Hierdie week se liturgie: 3_november_2013
♥♥ Eerstens net twee uitnodigings: Saterdag van 9h00 — 13h00 bied ek weer ʼn werkswinkel aan wat die hele ‘Geskiedenis van die Bybel’ vertel en verduidelik op ʼn tydlyn. Vir eens en altyd is daar ʼn duidelike perspektief om dit in konteks te sien en te onderskei tussen wat is Histories Feitlik en wat is Histories Metafories waarin ʼn ryk waarheidselement opgesluit lê. Sondag na die ‘diens’ eet ons weer lekker saam. Vir R100 pp kry jy ʼn heerlik Sondagmaaltyd en jy kan jou eie wyn bring. Asseblief bespreek net by my vir Werkswinkel en/of Sondagete t.w.v. voorbereidings. Sal regtig lekker wees om soveel as moontlik van julle daar te sien.
Laas Sondag is gevra: What is the meaning of life? Die eerlikste antwoord is seker — Whatever you want it to be! Dis normaal om behoeftes en verwagtinge te hê van die lewe; almal van ons streef om uit die lesse van gister te leer en die beste daarvan saam te vat op ons reis. Dis tog sekerlik waar dat die meeste mense hul beywer vir dit wat goed en aanneemlik, opbouend en mooi is. Dis ook waar dat die meeste van ons met inspanning poog om getrou te bly aan ons woord, ons beloftes te eer, en ons ‘ja’ ja te laat wees en ons ‘nee’ nee.
In Matteus 25:19-30 word ʼn gelykenis vertel iemand wat 5 ‘talente’ ontvang het en dit 10 gemaak het; daar was een met 2 wat dit 4 gemaak het; maar dan was daar iemand wat 1 ontvang het en dit gaan begrawe het. Die gelykenis vra nie wat of hoeveel jy ontvang het nie, dit vra wat maak jy met dit wat jy ontvang het? Wat ons ontvang het, is die grootste geskenk: “Ek het gekom sodat julle lewe kan hê, en dit in oorvloed!” (Johannes 10:10) Life in abundance! — dit vra nie het jy net 1 of het jy 5 nie ... dit vra HOE gebruik jy dit om in diens te staan van mekaar?
Lewe is nie gelaai met — “kan nie” ... en ... “het nie” want lewe is ʼn leivoor en nie ʼn loopgraaf nie. Altyd op pad na ʼn nuwe bedding, kronkelend op pad na die bestemming wat ook die Oorsprong is. Dít is lewe!
Êrens lees ek ʼn mooi metafoor — LIFE IS LIKE A CAMERA ...
FOCUS on what’s important; CAPTURE the good times; DEVELOP from the negatives; and if things don’t work out, TAKE another shot - !!
Vir my is Lewe en God sinoniem. Om te Lewe is om te God en om te God is om te Lewe. Lewe is alomteenwoordig (mikro- en makrokosmos); lewe is alwetend (lewe hou lewe in stand); lewe is almagtig (ons kan nie lewe eindig of van een vorm na ʼn ander verander nie).
Life is a gift! — word ons geleer, en om dit nie vanselfsprekend te aanvaar nie.
Kom ons gesels November oor THE GIFT OF LIFE - !! oor die jare het daar sekere lewenslesse oor my pad gekom. Sommige was moeilik om te leer omdat daar ʼn innerlike weerstand is teen konfrontasie — aan die anderkant moes ek baie dinge ontleer omdat ons van kleinsaf so geïndoktrineer is om op ʼn sekere manier te reageer: staan eerste, slaan terug, blameer, wees bang, skryf af en gooi weg want dis ‘my way or the high way’ ... en so klop dieselfde lesse oor en oor en oor aan ons deur tot ons leer om met dankbaarheid te sê: Live life, alive! Kom ons staan Sondag stil by sewe lewenslesse en kom deel met vrymoedigheid jou eie:
(i) Spend life with who makes you happy, not who you have to impress
(ii) A smile does not always mean happy, just as tears do not always mean sad.
(iii) Don’t play martyr or victim; don’t say what you are, be who you are.
(iv) Love yourself; do good; always forgive; harm no one; and be positive
(v) Always say “please” and “thank you” — thankfulness releases the power of God
(vi) Don’t compare and don’t judge because your happiness is in your hands
(vii) Make peace with your past and let go of obsessions about the future because it screws up the present.
In 1 Petrus 4:10 staan daar in die oorspronklike taal: ‘Namate elkeen ʼn [spesiale] geskenk ontvang het, gebruik dit om mekaar te dien as goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God.” Die woord vir ‘spesiale geskenk’ is ‘charisma’ — wat beteken: the economy of Divine grace! As ons die maand toewy aan ʼn diep dankbaarheid oor wat die Lewe in die algemeen en ons lewe in besonder vir ons beteken, kom ons bring elkeen ons eie wysheid na ons sirkel Sondag. Kom ons leer van mekaar. Kom ons deel ons ryk lewenservaring en dan maak ons strikkies en geskenkies vir Desember se herdenking van wat GEBOORTE beteken.
HOOP OM ALMAL SONDAG 10h00 TE SIEN!
♥♥♥ ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Nine: From Spiritual Death to Spiritual Rebirth!
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
Recipe for Happiness: Laugh as much as possible and Love as much as you can!