en metaforiese taal ontsyfer en die mistieke betekenis ontsluit sodat die inhoud en betekenis van hierdie verhaal vandag steeds relevant is vir ons spiritualiteit. Ons sluit ons gesprek eerskomende Sondag af en gaan gesels oor die betekenis van ‘hemelvaart’ en ‘wederkoms’ ... en teen nou behoort jy te weet dat beide hierdie gebeure ʼn diep spiritueel/geestelike betekenis het wat nie gaan oor die fisiese liggaam of ʼn gebeure op ʼn almanak nie maar met ʼn waarheidselement wat ALLES te doen het met ons belewenis en uitlewing van ons Christelike geloof.
Die verhale van mense wat ʼn ‘hemelvaart’ gehad het, was alombekend in die Joodse tradisie. Dink aan die mitologie van Enoch wat ʼn boek geskryf oor ‘Die Wonder van Lewe in die Teenwoordigheid van God’ en deur God opgeneem is in die hemele — dink aan Moses wat deur God self begrawe is in ʼn graf wat aan geen mens bekend is nie en van wie vertel word dat hy 120 jaar oud was toe hy gesterf het. Die Engelse vertaling sê, “His eye was not dim, nor his vigour abated” ... met ander woorde op 120 het hy geen bril óf Viagra nodig gehad nie. Dink aan Elija, die vader van die profetiese beweging, wat opgevaar het na die hemel in ʼn ‘chariot of fire’ ... en selfs Melgisedek van wie vertel word dat niemand weet waar hy gebore of gesterf, en geen aardse vader of moeder gehad het nie en dat Jesus aan die ‘Orde van Melgisedek’ behoort het.
Jesus homself verwys na sy ‘wederkoms’ in Matteus (24:34) as hy sê, “Dit verseker ek julle, nog in dié leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur!” Almal verstaan dit letterlik en hulle wag en wag. Een na die ander apostel sterf, twee en drie geslagte later en hy kom nie. “Hoe moet ons dit verstaan? Hoe lank is die ‘intermezzo’ (tussentyd)?” vra die vroeë kerkvaders. Vandag, 2017 jaar later wéét ons met hart, siel, en verstand dat Jesus dit nie letterlik bedoel het nie maar dat die ‘wederkoms’ in elke ‘wedergeboorte’ lê!
Dit bring ons Sondag by ons laaste gesprek oor die tema: MEANINGFULNESS en staan ons stil by die karakter wat ons leer ken as Thomas -- of soos John Shelby Spong na hom verwys: The Final Witness, the Ultimate Claim! Ons weet niks van hierdie man nie. In die ander evangelies is hy bloot ʼn naam op ʼn lys. Met die ontdekking van die Nag Hammadi geskrifte was daar ʼn teks gevind: Die Evangelie van Thomas. Dis duidelik dat die datering van dié Evangelie voor die skryf van Johannes Evangelie was en is daar ʼn sterk vermoede dat die Joodse Mystic wat Johannes Evangelie geskryf het, welbekend was met hierdie ‘brief’ wat opgedra is aan Thomas. Dit is ʼn relatief kort met net 114 verse. Geen wondertekens of enige iets oor die geboorte en sterwe van Jesus nie. Met ʼn sterk Oosterse invloed is dit nie vreemd nie omdat die spore van Thomas se sendingreise in Indië lê en word hy ook beskou as die Patron Saint van die Indiese Christenkerk. Lees gerus Dr Piet Müller se vertaling en kommentaar oor die Evangelie van Thomas by https://www.spiritualiteit.co.za/evangelie-van-thomas-dr-piet-muller.pdf
“Ongelowige Thomas” soos Johannes na hom verwys, sou deel word van ons Westerse taal as ons na iemand verwys wat ongelowig of bygelowig is. In die Johannes-gemeenskap was Christene vervolg en vermoor. Thomas sou ʼn simbool word van baie mense, net soos vandag, wat ʼn ‘SHOW-ME’ tipe mes was. “Give me proof. I want evidence. You said that you have seen him alive, well I haven’t and until I see him with my own eyes I will not believe!” Die tweede “verskyning” van Jesus in Johannes vind agt dae na die eerste plaas. Weereens is die deure gesluit en is hul oorweldig deur vrees vir die ‘duisternis’ (vervolg of vermoor) en soos telkemale in dié Evangelie breek die Lig in die duisternis. Daar staan nie dat Thomas sy vinger in die wonde gedruk het nie maar wel sy opregte belydenis, “My Here en my God!”— met ander woorde, “Ek sien God in die teenwoordigheid van Jesus; ek sien die mens wat uit Gees gebore is en onder ons woon; nou verstaan ek dat wanneer ons Jesus sien, sien ons God!”
Die Jesus van Johannes Evangelie is die Rabbi wat sy lewe gee ter wille van ʼn LIEFDE wat nie veroordeel nie maar wat versoen, nie breek nie maar heel maak. Vir die eerste keer verstaan Thomas die betekenis, “The crucified one is the presence of God among us. He is the God who is the source of life, and his call to us is to live fully! To have life — not to become religious, not to achieve moral purity, not to win the contest to gain doctrinal orthodoxy, but to have life— that is the function of the Christ. It is to bring us to the experience of living in which we pass into new dimensions of life and cross the boundaries of fear that separate us from one another and from ourselves. That we “might have life and have it abundantly”— that is what Jesus is about; that is what Jesus brings. On this note the Fourth Gospel comes to a conclusion, and we are left with the spirit that empowers us to be the body of Christ doing the work of Christ in every generation!” (John Shelby Spong)
ACIM — Stad 22 Mei 19h30; Kolping 4 Mei 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“As julle die liggaamlike oog vervang met 'n geestelike oog en die liggaamlike hand met 'n geestelike hand; en as jy van jou loopbaan 'n lewensweg maak en jou uiterlike voorkoms vervang met die beeld van God in jou siel, dan sal julle die koninkryk binnegaan.” — Evangelie van Thomas vers 22