29 April 2012

Hierdie week se liturgie: 29_april_2012

Vir die laaste maand het ons elke Sondag gesels oor wonderwerke. Ons het gekyk en gesien, geluister en gehoor, (h)erken en verken wat ons verstaan en beleef as wonderwerke sonder om dit te wil verklaar of te verduidelik. Een ding het telkemale uitgestaan en dit is die feit dat in elke wonderwerk wat ons ervaar, lê die gevoel en belewenis van liefde opgesluit. Elke wonderwerk word gevoed deur die wonder van waar ons liefde voel. Vir hulle wat werklik liefhet, is geen wonderwerk nodig nie. Vir hulle wat in vrees lewe, is geen wonderwerk groot genoeg nie.

Ons kan nie God of geestelikheid of spiritualiteit bewys nie maar ons kan dit ervaar en dít is die wonderwerk. Die liefde wat die liefde sien, voel, hoor, proe en beleef is ʼn wonderwerk. Niemand se ervaring van ʼn wonderwerk kan gekritiseer of geanaliseer of geïgnoreer word nie. Ons kan wel in mekaar se oë kyk en in stilte hul verwondering deel. Miskien is ook dít ʼn wonderwerk: om in liefde deur iemand anders se oë na die wêreld te kyk!

Ek sit by my eetkamertafel vanwaar ek uitkyk oor die stad. Die suidoos waai teen die skuifdeur, dit hou die wind buite; ek verbeel my ek hoor reën op die dak, binne is dit droog; ek eet ʼn warm bord kos en lag met ʼn glas vol toegeneentheid van vriende; in die agtergrond speel mooi musiek wat ek lank nadat hulle weg is steeds neurie as ek myself neerlê vir nag; ek doof die laaste lig en dank God vir ʼn dag vol oorvol, oorloop, oorgenoeg. Dit ALLES is klein ligspatsels wonderwerke van ʼn groter wonderwerk wat miskien te groot is vir my om te sien.

Paulo Coelho skryf op ʼn plek: You can become blind by seeing each day as a similar one. Each day is a different one, each day brings a miracle of its own. It's just a matter of paying attention to this miracle. 
ʼn Sonsopkoms is ʼn wonderwerk want ons weet wat dit is om te wag deur die nag. Verander jou persepsie van wat ʼn wonderwerk is en jy sal dit oral om jou sien.

Sondag sluit ons af met: “Vra en vir jou sal gegee word; soek en jy sal vind; klop en vir jou sal oopgemaak word” — ek is realisties, ek glo dit ;-))

Gebed bring nie wonderwerke nie — gebed maak dat ons wonderwerke sien. 
VRA! — waarvoor vra jy as jy dit reeds het?
SOEK! — waarna soek jy wat jy dink is weg?
KLOP! — waarom klop jy as dit reeds oop is?
“Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê” is die sleutel tot elke wonderwerk. (Matteus 7:7-12) 

10h00Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —  Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Ons nooi jou om Sondag saam met ons “A Celebration of Miracles” te kom vier.
Bring jou vriende en familie en kom sê “DANKIE!” vir elke wonderwerk wat jy al ooit ervaar het of opgewonde voor wag om te ontvou.

Ons volgende ACIM (A Course in Miracles) byeenkoms is 3 Mei om 19h00 by die Kolping Sentrum. Jy is steeds welkom om in te skakel.

 Gedagte vir die Week:
“There are two ways to live: you can live as if nothing is a miracle; you can live as if everything is a miracle.” Albert Einstein

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights