28 Julie 2013

Hierdie week se liturgie: 28_julie_2013

Ons het die laaste paar Sondae gereis deur die Tien Gebooie van Exodus 20 en na elkeen afsonderlik gekyk en waarom dit vandag nog net so van toepassing is in ons verhouding met God en ons verhouding met ons ewemens, en hoe beide alles te doen het met ons verhouding met onsself. Eerskomende Sondag gaan ons die gesprek afsluit deur stil te staan by die GOUE REËL -- doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê!
Daar is nie een van ons wat dit nie nastreef en met hart, mond en verstand bely nie! Trouens dit is die één leefreël wat die basis vorm van elke filosofie, sosiologie, psigologie en teologie.
Hinduism – die oudste godsdiens op ons planeet se grondreël is: One should never do that to another which one regards as injurious to one’s own self. (Anusasana Parva, Section CXIII, Verse 8). Die India Sanskrit leer: Listening to wise scriptures, austerity, sacrifice, respectful faith, social welfare, forgiveness, purity of intent, compassion, truth and self-control - are the ten wealth of character (self).”
Dit staan op kliptafels uitgekap van antieke Babilon wat bekendstaan as die Code of Hammurabi (1780BC) ... in die antieke geskrifte van China som Confucius dit op deur te sê: “Never impose on others what you would not choose for yourself” – en gaan dan verder deur te sê: “What you do not wish for yourself, do not do to others.”
Uit die middel koninkryk van Egipte (2000BC) staan daar teen tempelmure gegraveer: “Now this is the command: Do to the doer to cause that he do this to you.” Uit die latere periode is daar papirus geskrifte wat sê: "That which you hate to be done to you, do not do to another.”
Die Boeddhisme sê/leer dit op verskeie plekke: Just as I am so are they, just as they are so am I,” (Sutta Nipata 705) en “Hurt not others in ways that you yourself would find hurtful.” (Udanavarga 5:18) Waarop die Bahá’i geloof uitbrei: Blessed is he who preferreth his brother before himself” … is dit nie ook die essensie van die Afrika-beginsel van Ubuntu nie?
Self Mohammed beskryf dit as die grootste reël as hy in die Heilige Qur’an sê: “None of you [truly] believes until he wishes for his brother what he wishes for himself. That which you want for yourself, seek for mankind.”
Lees nou hierdie tien kwotasies weer ʼn keer ... stadig en noukeurig ... en dan lees jy die volgende woorde van Jesus uit Lukas 6:31-36“Behandel ander mense soos julle self behandel wil word. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dankbaarheid het julle dan nog? Ook die sondaars het net dié lief wat vir hulle liefhet. En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen, watter dankbaarheid het julle dan nog? Die sondaars maak maar net so. En as julle geld leen net aan dié van wie julle hoop om dit terug te kry, watter dankbaarheid het julle dan nog? Sondaars leen ook aan sondaars, solank hulle maar dieselfde bedrag kan terugkry. Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ’n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.”
Dis wat Jesus bedoel het toe hy Levitikus 19:18 aangehaal het: “Jy mag nie wraak neem of ’n grief koester nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.”
Hoe sou die wêreld gelyk het as ons dít ernstig opneem? Hoe anders sou ons verskeurde wêreld gelyk het as net ons as Christene dit belangrik genoeg ag om dit ʼn leefwyse (a way of life) te maak? Hoeveel oorloë sou ons gespaar gebly het? Hoeveel armoede, geweld, egskeidings, kindermishandeling, verkragting, ellende en vereensaming sou ons nie kon verander deur net hierdie één goue reël toe te pas nie?
En vergewe my, maar die verskoning dat dit nou maar eenmaal is hoe die wêreld is, is net nie meer vir my goed genoeg nie want dit is NIE hoe die wêreld is nie! Dis verseker nie hoe daai klein prinsie in die arms van William en Kate in die wêreld gekom het nie! En dit is verseker nie die liefde waarmee ek en jy gemaak is, gebore is, en van kleinsaf in ons harte dra nie. Ons kan dit verander! Ons kan in ʼn split sekonde besluit om dit ons geloofsbelydenis en credo te maak en dan met ʼn opregte intensie (gebed) elke oomblik van die dag dit toepas in al ons omstandighede.
Kom ons maak Sondag ʼn afspraak tussen 10h00 en 11h00 en ons gaan na ons plek van aanbidding om onsself opnuut toe te wy aan hierdie opdrag wat ons van Jesus ontvang het ...
... ek sal die Here God liefhê met my hele hart en my hele siel en met my hele verstand en ek sal my naaste liefhê soos myself. (Matt 22:37-39)

ACIM: “Gift of Change” (Marianne Williamson) Bl. 4-12 — as jy nog nie boek het nie, kom luister saam!
Stadsgroep: Maandag 29 Julie / Vredelust: Woensdag 7 Augustus

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
 
Gedagte vir die Week:
The rabbi has no interest of his own, but takes the interests of the people as his own. He is kind to the kind; he is also kind to the unkind: for virtue is kind. He is faithful to the faithful; he is also faithful to the unfaithful: for virtue is faithful.
― Taoism: Tao Teh Ching, Chapter 49

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights