26 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 26_feb_2012

So tussen die dae wat later lig word en saans wat vroeër skadu’s trek met ʼn koeligheid in die aandlug lê daar ʼn belofte van ʼn nuwe seisoen in die sirkelgang van lewe, sterf, wedergeboorte wat haar ewigdurende siklus loop. Vir die mens is dit net nóg ʼn seisoen wat die winkels in inkopiesentrums met groot ‘summer sales’ aankondig en oral in die winkelvensters verskyn winkelpoppe met serpe en musse.

Niemand onthou die dag wat h/sy gebore is nie, niemand van ons weet wanneer ons sal sterf nie en vir die meeste van ons gaan vandag verby met ʼn gejaag om plek te maak vir môre. Ongesiens tik die tyd ons uit tyd uit. Ons wals terwyl ʼn tango speel en two-step as ons moet wals. Ons weet vandag is môre, gister maar wat het jy vandag vir die eerste keer gedoen? Wat sal jy oor ʼn maand, ʼn jaar onthou van vandag? Al hierdie vrae het min betekenis solank dit goed gaan maar alles verander in ʼn oomblik as jy hoor dat jy terminaal siek is en 6 maande oor het om te leef! Of as jy hoor dat ʼn geliefde nie meer baie tyd oor het om te sien, te hoor of se nabyheid te voel nie. ALLES verander in ʼn split sekonde en skielik is elke minuut ʼn geleentheid om lewe met albei arms aan te gryp en vas te hou asof lewe letterlik daarvan afhang. Daarom sê Christiaan Gellert op ʼn plek: “Live as you would have wished to live when you are dying”

Ja, die idee van afsterf en doodgaan is nie ʼn gedagte waaraan ons wil dink nie. Soos Woody Allen eenkeer gesê het “ek gee nie om om dood te gaan nie, ek wil net nie daar wees as dit gebeur nie.”
Nie my eie dood nie en nog minder die dood van iemand vir wie ek lief is. Tog is dit ʼn vraag wat elkeen van ons van tyd tot tyd vir onsself afvra: hoe sterf mens en wat gebeur daarna ...? In ons afsluiting oor die tema: Om God te beleef/ervaar vanuit ons menswees, sluit ons die maand se gesprek af deur te praat oor --

LEWE & DOOD: ALMAL STERF, MIN LEWE!
Wat weet en kan ons sê oor lewe na die dood?
Hemel en hel of reïnkarnasie – is beide ‘reward and punishment’?
Vrees vir die dood en die verwerking daarvan as ʼn geliefde sterf.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum. Bring jou vriende en familie saam om deel te neem in ons wysheidsirkel.

VOLGENDE GESPREKSGROEP: Ons het ʼn gespreksgroep vir gay persone: 29 Februarie (kyk op ons webblad vir meer inligting)
Ons begin ons inleidende kursus in ACIM (A Course in Miracles) op 23 Februarie 19h00 by die Kolping Sentrum.
Kontak my asseblief indien jy belangstel en graag wil inskakel (jy kan antwoord op dié epos of my skakel by 083.460.45.45)

Gedagte vir die Week:
Love is stronger than death even though it can't stop death from happening,
but no matter how hard death tries it can't separate people from love.
It can't take away our memories either. In the end, life is stronger than death.

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights