3 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 3_junie_2012

Ons stoom die helfte van die jaar binne – half leeg, half vol ... en terwyl ek hier sit en tik, speel Joni Mitchell se “Both sides now” in die agtergrond:
Something's lost but something's gained in living every day.
                             I've looked at life from both sides now,
From win and lose, and still somehow
It's life's illusions I recall.
I really don't know life at all.

Baie mense vra: Waaroor gaan dit by Neo-Spektrum? Het dit ʼn vorm en definisie? ... en dan wonder ek by myself: het gevoel, vorm; het die taal van die siel, definisie? Miskien in eerlikheid sou ʼn mens kon antwoord dat dit wel ʼn vorm (struktuur) het maar dat dit veel eerder gaan oor inhoud. Dit is ʼn hawe waarheen jy kan vaar waar dit veilig is om te wees wie/wat jy is want die grote en krag van jou boot word nie geoordeel nie; ʼn vasmeerplek om af te laai en te hervul sonder dat bagasie geweeg of voor betaal word; ʼn bassin om jou reis te beplan met weervoorspellings vir jou roete; ʼn oord wat insig en uitsig gee om na ons kaart te kyk van waar ons vandaan kom, waar ons is, waarheen ons op pad is.

En dan die vraag: Wat is dan die inhoud van Neo-Spektrum? Het dit reëls en voorwaardes? ... want die wêreld van godsdiens vra gehoorsaamheid aan die ‘wet’ en maak nie saak hoeveel ons verskil oor die interpretasie van wat die ‘wet’ is nie solank ons net kan sê dat ons ons bes probeer om gehoorsaam te wees. Die vraag is nie: wat is die ‘wet’ van God nie? Die vraag is: waarom doen ons nie wat ons sê nie?

Kom klim Sondag saam met ons deur die tien takke van die ‘Tree of Life’ en ontdek in verwondering hoe relevant dit steeds is op ʼn lewe wat in 2012 klop, vra en soek na ʼn spiritualiteit wat sinvol is.

Exodus 20: Tien beginsels vir VANDAG --
         1. NOT COMMANTMENTS BUT COMMITMENTS
         2. NOT COMMANTMENTS BUT COMMUNION
         3. NOT COMMANTMENTS BUT COMPASSION

En dan breek ons brood as ʼn herinnering dat ons as liggaam één is met mekaar en deel ons die wyn as ʼn herinnering dat ons één is met God

10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —  Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

♦ Daar word ʼn werkswinkel beplan oor ‘Die Geskiedenis van die Bybel’ — wie het dit geskryf; waar kom die verhale vandaan; wat is feitlik en wat is oorvertellings; wat is die betekenis en invloed daarvan op ons lewe?

Skakel my asseblief (per epos en/of oproep) watter Saterdag in Junie sal vir jou geleë wees sodat ons ʼn datum kan vasmaak?

Gedagte vir die Week:
“Many of life's circumstances are created by three basic choices: the disciplines you choose to keep, the people you choose to be with; and, the laws you choose to obey” — Charles Millhuff

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights