27 Augustus 2017

🌺 26 Augustus 2017 — mag ek mooi vra dat julle asseblief Saterdagaand saam sal kom kuier vir ʼn lekker ete en wynveiling. Bespreek by Lydia le Roux — Lydia@africagrowth.com of 084.751.54.01 — bring vriende en familie en kom kuier saam! 😉

Baie keer sal mense my vra, “Wat bedoel jy Neo-Spektrum is ʼn ‘Spiritual Community’?” Die woord ‘kerk’ word dikwels geassosieer met ʼn instansie wat met sy reëls en ordes, dogmas en teologie, (weer) ʼn voorhangsel kom hang het tussen mens en God. ‘Kerk’ word gesien as ʼn plek wat benouend en beperkend is terwyl Jesus se lering alles behalwe dit was. Die rol wat skuldgevoel en vrees speel in georganiseerde kerke het gemaak dat baie mense hul rug draai op die kerk. Let wel — nie God nie. Die bagasie van ‘kerk’ is sy onvermoë om uit die lomp strukture te breek en met liefdevolle medemenslikheid ALLE mense met menswaardigheid te behandel veral hulle wat van ons verskil.

‘Spiritual Community’ daarenteen wil ʼn ruimte skep waar ons na mekaar se wysheid en waarheid luister. Ons andersheid vier met liefde, aanvaarding, respek, verfyndheid, en seëninge want nie twee mense het dieselfde ervaring van/met God nie en elkeen vind en ervaar God op hul eie unieke manier. ‘Spiritual Community’ is ʼn gemeenskap wat ontvanklik is om te groei vanuit ons elk se oortuiging, vir onsself te dink, en ons ervaring ʼn taal en woordeskat te gee. Dis ʼn wysheidsirkel van mense wat nie bang hoef te wees dat hul geloof, hoop, en manier van liefhê genegeer of geïgnoreer gaan word net omdat ons anders, anders is nie. Trouens, by Neo-Spektrum moedig ons mekaar aan om dapper ons eie spore te stap terwyl ons steeds aan ʼn gemeenskap van mense behoort wat mekaar se belange op die hart dra en ʼn daadwerklike poging aanwend om ʼn verskil te maak in ons onmiddellike omgewing aan hulle wat nie naastenby die voorregte en geleenthede het wat ons het nie. Daarom my pleidooi om ons ete Saterdagaand by te woon.

Dis nie die bedoeling om aanstoot te gee aan hulle wat steeds tuis voel binne die georganiseerde kerk nie. Al wat ‘Spiritual Community’ wil sê, is dat ons ʼn vryer, ruimer ervaring van liefde, vrede, en vreugde wil ontgin, koester en kultiveer. Daarmee saam ʼn moderne, gesofistikeerde mens- en Godbeskouing. Daarom het ons reeds vir ʼn maand lank gesels oor die verskillende vorme van — A SENSE OF COMMUNITY -- wat manifesteer in ons gemeenskap met God, ons ewemens, en die struktuur (maatskappy) waarin ons funksioneer. ‘Community’ is soos ʼn hand met vyf vingers. Elke vinger weet hy/sy is deel van die hand en tog is elkeen bewus dat hul ʼn vinger in eie reg is. Vyf afgesnyde vingers maak nie ʼn hand nie! Een baksteen is nie ʼn muur nie. Een muur is nie ʼn huis nie. Een garingdraad is nie ʼn mat nie. Dit is in ons geheel dat ons deel is! Hence, the village is coming back, like it or not.

Ek lees op iemand se Facebook dié woorde, “It was my 28th birthday last week and no one remembered it. Not a single call or text from my friends and family. So I woke up the next day, sat outside my house and cried quietly. My dog came and started crying too. It was the most beautiful thing someone has ever done for me.”­ — en net daar besef ek opnuut hoe bankrot Sosiale Media is in enige vorm van konneksie. Ons dink al die blah-blah-fah-fah op skerms is konneksie ... dit is nie! ‘Konneksie’ kom van ʼn totaal ander plek en dis gewoonlik so 30cm onder jou brein. ‘Community’ begins with the heart and has everything to do with Connection ... en dit sluit ons ganse verwysingsraamwerk in, ja selfs community with Mother Nature and Father Creation.

Iemand vra my gisteraand, “So, what is you ministry’s goal?” en die antwoord is een woord, “Empowerment!” — dink vir jouself; verwoord jou gedagtes; kry ʼn taal vir jou geestesdenke; waag jou eie spore; lees die Bybel maar skryf jou eie vers na elke paragraaf; kom na God met oop hande en ʼn ontvanklike gemoed en los die spulle van verwagtinge en verpligtinge by die deur en plant jou eie blomme. Neo-Spektrum wil ʼn tuin vir sulke blomme wees. God sal dit water en son gee!

‘Community’ begin by ʼn bereidwilligheid om mekaar se diensknegte te wees maar dit moet groei na vriende. Een van die mooiste woorde van Jesus is waar hy vir sy dissipels sê, “I no longer call you servants ... instead, I now call you friends” (Joh 15:15) Ons gemeenskap groei na ʼn wederkerige liefde, ʼn onselfsugtige vriendskap. Wie weet hoe lank dit die mens nog gaan vat voor ons die woorde van Rut aan Naomi aan elke mens, vriend en vreemdeling, binne en buite ons kring, kan sê, “Waar jy gaan, sal ek gaan en waar jy woon sal ek woon. Jou mense is my mense en jou God is my God. Waar jy sterf, sal ek ook begrawe word.” (Rut 1:16-17)

So week gelede het Pous Francis hierdie woorde in sy ‘preek’ gesê en dit som ons maand se gesprek mooi op: “You can have flaws, be anxious, and ever angry, but do not forget that your life is the greatest enterprise in the world. Only you can stop it from going bust. Many appreciate you, admire you and love you. Remember that to be happy is not to have a sky without a storm, a road without accidents, work without fatigue, relationships without disappointments. To be happy is to find strength in forgiveness, hope in battles, security in the stage of fear, love in discord. It is not only to enjoy the smile, but also to reflect on the sadness. It is not only to celebrate the successes but to learn lessons from the failures. It is not only to feel happy with the applause but to be happy in anonymity. Being happy is not a fatality of destiny, but an achievement for those who can travel within themselves. To be happy is to stop feeling like a victim and become your destiny's author. It is to cross deserts, yet to be able to find an oasis in the depths of our soul. It is to thank God for every morning, for the miracle of life. Being happy is not being afraid of your own feelings. It's to be able to talk about you. It is having the courage to hear a "no". It is confidence in the face of criticism, even when unjustified. It is to kiss your children, pamper your parents, to live poetic moments with friends, even when they hurt us. To be happy is to let live the creature that lives in each of us, free, joyful and simple. It is to have maturity to be able to say: "I made mistakes". It is to have the courage to say "I am sorry". It is to have the sensitivity to say, "I need you". It is to have the ability to say "I love you". May your life become a garden of opportunities for happiness ... That in spring may it be a lover of joy. In winter a lover of wisdom. And when you make a mistake, start all over again. For only then will you be in love with life. You will find that to be happy is not to have a perfect life. But use the tears to irrigate tolerance. Use your losses to train patience. Use your mistakes to sculpter serenity. Use pain to plaster pleasure. Use obstacles to open windows of intelligence. Never give up .... Never give up on people who love you. Never give up on happiness, for life is an incredible show.”

🌺 ACIM — Kolping: 31 Augustus @ 19h30 en Stad: 4 September @ 19h30 — Lessons 1-10

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“The same process that makes AA so effective—the power of a group to teach individuals how to believe—happens whenever people come together to help one another change. Belief is easier when it occurs within a community.” ― Charles Duhigg

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights