26 Augustus 2012

Die winter het beslis dié jaar besluit om te oorwinter!

Daar is TWEE stukkies goeie voor-lente nuus:
1. Van eerskomende Sondag is daar ʼn gasverwarmer in die kapel — koud kry kan dus buite bly ;-))
2. Eerskomende Sondag lei Dr Rudi Labuschagne die diens vir ons.
Hier is ʼn kort voorsmakie van waaroor die inhoud gaan:
Volgens die jongste peiling van die Win-Galup International Religiosity and Atheism Index het die aantal Suid-Afrikaners wat godsdienstig is, van 2005 tot vanjaar geval van 83% van die bevolking tot 64%.Dié daling van 19 persentasiepunte word net oortref deur dalings in Viëtnam (23%), Ierland (22%), Switserland en Frankryk (21% elk). Dr. Wim Dreyer van die Hervormde Kerk se Sentrum vir Missionale Bediening het gesê dis nie ’n nuwe tendens nie. Dit kom al sedert die dae dat Galileo en Darwin vir denkskuiwe gesorg het wat mense laat vra het waar God inpas. Ons moet  herontdek wat dit beteken om ’n egte dissipel van Jesus te wees.
Prof Nelus Niemandt, moderator van die Ned Geref Kerk, het gesê mense stel deesdae minder belang in dogma en meer in ervaring van God. Kerke is egter nog op dogma ingestel. Hy meen kerke moet skuif van ’n benadering waar dit van mense verwag word om eers te bely, dan om tot ’n kerk te behoort en dan om hul geloof in God te ervaar, na ’n omgekeerde volgorde waarin die ervaring met God eerste kom en die bely laaste.
Ons gesels oor: Wat is die denkskuiwe wat ons moet maak oor God/godsdienstigheid/spiritualiteit? 

Ons nooi ALMAL uit om te kom deelneem aan die gesprek Sondag. Maak ʼn knopie in jou das of jas om dit nie te mis nie en kom ons gee elke sitplek ʼn asem.
Dit is my opregte versoek dat ons Sondag met hart, siel én lyf sal bywoon.

Jy kan ook elke vorige week se gesprek en liturgie aflaai by TEMA ARGIEF.

Ons volgende ACIM (A Course in Miracles) byeenkoms 30 Augustus by die Kolping Sentrum om 7pm. Kontak my as jy belangstel om saam te kom reis deur hierdie amazing boek. 

Gedagte vir die Week:
“Traditional spirituality contains an enormous amount of wisdom, guiding one on a journey, through the pursuit of virtues and the exercise of prayer and meditation, towards the goal of spiritual realization.”
(B Hanson: Modern Christian Spirituality)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights