Die jaar blaai om ... 2016 is voor die deur! Sjampanje is op die ys en ons is reg om af te tel. Elke nuwe jaar bring ʼn stukkie optimisme en dit maak nie saak hoe die afgelope jaar uitgespeel het nie daar is altyd ʼn stukkie hoop dat die jaar wat voorlê, gaan in elke opsig beter wees asof die jaar wat verby is ‘sleg’ was of ‘beter’ kon wees. Jaar na jaar herhaal ons die patroon tot ons vir ʼn oomblik stilstaan en begin om die geskenke (seëninge) van die laaste jaar te tel. Vir die meeste van ons was dit ʼn jaar van gesondheid en vir diegene wat gediagnoseer is met ʼn ernstige siekte was dit ʼn jaar van lesse dat siekte dalk ons grootste teacher is ... ons het nuwe mense ontmoet en feitlik almal van ons moes iemand groet in lewe of dood en elke ‘totsiens’ het gepaardgegaan met ʼn diep besef om elke verhouding te koester ... daar was dae van verwondering en dae van verwydering en in die dae wat ons verdwaal gevoel het, het ons opnuut geleer wat dit beteken om ons Kompas se naald te vertrou ... ons het dae gehad van dans in ekstase en fluit van opgewondenheid en daar was dae van trane en hartseer wat ons gedagtes gefokus het om te besef dat ons die soet en die suur nodig het om van die intellek ʼn siel te maak ... daar was die fees van huwelike wat met ʼn pand geseën is en daar was huwelike wat verinneweer is deur die stroomversnellings van konflik en die opdrifsels van vrees wat ons opnuut geleer het om elke manifestasie van liefde te eer, respekteer en te kultiveer.
So vat ons die beste van 2015 saam op reis vir 2016 — my hart loop oor van dankbaarheid vir elke vriend en vriendin, elke vreemdeling en vertroueling wat die laaste jaar padkos was vir my reis en met groot waardering teenoor my ouers en my kind vir hul volgehoue inspirasie om te doen wat ek doen. My beker loop van vreugde oor vir elke klein én groot gebaar van liefde wat dit vir my maklik maak om in God te glo ... in besonder die liefde wat ʼn mens se hart vind deur jou siel, en in elke opsig jou lewe verander, verryk, vergroot, en verbeter.
Een van die grootste lesse wat Neo-Spektrum my geleer het, is dit — in die begin was daar géén pad nie maar hoe meer mense begin stap het, het daar ʼn pad ontstaan. Wat eens net ʼn voetpaadjie was, is nou ʼn roete van oase tot herberg en dit is in besonder waar van my persoonlike lewe. Die grootste geskenk wat Neo-Spektrum my gegee het, is die realisering dat die woord ‘God’ is ʼn mensgemaakte woord wat iets sê oor ons ervaring/belewenis van dit wat ons beskryf as Goddelik. Ons probeer nie langer om God te definieer of analiseer nie maar in elke woord en daad streef ons daarna om wat ‘God’ beteken, uit te leef. In die woorde van Fr. Richard Rohr, “Jesus gave us something that he did not say we needed to “think about” or “agree upon,” “understand,” “look at,” or even “worship.” Instead, he just said, ”Eat and drink this” and “give thanks” ... en vir dít sê ek dankie!
Die laaste jaar het baie note gehad en nou is dit tyd om alles bymekaar te sit want die melodie vertel die storie. Die woorde van Miga 6:8 word die ritme, “Hy het vir jou gesê wat is goed en wat vra die Here van jou soos om te doen wat regverdig is en welwillendheid lief te hê en om nederig te wandel met jou God” terwyl Handelinge 20:24 die refrein besing, “Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.”
Ek wens vir jou en jou gesin en almal wat vir jou lief is en wie jy liefhet, ʼn geseënde en voorspoedige 2016. Reis veilig en geniet die somervakansie.
Pak hierdie belofte vir jou padkos en hou jou waterbottel altyd vol uit hierdie pit --
Promise Yourself --
To be so strong that nothing
can disturb your peace of mind.
To talk health, happiness, and prosperity
to every person you meet.
To make all your friends feel
that there is something in them.
To look at the sunny side of everything
and make your optimism come true.
To think only the best, to work only for the best,
and to expect only the best.
To be just as enthusiastic about the success of others
as you are about your own.
To forget the mistakes of the past
and press on to the greater achievements of the future.
To wear a cheerful countenance at all times
and give every living creature you meet a smile.
To give so much time to the improvement of yourself
that you have no time to criticize others.
To be too large for worry, too noble for anger, too strong for fear,
and too happy to permit the presence of trouble.
To think well of yourself and to proclaim this fact to the world,
not in loud words but great deeds.
To live in faith that the whole world is on your side
so long as you are true to the best that is in you.”
― Christian D. Larson, Your Forces and How to Use Them
Die volgende twee Sondae word gelei deur Dr Rudi Labuschagne — kom begin jou jaar met die mooiste wense en riglyne HOE om dit te realiseer.
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Spirituality is recognizing and celebrating that we are all inextricably connected to each other by a Power greater than all of us, and that our connection to that Power and to one another is grounded in love and compassion. Practicing spirituality brings a sense of perspective, meaning and purpose to our lives.” — Brené Brown: The Gifts of Imperfection