26 Julie 2015

Woensdae doen die asbliklorrie vroeg sy rondtes. Elke Woensdag word daar ʼn stukkie van my lewe weggegooi. Meestal plastiek (tot my skaamte) want dis waarin die meeste kossoorte en sap kom; baie papier, meestal gemorspos en spoedkaartjies (LOL); kos wat way-way-way-verby hul vervaldatum is want die ander gee ek vir my huishulp of die mans op die lorrie; en dan leë bottels sonder om te weet wat van daardie glas gaan word op ʼn ashoop. Dít wat gister betekenis en waarde gehad het, gaan in ʼn swartsak na ʼn asbliklorrie ... gister se realiteit is vandag weggesmyt.

In ons tema vir die maand — ONS SKEP ONS EIE REALITEIT — het ons reeds gesien hoe vlietend ons realiteit kan verander ... ons is bang vir die donker (realiteit) en iemand sit die lig aan (werklikheid) dan sien ons ons eie skaduwee (gedagtes) wat ons bang gemaak het. Soos reeds genoem, is daar sewe dinge wat ʼn invloed het op dit wat ons ervaar as ons REALITEIT — [1] Beliefs ... wat ons glo en dink van onsself: self-waarde, selfbeeld, ens. [2] Expectations ... verwag jy die beste of die slegste? [3] Assumptions ... is dinge moeilik of is dit moontlik? [4] Perceptions ... ons persepsies en projeksies bepaal hoe ons die werklikheid beleef. [5] Moods ... ons gevoelens en emosies speel ʼn groot rol in ons realiteit. [6] Choices/Decision ... die keuses wat ons maak, teken die prentjie van wie ons werklik is. [7] Thoughts ... dit is een van die drie belangrikste goed om te weet as ʼn mens oor REALITEIT wil praat.

As ons enige iets wil verander, gaan ons eers ons GEDAGTES moet verander. Die tweede het ons laas Sondag oor gepraat naamlik, INTENSIES want niks het nog ooit in enige iemand se lewe (hede of geskiedenis) gebeur wat nie begin is met ʼn intensie nie. Eerskomende Sondag sluit ons die tema af en gaan gesels oor die derde komponent naamlik, ons EMOSIES. Ter wille van die belangrikheid om emosies te verstaan net weer ʼn herinnering — ALLE emosies is ʼn reaksie van die brein op ʼn sekere ervaring (experience). Elke oomblik van die dag pendel ons gedagtes tussen aksies en reaksies ... ons sintuie neem iets waar en daar is ʼn reaksie; iemand sê iets en dit maak ons bly of hartseer; iets gebeur en ons het ʼn sekere emosie daaroor. Ewe belangrik is om te onthou — ALLE emosionele pyn is as gevolg van ʼn skuldgevoel en ALLE emosionele spanning is as gevolg van vrees.

NB! ‘Skuldgevoel’ beteken nie ‘skuldig’ nie — dit is emosies wat ons ken as die gevoel van mislukking, teleurstelling, verwerping, vernedering, spyt, magteloosheid, mismoedigheid. ‘Vrees’ beteken nie ‘bang’ nie — mense is bang vir die donker en vrees wat in die donker gaan gebeur; ons is bang vir seerkry en vrees hoe ons gaan voel as dit gebeur. Ons kan Sondag in diepte hieroor gesels.

[ASEM SKEP] Onthou om te bespreek vir ons Spiritualiteit Konferensie — ek wil daai Ouditorium volmaak, groot asseblief!

Okay, terug by EMOSIES — alle emosies het ʼn oorsaak en ʼn gevolg. Dink aan blydskap en hartseer, vreugde en bekommernis, opgewonde en kwaad. Aan elkeen van hierdie emosies kan ons ʼn oorsaak en gevolg koppel. Dink nou aan liefde ... liefde het geen oorsaak of gevolg nie want liefde is die oorsaak van liefde en liefde is die gevolg van liefde. Liefde is NIE ʼn emosie nie, liefde is ʼn gevoel. Jy sou sê, ‘maar dis dieselfde ding’ en die antwoord is gewoon, ‘Nee, dit is nie!’ Dit kan gelyktydig plaasvind maar is nie dieselfde ding nie want soos genoem, ALLE emosies is ʼn reaksie van die brein op ʼn sekere ervaring. Liefde kom nie uit die brein nie! Ons reaksie op liefde kom wel. Daarom het ek so baie al gesê dat ons liefde verwar met needs & expectations. Natuurlik het ons almal ons eie manier van liefde ervaar en daarop reageer maar liefde bly liefde bly Liefde. Dis soos die beeld van die spieël wat ek altyd gebruik — die gesig in die spieël verander die hele tyd, die spieël nooit.

Wat kan ek vandag oor LIEFDE sê wat jy nie reeds vanuit jou siel weet nie? Alles en niks. Elke skrywer, digteres, liedjiesanger, filosoof, en kind sal vir jou sê dat liefde vanuit die hart praat in die taal van die siel. Elkeen van die sowat 7 biljoen mense wat tans op die planeet leef, weet van liefde — almal was al verlief of iemand verloor vir wie hul lief was; seergemaak of opgehef in wat hul liefhet; weet van verlang na liefhê en om te drink uit hierdie fontein. Elke mens is al, in een of ander vorm, diep aangeraak deur liefde. Almal van ons se lewe is geweef in die Groot Tapisserie van Liefde wat ons noem, LEWE. Hoor hoe mooi verwoord, ‘The Book of Mirdad’ dit, Love is the law of God. You live that you may learn to love. You love that you may learn to live. No other lesson is required of man.”

Om te praat oor liefde in die skep van ons eie realiteit, is om ook die liefde van God as werklikheid te sien in die kleinste detail van ons lewe. In die woorde van Jesus, begin liefde by die ontwaking in wie se liefde asem, klop, vibreer ons liefde en die oomblik as ons daarvan bewus word, loop dit oor na almal en alles om my. Dit bly ʼn ewige waarheid (werklikheid), “jy moet jou naaste liefhê soos jouself” — dit waarna Dr Christiane Northrop verwys in haar boek, ‘Hungry for Change’ as sy sê, “As a doctor, let me tell you what self-love does: It improves your hearing, your eyesight, lowers your blood pressure, increases pulmonary function, cardiac output, and helps wiring the musculature. So, if we had a rampant epidemic of self-love then our healthcare costs would go down dramatically. So, this isn’t just some little frou-frou new age notion, oh love yourself honey. This is hardcore science.”

Liefde staan altyd in ʼn verhouding tot ... jouself, jou ewemens, jou beminde, die natuur, kultuur, struktuur wat alles in en deur ʼn verhouding met God vloei. Die wisselwerking van liefde in al ons verhoudings maak ons heel en bring genesing van verwronge gedagtes, intensies, en emosies. Dit waarna E.E. Cummings verwys in sy ‘Selected Letters’ — “We do not believe in ourselves until someone reveals that deep inside us something is valuable, worth listening to, worthy of our trust, sacred to our touch. Once we believe in ourselves we can risk curiosity, wonder, spontaneous delight or any experience that reveals the human spirit.” Of waarna Thich Nhat Hanh verwys as hy sê, “Love is the capacity to take care, to protect, to nourish. If you are not capable of generating that kind of energy toward yourself — if you are not capable of taking care of yourself, of nourishing yourself, of protecting yourself — it is very difficult to take care of another person.”

Dít is die mens se oer-dors — hierdie misterieuse klein woordjie met ʼn inhoud en invloed wat die ganse heelal nie kan vervat nie – L•O•V•E – daardie vonk wat begin met ʼn knipoog, ʼn soen, ʼn konsepsie, ʼn geboorte, ʼn gedagte en intensie wat nou hier sit en dit lees, swanger aan die potensiaal om dit te ervaar en te verwoord, te infiltreer en reflekteer.

Ons sê maklik, “Jy moet realisties wees,” maar wat beteken dit? Sê dit ons moet klinies, pragmaties wees? Nie droom of ʼn groter potensiaal visualiseer nie, tevrede wees met hoe ding is of dit waag om spore te trap na wat dit kan wees? Dis die vrae wat ons komende Sondag kan bespreek. Hoop om jou in ons Wysheidsirkel te sien ...

Trek nou ʼn sirkel om 1 Augustus en bespreek jou plek so gou as moontlik om teleurstelling te voorkom 😉

ACIM: Kolping — 23 Julie 19h00. Stad 27 Julie 19h30 — Chapter 17: Forgiveness and the Holy Relationship, Section V ‘The Healed Relationship’ P362 Hardeband Boek

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“Just as the rational mind can see that all matter is energy, the spirit can see that all energy is love.” — Juan Mascaro

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights