Hierdie week se liturgie: 27_april_2014
Paasfees het gekom en gegaan. In die herinnering van ʼn verhaal wat vertel is, is daar ʼn oproep aan elkeen van ons om op te staan — op te staan van die sweepslae wat ons uitdeel met projeksies en persepsies; opstaan vanaf die kruise van skuldgevoel en vrees waarteen ons onsself kruisig; op te staan uit die grafte waarin ons ons drome begrawe; op te staan uit die emosionele, intellektuele, en spirituele dood waarin ons verkeer.
Elke Sondag het ons die voorreg om in die Kolping Kapel bymekaar te kom onder ʼn blou verligte kruis ... die kruis wat ʼn simbool van LEWE is. ʼn Teken dat ‘dood is nie dood nie’ en dat LEWE altyd triomfeer. Ons dra ʼn kruis om die nek, of het kruise teen die muur, om te sê waarmee ons identifiseer; waarin ons glo; wat ons motiveer en inspireer. Soos al dikwels gesê, dra die kruis vir my persoonlik die ewige boodskap van Johannes 10:10 – “Ek het gekom sodat julle lewe mag hê en dit in oorvloed!” en die een wat dit sê, gee ʼn belofte aan elkeen wat dít glo – “en kyk, ek is met julle al die dae tot die voltooiing van die ewigheid” (Matteus 28:20)
Maar wat beteken dit in ons alledaagse lewe? Wat doen ons met hierdie onuitspreeklike geskenk wat ons (verniet) ontvang het? Hoe vat ons hierdie Paasfees se boodskap saam na al die kompartemente van ons lewe?
EMBRACE LIFE -- in oomblikke van seer en onsekerheid; in die ure van verwarring en vertwyfeling, onthou ons dat tye van spanning en bekommernis is nie die einde nie maar die geleentheid om geboorte te gee aan ʼn transformasie as ons Lewe kies ten midde van tribulasie. Ons voel die ewigdurende energie van ondersteuning wat vloei uit die Lewe-Gewende-Fontein – selfs waar dit soms oorloop in trane, omarm ons die kapasiteit om weer en weer, keer op keer op te staan uit ons ‘dood’ en onsself align met die Lewe wat altyd geboorte gee aan herlewing.
CHOOSE LIFE — dit vra moed, dit vra ʼn dapper hart om in tye van uitdagings en teleurstellings die intellektuele, emosionele, spirituele keuse te maak vir Lewe. Om nie op te gee nie en om in ons stiltetyd deur gebed en meditasie onsself te fokus op die wonder van wat dit beteken om te lewe ... in die oorvloed daarvan. Soms voel ons lewe so kleinlik en leeg – of dit is as gevolg van ander se verwagtinge of ons eie vrese – we often settle for a limited life!
LIVING LIFE ALIVE — soms eindig ons op in ʼn lewensbaan wat gemaklik en voorspelbaar is maar selde vervullend tot die potensiaal van iets méér en groter as om net asem te haal. Wanneer ons gekonfronteer word met ons eie sterflikheid en in die dae en nagte wat ons stap deur die vallei van doodskaduwee is dit gewoonlik ʼn wake-up call om te besef solank ons op hierdie Aarde leef, het ons die krag om te groei en mag om te kan verander.
Psalm 23 is nie verniet die bekendste gedeelte in die Ou Testament nie want dit is ʼn lied waarmee elkeen van ons kan identifiseer. Die nag waarop ek na ʼn hartaanval op pad was teater toe het my pa ʼn Gideons Bybel in die hospitaal gange gekry en dié gebed vir my voorgelees voor ek die teater ingestoot is ... in die verwarring en vashou aan Lewe is dit feitlik al wat ek onthou van daardie sterwende nag --
Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly tot in lengte van dae.
— na die herstel en heling van daardie nag se gebeure, het hierdie Lied opnuut vir my betekenis gekry! Trouens, dit het vir my ʼn persoonlike Geloofsbelydenis geword en ek is seker dat die meeste van ons dit al hardop bely het.
Candy Paull vra in haar boek, The Heart of Abundance – “What makes you feel more alive? What seeds of faith can you sow today that will contribute to life, make things better, express your uniqueness as an individual?”
Musiek speel ʼn integrale deel van my lewe – it always make me feel more alive! Dit staan in die sentrum van my keuses as affirmations of life and expanding possibilities and potential ... ek kan my nie ʼn lewe voorstel sonder musiek nie. Net soos daar ʼn spektrum van lig is wat ons nie kan sien nie, is daar ʼn spektrum van klank wat ons nie hoor nie. Dolfyne kan tien keer meer frekwensies hoor as die mens. Honde hoor klanke wat ons nie kan hoor nie. In alle spirituele tradisies is daar wyses, heiliges, mystics wat hul ‘gehoor’ kultiveer om die frekwensies van celestial sounds te hoor. In die woorde van Psalm 23 gaan ons eerskomende Sondag die ‘Lied van Lewe’ verken in die tema — SING YOUR OWN SONG OF LIFE ...
Dink aan dit waarvoor jy lief is. Konsentreer op wat jy kan vandag. Laat los om in beheer van als te wil wees of die uitkoms te voorspel. Doen jou beste en los die res vir God. Vertrou die groter proses van Lewe en dat alles ten goede meewerk vir ons groei. Tel moeilike omstandighede as ʼn blessing in disguise, en weet dat binnekort sal ons dit wel verstaan. Die moed om aan te hou stap, is soms die enigste blessing wat ons sien maar onthou — in die vloei van Lewe word ʼn lydingsbeker gouer as nou ʼn beker van danksegging wat oorloop van goedheid en guns.
>>>> ACIM BEGIN EERSKOMENDE DONDERDAG 24 April 2014 om 19h00 by Kolping — ʼn OOPGESPREK om die formaat en inhoud van ons volgende blok te bespreek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Listen for that which sings within, that which makes you feel more alive. Listen to the music of your heart. Let your choices be in harmony with your highest aspirations. Then no matter what happens, you will know that you have lived fully and fearlessly” – Candy Paull