3 April 2016

Liturgie: 3_april_2016

“Out beyond ideas of wrongdoing and rightdoing there is a field. I'll meet you there” het Rumi gesê. Êrens tussen wat ons ervaar as goed en sleg, reg en verkeerd, lê daar ʼn veld waar mense mekaar ontmoet. In die wêreld van die krygskunde is daar ʼn beginsel wat genoem word, RULES OF ENGAGEMENT — dit is die reëls en voorskrifte wat die maat van omstandighede en die graad van mag beskryf wat gebruik kan word in ʼn oorlogsituasie. Dit is ʼn komplekse stel reëls wat dit toenemend moeilik maak vir soldate wat ʼn onkonvensionele slagveld betree. Die gevegsfront het geskuif van loopgrawe na strate in stede ... die vyand is nie in militêre uniform nie maar in civvies tussen mense op ʼn markplein, of ʼn lughawegebou in Brussels. Indien ʼn soldaat iemand skiet wat nie gewapen is nie kan so soldaat skuldig bevind word aan manslag of moord en/of oneervol ontslaan word uit die weermag. Hoe voer jy ʼn oorlog as jy nie weet wie die vyand is nie?

Die laaste paar dae het ek die voorreg gehad om saam met vyf mense te werk wat nie net uiters kundig en professioneel is in wat hul doen nie, maar wat elkeen beskik oor gawes en talente wat moeilik in woorde omskryf kan word. Miskien was ek meer bewus daarvan omrede ons vir drie dae, dag en nag in mekaar se teenwoordigheid was. Wat my egter lewenslank sal bybly, is die ± 6 ure wat dit ons geneem het om ons bestemming te bereik ... geen selfoonontvangs, nét mekaar se geselskap. Die verskeidenheid van onderwerpe wat bespreek word, hoe die een ding aanleiding gee tot ʼn ander, die saamstem en verskille, wie die skoorsoeker en wie die vredemaker is — speel alles uit soos op ʼn verhoog of in ʼn movie. Siende dat ek die enigste wit gesig was, moes ek my woorde mooi kies vir die nuanses van kultuurverskille en omrede Engels ons almal se tweede taal is, was daar ʼn versigtigheid met woorde se betekenis en interpretasies.

Al wat ek ingepak het vir die reis was my dagboek en penne, ACIM en ʼn boekie van Rumi. Die mans het hoofsaaklik Zulu met mekaar gepraat behalwe as hulle met my gepraat het. Soms kon ek in hul ondeunde oë sien as hul van my praat en dan het ek net geglimlag en verder gelees. Dit sou nie lank vat voor een, duidelik die protagonis van die groep, my sou vra wat ek lees nie. “Rumi” het ek geantwoord. Nie een van hulle het al ooit van hom gehoor nie en almal het gedink dis een of ander Afrikaanse skrywer. Toe ek begin verduidelik dat hy ʼn Persiese digter uit Turkye was wat in 1250AC geleef het en dat hy ʼn Islam Teoloog, Sufi mystic, en regskundige was wat net so goed in Persies as in Arabies en Grieks kon skryf, het ek almal se aandag gehad. Asof dit nie reeds amusant vir hulle was dat ek ʼn umfundisi (teacher, shepherd, pastor) is nie was daar ʼn verbasing waarom ek as ʼn Christen enige iets sal lees met sy wortels in die Islam geloof. “We thought Islam and Christians are enemies?” sê die voorprater. “How many of you are Christians?” vra ek versigtig want deesdae is dit ʼn vraag wat jou kan dompel aan die verkeerde kant van Politieke Korrektheid. Drie van die vyf lig hul hande sonder huiwering. “Are you an enemy of Islam?” vra ek saggies. Skielik is daar ʼn stilte want hul besef dat hul nie weet wat die ander twee se geloofsoortuiging is nie. Agterdogtig kyk hul na mekaar en dan na my asof ek die een is wat hul in die dryfsand gestamp het.

Ek lees die laaste sin van Rumi voor die gesprek begin is hardop, “Your task is not to seek for love, but merely to seek and find all the barriers within yourself that you have built against it.” Is dít nie die kern van wat elke geloof leer nie? Is dit nie die essensie van ons bestaan nie, wou ek weet. Don’t’ we all desire to love and be loved?” vra ek in staccato terwyl ek oogkontak maak met elkeen nie. Gefokus op die, wat ek toe sou doop, drie Wyse Manne, vra ek “What makes you a Christian except your faith in Jesus Christ?” Met dit kon ek sien die gesprek raak nou seriously uncomfortable. Ek kon netsowel gevra het, ‘met hoeveel vroue het jy al geslaap en hoeveel belasting het jy laas jaar betaal?’ Hiermee was die deur oop om veral die reis na en van ons bestemming te gebruik om te gesels oor ons as spirituele pelgrims ... veral rondom die tema van Rumi se vraag, “You were born with wings, why prefer to crawl through life?”

Vir drie dae en drie nagte sou ek by elke geleentheid gepeper word met vrae asof ek die antwoorde het of op ʼn manier namens God kan praat — “Why is there poverty and suffering in the world? What is the relationship between science and religion? Why are so many people depressed? When is war justifiable? How would God want us to respond to aggression and terrorism? How does one obtain true peace? What happens to you after you die? Describe heaven and how to get there? Describe God?” Máár, saam het ons wel antwoorde gevind deur ons vrae na onsself te rig — What is the greatest quality humans possess? What is it that prevents people from living to their full potential? What is wisdom and how do we gain it?
Op pad terug gister was daar ʼn groter openheid om die vrae meer persoonlik te maak. Die ongemak van drie dae terug het plek gemaak vir ontvanklikheid. Op ʼn stadium lees ek hardop, “The wound is the place where the Light enters you” (Rumi) waarop die een Leonard Cohen aanhaal, “There is a crack in everything. That's how the light gets in.” Met ʼn rou eerlikheid sit ses mans en deel hul ‘wonde’ ... “I have no wounds” sê die selfaangestelde hoofseun van die groep, “Oh yes you do,” sê ek “you are a workaholic!” terwyl die ander uitbars van die lag. Vir die eerste keer in drie dae het hy nie ʼn antwoord nie en lag verleë saam omdat dié waarheid ʼn klok van erkenning lui.

“Perhaps we each have a wound, a vulnerable place that we have to protect in order to survive. And yet sometimes we overcompensate so much for the things we are trying to hide that no one ever suspects the truth … and then we are left in the true aloneness of never really being known.” skryf Nadia Bolz-Weber in een van haar boeke. In die gelykenis van Jesus se bankettafel waar mense genooi word vir ʼn feesmaal en almal het verskonings. Dan word die armes, blindes, lam en kreupeles genooi asof dit ʼn uitnodiging is aan elkeen van ons om te sê — in die Koninkryk van God kan ons wees wie ons is! Ons hoef nie een of ander persona te kultiveer om te probeer wegsteek of oorkompenseer vir die feit dat ons soms super uncool is nie. Ons kan na die feestafel ons geestelike verlamming en emosionele blindheid en intellektuele armoede bring en dan ervaar hoe God ons hand-gewasde water in wyn verander, ons almal kos gee met net dit wat in ʼn seun se kosblik is, en die klip voor die graf wegrol waar ons in doeke van skuldgevoelens en vrees toegedraai is.

Ses mans groet mekaar met ʼn broederlike omhelsing en ʼn hartlike “Nyabonga!” (dankie) en “Ukuthula makabe nawe mfowethu” (peace be with you my brother). Ek slip my Rumi boekie in die sak van ‘Hoofseun’ en fluister in sy oor ʼn sin uit Die Klein Prinsie, “It is only with the heart that one can see rightly; what is essential is invisible to the eye.” Miskien is DÍT die hart, en net die hart wat die veld van Rumi is waarop ons mekaar ontmoet.
Ons gaan April gesels oor — THE LONGING FOR BELONGING — en aan die hand van bekende gelykenisse ʼn paar spirituele onderwerpe verken deur vrae te vra oor ons eksistensie van menswees en wat dit beteken om ʼn ekstensie (beeld) van God te wees.
💐 Spiritualiteit vir Kinders Werkswinkel  wat Saterdag aangebied sou word, is gekanselleer. Ons maak weer ʼn ander datum vas. Jammer hieroor.

ACIM — 4 April in die STAD 19h30 en 14 April by Kolping 19h00 — Chapter 11: GOD OR THE EGO

Besoek ons Facebook

Gedagte vir die Week:
“There is a candle in your heart, ready to be kindled. There is a void in your soul, ready to be filled. You feel it, don't you?” — Rumi

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights