29 Mei 2016

... en so mis ek toe laas Sondag die diens, êrens tussen 8 en 9 uur laat weet ek my dierbare pa vanuit die hospitaal dat hy die diens moet lei. ʼn Klein fratsongeluk met ʼn groot eina word ʼn geleentheid vir ʼn stampvol kapel om geseën te word met ʼn boodskap van hoop wat weereens die brug kon bou tussen geloof en liefde. Dankie vir al die boodskappe en oproepe van goeie wense, dit word opreg waardeer. Die brandwonde sal genees en die littekens sal ʼn herinnering word van ʼn Sondag in Mei 2016 toe die verleentheid van ʼn wond ʼn geleentheid geword het vir ʼn wonder — nie die ‘wonder waar is die priester vandag’ nie, maar die wonder toe ʼn vreemdeling vir ʼn oomblik stilgehou het en gesê het, “ek kies om vir jou lief te wees”. Soos ek verneem, was dít die boodskap van my pa aan die gemeente wat ek innig liefhet ... jammer ek het dit gemis. Met groot waardering en dankbaarheid ook vir die oorweldigende positiewe terugvoer oor die manier waarop my liefdevolle pa die uur gelei het. Ek dra dit aan hom oor.

Kom ons sluit eerskomende Sondag ons gesprek af rondom ons maand se tema: FROM GRIEF TO RELIEF. Die liturgie vir laas Sondag is gedruk, die musiek is reeds op my iPod en dit sal my hart bly maak as almal wat laas Sondag daar was weer dié Sondag daar sal wees en dan gesels ons oor die lesse wat ons geleer het uit ons seer, hoe die dae wat dit die donkerste was ook die oomblikke was waar die lig die helderste geskyn het. Dit het ek weereens kennelik ervaar die laaste paar dae. Kom ons gesels oor --
Vyf lesse wat geleer word uit verdriet en verlies
🌺 Inner Resiliency — geen uur is ooit ’n ewigheid nie, tree vir tree
🌸 The Gift of Others — dit is liefde, nie tyd nie, wat wonde heelmaak
🌻 Faith Sustains Us — die drie-eenheid van geloof, hoop, en liefde
🌼 Forgiveness Is Essential For Healing — vergiffenis beteken verandering
💐 Seeds of Transformation — elke ontslaap is gelyktydig ’n ontwaak
“As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God” — herinner die skrywer van Jesaja 42:2. Bring jou lysie van lewenslesse saam, kom ons deel dit sodat ons almal na hart, siel, en gedagtes gevoed kan word.

Daar is nie ACIM môreaand nie want ek is nog nie mobiel nie. Sal weer volgende week hervat.
Geseënde week vir elkeen!

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“Tears are a river that takes you somewhere…Tears lift your boat off the rocks, off dry ground, carrying it downriver to someplace better.” ― Clarissa Pinkola Estés

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights