Hierdie week se liturgie: 26_oktober_2014
Ons almal is bewus van Regter Masipa se uitspraak gister in die Oscar Pistorius saak. Gun my om vandag se epos te begin met ʼn enkele opmerking daaroor — Nou is die tyd vir vergifnis. Vergifnis beteken nie iemand wen nie en beteken ook nie wat iemand gedoen het is reg of okay nie ... dit beteken gewoon dat ons nie langer as ʼn gevange gaan leef in ons eie tronk van veroordeling, verwyt, en vrees nie. Ek was ook een van die wat gepleit het vir die maksimum vonnis tot my pa gesê het dat as dit sy seun was, sou hy ten spyte van alles op sy knieë gepleit het vir ʼn stukkie genade. Ek het aan myself as seun en aan my eie kind gedink en besef, of ek saamstem oor Oscar of nie, dit is nou tyd om in besonder Reeva se familie, maar ook Oscar en sy familie, kans te gee om dit alles te verwerk en ʼn seisoen van heling en vergifnis in te gaan. Mag dit ook waar wees vir elkeen van ons.
Ons gesels hierdie maand oor -- “STROME LEWENDE WATER SAL UIT JOU BINNESTE VLOEI” — en eerskomende Sondag gaan ons die stroom van VREDE verken. Die skrywer van die Johannes Evangelie begin sy eerste hoofstuk met ʼn profound statement – hy sê dat elkeen wat in hierdie wêreld kom, word verhelder deur die Lig wat skyn vanuit die Ewige Lig. Wat dit eintlik sê is iets wat ons te dikwels vergeet en dit is dat ons ten diepste gebore is uit dit wat Heilig is ... and yes, that what is deepest in us is sacred.
Die vraag is, waar gaan ons heen vir wysheid? Waar vind ons die waarheid? Nie weg uit ons diepste menswees nie maar diep in die misterie van ons eie wese eb in elke mens wat hierdie reis saam met ons stap asook in elke wysheidstradisie wat ons volg. Net soos ons mekaar nodig het om as ʼn spesie te oorleef, net so het ons mekaar se wysheidstradisies nodig om die heilige water vanuit ons diepste te laat vloei. Ons well-being moet gevind word in ons verhoudings met mekaar en nie in isolasie nie. ‘Strome lewende water’ kan net vloei waar ons herenig en verbind word met ‘wysheid’ wat toelaat dat die ‘waarheid’ wat in ons geënt is uit ons sal vloei soos strome lewende water. Hierdie versoening kan net plaasvind as ons moedig en dapper die pelgrimstog na die vergete (of soms onbekende) diepte van ons siel en tradisies aanpak. Uiteraard sal so reis na die binnekant ook lei tot die bodem van die strome wat oorloop na die buitekant van die erflating waarin ons gebore is. Soos John Philip Newell dit mooi verwoord – “The historic religions of the world are given not to compete with each other but to complete each other.”
Kom ons gesels Sondag oor — strome van pelgrims op ʼn pelgrimstog — wat begin met ʼn reis vanuit die binnekant. Die bedevaart (pilgrimage) is ʼn reis na ʼn heilige plek om daar te aanbid. Wat beteken dit? In versugting wonder mens, “waar is die vrede?!” as ʼn ons die TV aansit of deur koerante blaai. Hoe is dit moontlik dat ons oor en oor (en óór) in die draaikolk van konflik en spanning beland? Met die beste intensie onderneem ons feitlik daagliks om as pelgrims dié dag met vrede te begin met die hoop om vanaand as ons ons kop neerlê te kan sê, “vandag se pelgrimstog was ʼn reis in/met vrede.” Vir baie mense beteken ‘vrede’ spreukwoordelik om Gods water oor Gods akker te laat vloei. ‘Peace and love’ is nie ʼn cliché wat behoort aan die 1960s nie, dit is ʼn ewige waarheid wat vandag nog net so relevant is as wat dit sal wees oor ʼn honderd jaar van nou af ... as die mens nog nie homself uitgewis het teen dan nie. Elke Kersfees sing ons, “vrede op aarde in die mens ʼn welbehae” en teen Nuwe Jaar is die ‘vrede’ by die deur uit. Hoe behou ons dit? Ons vind nie vrede deur die omstandighede in ons lewe te herrangskik nie maar om ten diepste te weet wie ons werklik is. Vrede is nie net die afwesigheid van konflik en/of geweld nie maar om in alle opsigte die heinings, maskers, mure om ons af te breek wat steeds tot in die kleinste sirkel van ons lewe die skeidsmure (barriers) bou van ‘ons en hulle’ ... ‘myne en joune’. Ons kan tog nie ons dors les uit die stroom van versoening (vrede) as ons steeds ʼn beker van bitterheid en haat vashou nie. Ons kan nie vrede ÉN vrees wil entertain nie. Ons moet kies. Vrede kan net gevind en behou word waar ons ‘verstaan’ en wat ons nodig het om te verstaan, is wat dit ten diepste beteken om onsself ʼn Christen te noem. Paulus verwoord dit roerend mooi in Efesiërs 2:13-20 (ek verkies die Engelse vertaling bo die Afrikaans) --
“But now in Christ Jesus you who once were far away have been brought near through the blood of Christ. For he himself is our peace, who has made the two one and has destroyed the barrier, the dividing wall of hostility, by abolishing in his flesh the law with its commandments and regulations. His purpose was to create in himself one new humanity out of the two, thus making peace, and in this one body to reconcile both of them to God through the cross, by which he put to death their hostility. He came and preached peace to you who were far away and peace to those who were near. For through him we both have access to the Father by one Spirit. Consequently, you are no longer strangers and aliens, but fellow citizens with God’s people and members of God’s household, built on the foundation of the apostles and prophets, with Christ Jesus himself as the cornerstone.”
Dit vervang nie die wette van ons land waarmee ons ons samelewing orden en kontroleer nie maar dit vervul elke mensgemaakte wet. As ons steeds vasgevang is in die idee van ʼn ‘oog vir ʼn oog’ maak ons, soos Gandhi gesê het, die hele wêreld blind. Dis maklik om ons vinger wysgerig rond te swaai in veroordeling, verwyte, en verwerping maar dit vra moed, oortuiging, toewyding om te kan sê – die pelgrimstog is nie NA vrede nie, die pelgrimstog IS vrede. Ek is daarvan oortuig dat, ‘The church is not dying. It’s shifting!’ en waarna dit skuif is waarna Leonard Sweet verwys as hy sê, “The Christian faith is something we're invited into, not as a museum, not as a march, but as a meal around a table with Jesus leading the conversation.” Daardie gesprek gaan oor vryheid (vrede); dit gaan oor ons versoening (vrede); dit gaan oor verdraagsaamheid (vrede); dit gaan oor vreugde (vrede); dit gaan oor vergifnis (vrede).
Nou vra ek weer – waar gaan ons heen vir hierdie wysheid, waar vind ons hierdie waarheid? Verseker lê dit om een dag in die week te vat waar ons die verlede vervang met die vrede van nou en hier asook môre te laat gaan sodat vrede uit ons diepte sal opborrel ... één dag in die week waar ons werk, familie, kollegas, sport en sosiale kringe baie goed kan funksioneer sonder dat ons in die middel van alles hoef te staan. Elke mens verdien één dag in die week waar probleme nie gekonfronteer of opgelos te word nie en ons in vrede die liefde van God in en deur ons laat vloei want dít bring harmonie en perspektief om anders te kyk, te dink, te reageer op ons spanning. Richard Rohr skryf êrens — "God does not love us because we are good. God loves us because God is good. It takes our whole lives for that to sink in because that’s not how human love operates."
Met my hele hart glo ek dat vergifnis-in-praktyk is die enigste manier om hierdie troebel water van persepsies en projeksies te verwag met die helende krag van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Kom deel jou stroom van VREDE eerskomende Sondag!
>>> ACIM Kolping: Ons lees hierdie maand Chapter 11 – GOD OR THE EGO — p193 in die hardeband boek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“The day the power of love overrules the love of power, the world will know peace.” ― Mahatma Gandhi