Hierdie week se liturgie: 3_augustus_2014
So teen die laaste week van elke maand word die teleskoop, stetoskoop, mikroskoop uitgehaal opsoek na ʼn tema vir die volgende maand. Daar word gelees en onderstreep, geluister en notas gemaak, opsoek na inspirasie ... en dan staan ʼn mens vroegoggend en kyk deur die ruit oor die stad en besef, ‘wat noem mens die instrument wat deur ʼn muur kan kyk?’ ... ʼn venster! Sonder om gefikseer te raak op die krakies en vuil kolle op die glas kyk mens daardeur en die uitsig word perspektief.
Iemand vra my gister wat ek doen vir ʼn lewe, en wanneer ek sê dat ek is ʼn ‘priester/predikant (rigtingwyser)’ dan is daar gewoonlik een van twee reaksies – ʼn opgewonde ongelowigheid, óf ʼn blatante you’ve-got-to-be-kidding-me ... miskien is dit my deurmekaar hare of kleredrag ;-)) maar dit is die konfronterende vraag daarna of ek ʼn “reborn Christian” is wat my laat besef het dat hierdie gesprek is in ʼn cul-de-sac. Is ʼn ‘reborn Christian’ iemand wat dieper in, nader aan, hoër op is as iemand wat hom/haarself net ʼn ‘Christen’ noem? Of is dit eerder ʼn geval waar die woorde van Jesus aan Nikodemus, “jy moet opnuut gebore word” (Joh 3:7) gekaap is deur sekere fundamentaliste wat verwys na “reborn” as ʼn bordjie om jou nek wat vir die wêreld moet sê jy is nie nou nie meer jy nie, jy is nou iets/iemand anders? ʼn Byna ontkenning van ons menslike natuur om sodoende ʼn kleed aan te trek (of is dit ʼn masker opsit?) wat ontken wie ons ten diepste is. ‘Reborn’ word ʼn soort van superman of superwoman wat oor en deur die lewe vlieg met bonatuurlike krag en die kere waar jou menslikheid broos en naak lê, is dit die duiwel se versoeking. Ek dink dit het tyd geword dat ons hierdie vers herroep en terugeis vir wat dit ten diepste sê en beteken ...
John Philip Newell skryf in sy aangrypende boek, “The Rebirthing of God” die volgende, “The first thing that is said about humanity in the Hebrew Scriptures is that we are made in the image and likeness of God (Gen 1:26). Everything else written about us in our scriptural inheritance needs to be read in the light of this foundational truth: that within us is the likeness of the One from whom we have come! Or, as Julian of Norwich puts it, we are made “of God” — we are made of the Light that was in the beginning. We are made of the Wisdom that fashioned the universe in its glory of interrelatedness. We are made of the Love that longs for oneness.”
Ons tema vir Augustus is — ‘DIE GESKENK VAN HERLEWING’ — (THE GIFT OF REBIRTH) en ons begin die maand se reis eerskomende Sondag deur te gesels oor — BORN FROM ABOVE.
In die oorspronklike taal staan daar in Johannes 3:7, “genao anothen” – genao: born – anothen: from above, from the beginning, from a higher place. Met ander woorde: “Indien iemand nie gebore word van bo nie, kan hy nie die koninkryk van God sien nie” (Let wel: nie sien nie!)
Return, Reconnect, Reborn — staan in die LIG van dat ons in ons hart ter harte gemaak is van God en hierin lê ʼn herontdek van wie en wat ons is, ʼn herlewing van die Lewe wat in en deur ons vloei maar nie van ons is nie ... ʼn Liefde wat pols in elke bloedsel en senuweepunt van ons liggame ... en waar hierdie Lewe en Liefde mekaar ontmoet, breek ʼn NUWE LEWE deur die bloeisels en dra die vrug van ʼn GROTER LIEFDE wat nie net my lewe nie, maar elke lewe wat in en saam my vloei transformeer.
Soos al dikwels gesê — dít is die essensie van Jesus se lering: within our humanity we find our Divinity! Waarom het dit só moeilik geword om dié feit te aanvaar, en waarom die agterdog en stereotipering dat wanneer iemand sê, “ek is IN God en God is IN my” dat mense dink, (aflei/assume) dat ek sê, “ek is God”? Nie eers Jesus het dit van homself gesê nie ... nêrens sê hy, “ek is God nie” maar sê wel, “ek en my Vader is één en soos ek een is met my Vader is julle een met die Vader” (Gaan lees weer Jesus se gebed in Johannes 17:21).
“We need to move from a spirituality of alienation from the natural world to a spirituality of intimacy with the natural world” (Thomas Berry) Alles in die skepping is in ʼn relasie tot alles in die skepping. Net so min as wat God eenkant staan van die skepping, net so min is ons klein eilande wat los dryf van die heelal. God is al Skeppende, Skepper, Skepping – onlosmaaklik ÉÉN. Sondag verken ons die belangrikheid van dissipline om te soek (én te vind) vir die lig in die hart van alles wat LEWE.
Weet ons dat in elkeen van ons is “the unspeakably beautiful beat of the Sacred” (soos John Phillip Newell dit mooi verwoord)? Weet ons nog dat ons die sacredness in mekaar en alles wat lewe kan en moet eer en respekteer? En onthou ons nog dat die naelstring tussen die ‘Teenwoordigheid van Heiligheid van God’ (Presence of Sacredness) en ons as Ligdraers van hierdie Heilige Teenwoordigheid is die sleutel van transformasie (rebirth)? “This is why we have come into the world ... to be filled with light, and to shine!” (Mary Oliver)
Kom ons begin die nuwe maand met ʼn Celebration of Rebirth en dan dans ons Sondag op die ritme van ʼn Nuwe Lewe terwyl ons sing — “Goodbye my shadow self, well hallo my brighter Self”
>>>> ACIM — Donderdagaand om 19h00 by Kolping: Lessons 1 - 5 in Workbook for Students [agter in ACIM boek]
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“You were born a child of light’s wonderful secret — you return to the beauty you have always been.” ― Aberjhani