28 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 28_mei_2017

Werkswinkel: Geskiedenis van die Bybel volgende Saterdag è 9am-1pm ... die Nuwe Testament — van Jesus tot Konstantyn 325AC. Bevestig asseblief by my ter wille van getalle en hoeveelheid afrol-werk.
Om een of ander rede is ek diep geraak deur Chris Cornell se dood die laaste week. Hy was die lead-singer van die groep “Soundgarden” wat die afgelope naweek sy eie lewe geneem het. Hy was my ouderdom. Die hoeveelheid mense wat ons in ons eie geledere die laaste jaar ‘verloor’ het aan selfdood, is te veel om op te noem. Selfmoord/selfdood is nie iets waaroor ons praat nie want die dood, byname my eie, veral aan die hand van myself, is ʼn onthutsende onderwerp wat gepaardgaan met intense vrees, angs en spanning. Die vraag is eintlik, waarom het ons samelewing in die dryfsand van apatie beland dat dit NIE okay is om te kan sê dat ek nie okay is nie? Ons almal ken ‘the dark night of the soul’ waar alles om ons te veel word en dit voel dat ons omstandighede groter is as ons vangnet van vriende en familie of ʼn sin van selfwaarde en selfvertroue om nieteenstaande, desondanks, ten spyte van alles lewe te kies bo dood. Hoe beweeg ons met empatie na ʼn plek waar ʼn veilige gesprek gevoer kan word oor ons onsekerheid en gevoel van mislukking en teleurstelling ...? In hoe ʼn mate skep ons ʼn beskutte ruimte waar mense oor hul diepste vrese, broosheid, en kwesbaarheid kan praat sonder om veroordeel of verwerp te voel?

Ons het al dikwels gepraat oor die verbruikersmentaliteit (consumerism) waarmee ons daagliks gekonfronteer word waar die ganse media die illusie dat ons net kan wees as ons het aan ons opdis. Daarbenewens het ons ook ʼn mentaliteit van instant gratification waar alles draai op my individualiteit wat nóú soek na bevrediging. Ons stap in ʼn winkel, koop ʼn paar skoene en die oomblik as jy by die deur uitstap, is daar ʼn nuwe dors en honger na iets wat bevredig moet word. Soos laas week genoem, lê ons ganse ervaring van geluk en vreugde in goeters buite onsself. Of dit liefde, vreugde, vrede of wat ook al, iemand of iets moet dit vir ons gee en solank die idee in ons kop is dat ons dit nie het nie, gaan ons daarna soek op al die verkeerde plekke.
Kom ons sluit af met ons maand se tema — GO WITHIN AND DROP THE WITHOUT — en dan gesels ons eerskomende Sondag oor: van APATIE na EMPATIE (from apathy to empathy).
Elie Wiesel skryf in sy ‘All Rivers Run To The Sea’ memoires die volgende, “The opposite of love is not hate, it's indifference. The opposite of art is not ugliness, it's indifference. The opposite of faith is not heresy, it's indifference. And the opposite of life is not death, it's indifference.” Die woorde ‘indifference’ en ‘apathy’ is sinonieme. Beide beteken: ongevoeligheid, onverskilligheid, louheid, traagheid, onbeduidendheid, afsydigheid en gevoelloosheid.

Apatie is die emosie wat sê, “Ek kan nie.” Dis die reaksie (emosie) dat ons niks aan die situasie kan doen nie en niemand kan help nie. Dis ʼn hopelose hulpeloosheid. Dit word geassosieer met gedagtes soos “Wie gee om?”; “Wat maak dit saak?”; “Hoekom probeer?” Dis die rol van Eeyore in die boeke van 'Winnie the Pooh' as hy aanhoudend sug: “O wel, ek kan niks daaraan doen nie.” Oorweldig deur moedeloosheid en mislukking. Alles is onmoontlik of te hard. Opgegee en uitgeput. Onbevredig en pessimisties. Klaend en nutteloos. Te laat en te moeg. Negatief en somber. ʼn Niksnut.

Elke “Ek kan nie!” is ʼn verskoning wat sê, “Ek wil nie!” wat eintlik bedoel, “Ek sal nie!” Richard Yates beskryf apatie in sy boek ‘Revolutionary Road’ as volg, “It's a disease. Nobody thinks or feels or cares anymore; nobody gets excited or believes in anything except their own comfortable damn mediocrity.” Apathy would rather hold on to regret, resentment, blame, guilt and fear than move to compassion, empathy, love, forgiveness and unselfishness.
Apatie lê in die ego — die deel van ons wat aan negatiewe emosies wil vasklou ... ons nietigheid, die deel van ons wat gemeen, kleinlik, egoïsties, lui, wantrouig, bitter, veroordelend, minderwaardig, swak, slu en ydel is. En glo my, hierdie emosies lê vlak onder ons velle en dit vat ʼn daadwerklike poging om nie van tyd tot tyd daaraan oor te gee as ons verneder, verneuk, en verwerp voel nie. Elke oomblik van die dag pendel tussen ʼn duisend emosies met polêre teenoorgesteldes — “Shall we hate or forgive that person? Shall we learn from this experience and grow, or resent it and become bitter? Do we choose to overlook the other person’s shortcomings and our own, or instead do we resent and mentally attack them? Shall we withdraw from a similar situation in the future with greater fear, or shall we transcend this crisis and master it once and for all? Do we choose hope or discouragement? Can we use the experience as an opportunity to learn how to share, or shall we withdraw into a shell of fear and bitterness? Will we be better or bitter, do we choose rejection or connection? Now is the time to re-evaluate our beliefs, goals, values, and life direction!” (David Hawkins, ‘Letting Go: The Path of Surrender’)

Soos laas Sondag gesê, is die vrese wat ons saamsleep nie ʼn vrees vir die feite oor ʼn saak nie maar ʼn vrees vir die emosies wat daarmee saamgaan. Daarom sê ons, “Ek kan nie!” omdat ons bang is. Bang ons maak dit nie; bang vir die teleurstelling; bang ons word veroordeel en verwerp ... nie net deur mense nie, maar selfs deur God. Johannes skryf aan die gemeente van Laodisea, “Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle maar koud of warm was!” (Openbaring 3:15) So waarsku die wysgeer, “Nog ʼn bietjie slaap, nog ʼn bietjie sluimer, nog ʼn bietjie handevou en bly lê.” (Spreuke 6:10) En Jesus vermaan, “Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” (Matteus 25:37-40) — wat Jesus eintlik sê, is dit: apathy is not compatible with love!

Daar is ʼn enorme verskil tussen ‘simpatie’ en ‘compassion’
— die een is sentimentele retoriek en die ander een is ʼn diep medelye, omgee, barmhartigheid, erbarming en deernis. Die een lê in ʼn kognitiewe afstand en die ander een lê in ʼn liefdevolle selfloosheid. Een ding wat ek oor jare geleer het, is dié waarheid: waar ek voel ek het nie liefde nie, gee liefde aan ander; waar ek dink ek is hopeloos, gee hoop aan ander; as dit voel ek het nie vrede nie, gaan maak vrede met hulle wat ek voel my vrede gevat het want soos ons liturgie elke Sondag sê — GIVING TRANSFORMS HAVING INTO BEING.

Die laaste woord behoort aan Fr Richard Rohr — “God’s freely given grace is a humiliation to the ego because free gifts say nothing about being strong, superior, or moral. Thus only the soul can understand grace, never the mind or the ego. The ego does not know how to receive things freely or without logic. It likes to be worthy and needs to understand in order to accept things as true. The ego prefers a worldview of scarcity or quid pro quo, where only the clever can win. That problem—and its overcoming—is at the very centre of the Gospel plot line. It has always been overcome from God’s side. The only problem is getting us in on the process! God’s inclusion of us reveals God’s humility, graciousness, and love. Only inside an economy of grace can we see that God wants free and willing partners. An economy of merit cannot process free love or free anything. “Not servants, but friends” (John 15:15) is God’s plan. Yet to this day, most Christians seem to prefer being servants. Actual divine friendship is just too incredible to imagine.”

ACIM — Kolping 25 Mei 19h30. Stad 5 Junie 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“The world is in chaos not because of violence by bad people but because of silence of good people.” — Ritu Ghatourey

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights