29 Junie 2014

Hierdie week se liturgie: 29_junie_2014

Dit is ʼn groot WOW! vir die wonderlike reaksie die laaste twee Sondae met al die warmgoed wat ons ontvang het vir ons WOW-projek. (Warm an Other’s Winter). Jy kan eerskomende Sondag nog bring en ons besorg dit aan hulle wat ʼn behoefte het.
Eerskomende Sondag gaan ons gesels oor DIVINE APPOINTMENTS IN OUR ABUNDANCE … ons roep maklik na God in tye van hartseer en beproewing en sak op ons knieë as ons iets nodig het maar wanneer dit goedgaan, glo ons ons kan beter vir onsself sorg as wat God kan. Dan sal ons self regkom want kyk, ons is (mos) gelukkig en tevrede. Ons het al heelwat gepraat oor wat die begrip van ‘scarcity’ aan ons psige doen ... die idee van ‘lack’ dat daar nie genoeg is nie. Ons raak so gefikseer met wat ons nie-het-nie dat ons die oorvloed van wat ons het óf mis óf vanselfsprekend aanvaar. Kinderlik het ek nog altyd vasgehou aan die onthou dat “Happiness is part of who we are. Joy is the feeling” — en so geleer om abundance (happiness) te vind in die klein goedjies wat ‘JOY’ bring — koffie in die bed; onverwagse blomme; ʼn hand te vat as ons oor ʼn staat stap; iets mooi te koop vir geen rede nie veral as ʼn winkel ʼn groot FOR SALE plakker het teen die venster; ʼn geldjie oorbetaal want ek weet hy/sy het dit nodig; wag tot almal klaar geëet het voor die kelner my bord wegvat. Klein goedjies soos om, “asseblief”“dankie”, “goeiemore” en “goeienag” te sê ... dit kos niks en dit bring soveel vreugde, en soos Kahlil Gibran sê, “Give with joy and the joy will be your reward!”
Kinders weet van THE JOY OF ABUNDANCE wat ons as grootmense klaarblyklik vergeet het! Kinders is veel meer dapper; hulle gaan op instink om iets van elke oomblik te maak; hulle vergewe makliker en liefhê kom spontaan. Kom ons staan eerskomende Sondag stil by TIEN GOED wat ons by kinders kan leer wat dit is om God te sien/hoor/voel in ons OORVLOED --
1.      Elke dag is ʼn nuwe begin — kinders dra nie bagasie van een dag na die ander nie.
2.      Kreatiwiteit en nuuskierigheid — vind ʼn manier om die slot oop te sluit
3.      Wees dapper en braaf — sing hardop, dans spontaan, sê “ek is jammer” en maak dan jou hart oop.
4.      Lag elke dag — humor is die beste medisyne, lag vir jouself.
5.      Wees aktief — as jy van draf hou, draf; as jy wil gym, doen dit; as jy wil boomklim, klim 😉
6.      Gee om vir vriendskappe — goeie vriende is skaars, wees ʼn goeie vriend en koester vriendskappe.
7.      Wees ʼn hero — in die wêreld wat regeer word deur mediocrity kan ons verseker doen met meer BraveHearts en Hero’s
8.      Littekens sê, “my past is real” — soos kinders sê, “scars are badges of honour!”
9.      Probeer nuwe goed — moenie vir ander wag om dit te doen nie, vat ʼn hand en NIKEJust Do It!
10.  Let op die klein goedjies — The sum of the little things matter much more than the big things!
“Abundance is like love. Everybody has it, but almost nobody sees it.” (Xomphi) ‘Abundance’ is nie dat God sal voorsien sodat ons in luuksheid kan woon of finansieel oor niks besorg is nie. ‘Abundance’ is juis om God te sien in die sterre van die nag sodat ons die sonsopkoms kan waardeer; dit is in die battles wat ons soms veg sodat ons weet wat dit is om dit te oorkom; sonder beproewing weet ons nie hoe om in dankbaarheid die oorvloed te waardeer nie. Wees dankbaar, nie net vir die maklike tye in jou lewe nie maar vir elke ervaring wat jou geskoei en geskaaf het om te wees waar en wie jy is. Die goudgeel canolas hoef niks te doen om die ‘abundance’ van die aarde en son te ontvang nie. Dit leef daarin en laat dit deur elke stingel blom. Wanneer jy die mooi canolas sien, onthou dit weer!
Die pleitende vraag is maar altyd, “HOE doen mens dit?” ʼn Honderd jaar gelede het man met die naam Christiaan D. Larson ʼn skatkis van boeke geskryf oor ‘The Metaphysics of Relationships’ en in een van die boeke sê hy, “The greatest remedy in the world is change; and change implies the passing from the old to the new. It is also the only path that leads from the lesser to the greater, from the dream to the reality, from the wish to the heart’s desire fulfilled. It is change that brings us everything we want. It is the opposite of change that holds us back from that which we want. But change is not always external. Real change, or rather the cause of all change, is always internal. It is the change in the within that first produces the change in the without. To go from place to place is not a change unless it produces a change of mind—a renewal of mind. It is the change of mind that is the change desired. It is the renewal of mind that produces better health, more happiness, greater power, the increase of life, and the consequent increase of all that is good in life. And the constant renewal of mind—the daily change of mind—is possible regardless of times, circumstances or places. He who can change his mind every day and think the new about everything every day, will always be well; he will always have happiness; he will always be free; his life will always be interesting; he will constantly move forward into the larger, the richer and the better; and whatever is needed for his welfare today, of that he shall surely have abundance.” ― Christian D. Larson, What Right Thinking Will Do (1916)
ACIM vra, “Do you want to be happy or do you want to be right?” Vergeet al die opinies, persepsies, idees om eerder ‘reg’ as ‘gelukkig’ te wees en kom na God met leë hande wat sê, “Ek het meer as genoeg liefde in myself om dit te deel met ander. Wys my HOE my Here en my God?” — jy sal nie in ʼn enkele opsig dieselfde wees as jy vir die volgende 100 dae konstant dankie sê vir die oorvloed in jou lewe nie. Sê dankie vir elke refleksie en manifestasie van liefde wat in en deur jou hart klop en dan breek ons Sondag saam die brood om ons te herinner aan die eenheid wat ons deel as Liggaam en deel ons die wyn as simbool van die één Lewe wat ons almal aan dieselfde Naelstring bind.
>>>> ACIM — Donderdagaand om 19h00 by Kolping: Lesson 200 “There is no peace except the peace of God” (Workbook for Students) [agter in ACIM boek] 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“When you choose to do what you love and follow your dream the sun shines even on the rainy days” ― Rodger Halston

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights