Hierdie week se liturgie: 27_oktober_2013
Die Webster Dictionary definieer ‘SPIRIT’ as volg: the force within a person that is believed to give the body life, energy, and power; an animating or vital principle held to give life to physical organisms; the breath of life.
Hoe dikwels sê ons vir onsself: “my kop sê ‘ja’ maar my hart sê ‘nee’,” of “Daar is na al die pros en cons gekyk maar ek het nie vrede in my hart oor een van die twee nie!” Met alles wat so vinnig om ons verander, wonder mens wat die regte ding is om te doen?
Ons gesels hierdie maand oor Spirituele Intelligensie (SQ). Die mens is essensieel ʼn spirituele wese – met ander woorde – ons is ʼn siel wat ʼn liggaam het, en nie andersom nie. Ons is in staat is om ‘wesenlike’ vrae te vra soos: waarom is ek gebore; wat maak ek hier; wat is my ‘ultimate’ doel; waarom moet ek uithou as ek moeg en mismoedig voel; wat maak alles die moeite werd? Dit help nie om dit te wil intellektualiseer nie want dis essensieel spirituele vrae wat spirituele antwoorde soek. Nie intellek óf emosies, apart of tesame, gee vir ons die verwysingsraamwerk om in sekere situasies bewus te word van iets veel groter as net dit wat die sintuie vir ons sê of wys nie. Dink byvoorbeeld aan iets soos compassion — intellektueel en emosioneel verstaan ons dit as ons die woord lees ... maar daar gebeur iets diep binne in ʼn mens as jy die skenker of ontvanger van hierdie woord se betekenis word. Dit het te doen met Spirituele Intelligensie.
Seker die belangrikste vraag van ons dag is die vraag na ‘BETEKENIS’ – die vrae na ʼn dieper, groter betekenis is die een ding waarna soveel mense honger en dors — “What gives meaning in my life?” Dis ʼn belangrike vraag, en alhoewel ons onsself soms verstrik in die antwoorde, is dit regtig nie so gekompliseerd as wat ons brein en emosies dit probeer maak nie. Kom ons som dit net weer op:
Dit is wel so dat SQ nie noodwendig gaan oor godsdienstigheid of geloof (religion) per se nie alhoewel dit tog die invloed van ons Christelik Spirituele Tradisie herken, erken, ken. Dis waarna Jesus verwys as ‘Koninkryk van God’ — dit is IN en om ons en as ons daarna soek, maak al die ander vrae sin.
Eerskomende Sondag gaan ons die gesprek afsluit oor Spirituele Intelligensie en stilstaan by die 10 eienskappe van Spirituele Intelligensie; hoe om dit te ontwikkel en hoe om dit toe te pas. Lynette Steele het ʼn wonderlike skakel op haar Facebook bladsy geplaas wat verwys na ʼn artikel van Wayne Dyer en aan die hand daarvan gaan ons die eienskappe identifiseer met een of twee opsommings. As jy wil kan jy die volledige artikel gaan lees by http://spiritlibrary.com/wayne-w-dyer/becoming-a-spiritual-being
(i) Spirituele Intelligensie kultiveer ʼn bewustheid (awareness) dat dit oor veel meer gaan as net ons vyf sintuie.
(ii) SQ maak ons bewus dat ons NIE alleen is in die heelal nie en dat daar ʼn veel groter interafhanklikheid is as wat ons besef.
(iii) Om bewus te word dat ons spirituele wesens is, is om bewus te word van ʼn groter Krag wat in en deur ons werk.
(iv) Spiritualiteit bou ʼn brug tussen separation wat ACIM atonement noem en dit maak ons ‘wonde’ heel.
(v) As spirituele wesens erken ons die invloed van oorsaak & gevolg maar is ook bewus dat die krag en invloed van Liefde groter is.
(vi) In IQ en EQ gaan dit oor achievement, performance, ambition ... terwyl dit in SQ gaan oor liefde, aanvaarding, respek, lojaliteit en seëninge.
(vii) Spirituele Intelligensie kweek ʼn sensitiewe bewussyn (consciousness) asook ʼn bewustheid (awareness) wat nie net ervaring-gedrewe is nie maar spiritueel omgaan met ons intensies.
(viii) Die oorlewingsdrang van fight / flight word vervang deur ʼn dieper insig (wysheid) en ʼn groter uitsig (waarheid).
(ix) As spirituele wesens neem ons verantwoordelikheid vir lewe in die algemeen en ons lewe spesifiek en dit sluit alle vorme van lewe in.
(x) Dit gaan nie meer oor die spel van guilt, fear, grudges, resentment, jealousy, power struggles nie maar oor wat vergiffenis werklik beteken want daarin lê die krag om ons volle potensiaal te ontsluit en waar ons dit vergeet, herinner SQ ons wie ons werklik is en hoe om sinvol met ons lewensvrae om te gaan.
Kom sluit Sondag om 10h00 by ons aan vir ʼn heerlike gesprek wat waarde toevoeg; betekenis gee; en waar ons vir ʼn uur of so net kan ‘wees’ — saam op reis na konteks en perspektief. Dit maak wel ʼn verskil.
SIEN JOU DAAR!
♥♥♥ 2 November -- ‘Geskiedenis van die Bybel’ werkswinkel by Kolping van 9am tot 1pm. Die ganse geskiedenis van Abraham (±1500BC) tot by Konstantyn (325AC) op ʼn tydlyn om vir eens en vir altyd dit in konteks te verstaan.
♥♥♥ ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Eight: From Separation to Relationship! – vanaf “Melting Walls” tot by “Where we are now” p158-p183
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“[We] look outward at all life and the environment with a sense of appreciation and reverence, to engage with life itself at a deeper level than merely the material world.” — Wayne Dyer