3 Desember 2017

Laas Sondag het ons Tienie en Natasha se klein Emma gedoop. Met die Kapel oorlopensvol met besoekers en gaste het ek besef dat die onderwerp oor Deo Volente (God Willing) en om te praat oor ‘Vrye Wil’ gaan ʼn hele aanloop moet hê om almal in die Sirkel op dieselfde bladsy te kry en ʼn uur is hopeloos te min daarvoor. Vir mense wat ʼn leeftyd grootgeword het met die oortuiging dat alles vooraf besluit is en dat alles wat gebeur vanuit die hemele beplan, bestuur en gekontroleer word, gaan dit dalk óf onthitsend óf ʼn ontnugtering wees om te hoor dat jy en ek géén Vrye Wil het nie — ons het wel Vrye Verantwoordelikheid om óf met ego-denke, óf met siel-denke te reageer op wat gebeur elke oomblik van die dag!
Nie eers die grappie is snaaks gevind dat — dit vreemd is hoe mense wat in predestinasie (voorbestemming) glo, steeds links en regs kyk as hul oor die pad loop. Dis toe dat ek besluit het dat ons eerskomende Sondag dié gesprek moet voortsit omrede daar baie vrae is oor die WIL VAN GOD versus ons (vrye) wil om self te besluit wat en hoe ons wil. Dit was een Sondag na ons diens dat my dierbare pa ʼn opmerking gemaak het dat as hy na my luister, klink dit of ons kan doen net wat ons wil waarop ek geantwoord het, “Maar liewe pa, ons dóén net wat ons wil — en daarom word 99% van al ons konflik gebore uit die feit dat ons nie ons sin kry nie!” Ons dink dat die keuses wat ons maak, het te doen met ‘Vrye Wil’ en vrye wil is wanneer ek my sin kry en dinge uitwerk soos ek graag wil hê dit moet uitwerk.
Die vraag is: verstaan ek wat ek sê as ek praat van die Wil van God en het ons enige idee wat ons bedoel met Vrye Wil want na meer as ʼn half eeu op dié planeet is ek nie so seker of die kumbaya-generasie dit weet nie. Het ek die vrye wil om te glo in gravitasie of nie? Of ek dit glo of nie, gravitasie is ʼn feit soos ʼn koei. Ek kan net vlieg met vlerke en bo die water bly as ek beweeg en het niks te doen met Vrye Wil maar met fisika.
Drie gedeeltes uit ACIM het my nog altyd aangegryp. Die eerste een sê, “Free will does not mean that you can establish the curriculum. It means only that you can elect what you want to take at a given time…” en die tweede sê, “There’s no separate self with an autonomous existence from the whole, and the Universe. Nothing, in what’s whole, makes an independent choice separate from the whole. There is, however, THOUGHTS about choice and an appearance of decisions. And when we are identified with thought and appearances, we believe what the ego shows us and its proof when it says “I choose! I author!” The ego’s proof, however, of free will and choice relies on the past for evidence.” 
Elke oomblik se ‘WIL’ (keuse/besluit) lê in my brein se verlede — die muesli wat besluit is om te eet met die jogurt wat ʼn keuse was in Woolies albei teen die agtergrond van wat is lekker en wat is gesond; die klere wat ons aantrek en kombinasie van broek en hemp; die musiek wat ons luister; die oproep wat ons ontvang of die foon wat ons op sy skerm draai as ons besig is met iets anders; wanneer ons vertrek en watter roete ek volg na my bestemming; ons gesindheid as ons deur die deur stap by mense met wie ons ʼn afspraak het — every instant of every moment “relies on the past for evidence”
Soos al dikwels verduidelik, beteken die Griekse woord ‘thelema’ — splendour, desire, and delight. Dit word vertaal met ‘WIL’ ... thelema tou Theo = wil van God. Dit is nie ‘thelema’ soos die ‘wil’ van die mens wat wil werk of vakansie, wilbou of breek, wil seën of vloek, wil boekhou of vergewe nie. God is die groot ‘ek IS wat ek IS’ en wat dit IS, is die splendour, desire, and delight. Niks en niemand kan een jota of tittel daaraan verander nie. Daarin hoor ek Jesus sê, “Dit lê nie in jou wette en rituele nie Nikodemus. Nie jul verwronge moraliteit nie, Fariseërs en Sadduseërs. Nie jou klein geloof nie Thomas. Nie jou selfgeregtigheid nie Petrus. Want julle skep volkome die hemel óf hel waarin jul lewe ... en het niks te doen met ’fate’ of ’destiny’ of ’sh*t happens’ nie! Die krag/mag van God lê in jul liefde — dit word gevind in jul aksies en nie jul reaksies nie!”
Die derde gedeelte uit ACIM vra, “Would you be hostage to the ego or host to God? You will accept only whom you invite. You are free to determine who shall be your guest, and how long he shall remain with you. Yet this is not real freedom, for it still depends on how you see it.”
Die keuses wat ons maak, teken die prentjies van wie ons is — dit het niks te doen met ‘vrye wil’ nie en het alles te doen met ‘onbeperkte verantwoordelikheid’ ... BE the splendour, desire, and delight of God in order to BECOME the splendour, desire, and delight of God.
“Life's a path lit only by the light of those I've loved.” het Johnny Cash gesê. Liefde is die reis en die bestemming. Liefde is die vryheid en die verantwoordelikheid. Liefde is die wil en die intensie. Liefde is die waarheid en die realiteit. God is liefde.

🌺 ACIM — Kolping: 30 November @ 19h30 en Stad het reeds vir die jaar afgesluit — Lessons 41-48 (Lees asseblief hierdie 8 lesse voor die tyd want dit is só die moeite werd!)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Duty eats free will for breakfast.” ― Daryl Gregory

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights