25 November 2012

Hierdie week se liturgie: 25_november_2012

Almal van ons droom, maar nie almal onthou hulle drome nie. Soms kan ʼn droom jou hele dag ontstig en soms onthou ons ons drome (goeie en slegte) vir weke, maande, of ʼn leeftyd. Ons droom in prentjies en metafore, simbole en argetipes en praat selfs van ‘nagmerries’ of verwys na ‘bulle wat ons jaag’ óf, soos my ma sal sê, in die dag jaag jy jou vrese en snags jaag hulle jou! (A ruffled mind makes a restless pillow – Charlotte Brontë)
My fassinasie met drome kom al vir jare lank en skryf ook gereeld my drome (en die betekenis en verstaan daarvan) in my dagboek want dit lyk vir my, hoe meer jy dit neerskryf, hoe meer onthou jy drome. Een ding is verseker: ons drome kan ons óf bekoor óf spreekwoordelike toor.

Die Talmud sê: “A dream which is not interpreted is like a letter which is not read” — baie mense gee géén betekenis aan drome nie maar heimlik is daar tog ʼn verwondering van waar kom dit vandaan; wat beteken dit; hoe moet ons dit verstaan? Is drome net verbeelding of projeksie; kiekies in ons kop of bloot fantastiese fantasieë? Nou waar kom die uitdrukking dan vandaan: EK LEEF MY DROME UIT! Drome beteken tog ook aspirasiesbegeertesverlangewense en hoop

Die fliek “Inception” gaan oor drome (onderbewussyn) wat onlosmaaklik deel is van die bewussyn – the invasion of dreams leads to a transformation of the mind – is die tema van hierdie film. Die uitlê en betekenis van drome is so oud soos die mensdom self en kom voor in alle beskawings maar dit sou Freud (1856-1939) en Jung (1875-1961) wees wat hiervan ʼn wetenskaplike studie sou maak om dit psigologies te analiseer en te verstaan.
·         Vir die antieke mens was drome voorspellings oor die toekoms. In Babilon tablette wat opgegrawe is en 4000vC dateer, dui daarop dat die
godheid Zaqar sekere waarskuwings deur drome gebring het.
·         Die Gilgamesh epiek (1000vC) is vol vermanings oor gevare en teregwysings in drome.
·         Die Joodse tradisie oor drome is sterk beïnvloed deur die Babiloniese en Egiptiese kultusgebruike wat gekoppel is aan voorspellings en
profesieë.
·         Die Grieke het altare gebou wat moes dien as droom-orakels waarna mense kon gaan vir insig oor drome. Die god van drome (Hypnos) het die
altare besoek en uitkoms en verklarings gegee.
·         Plato het beweer dat drome gesetel is in jou lewer en dat net sommige drome toegesê kan word aan gode maar dit sou sy leerling Aristoteles
wees wat die eerste tree sou gee aan ʼn moderne beskouing dat drome niks anders is as visioene wat beïnvloed word deur ons
omstandighede en sintuie.
·         In Indië is geglo dat die mens sy liggaam verlaat tydens ʼn droom na vlakke van die bewussyn wat buite die liggaam lê. Die siel word as’t ware
deel van die godewêreld van simbole en rituele.
·         Freud publiseer in 1899 The Interpretation of Dreams waarin hy wys dat drome net onderdrukte behoeftes, begeertes en verwagtinge is –
m.a.w. die projektor van die ego waar simbole in drome sleutels tot die onderbewussyn is. Maar dit was Jung wat drome geïnterpreteer het as
        argetipes en projeksies van die ‘SELF’ (kollektiewe bewussyn) waar ons selfs droom wanneer ons wakker is maar onbewus is van die feit
dat ons droom.

Aangeheg is ʼn Droom Interpretasies.pdf wat miskien ʼn oorvereenvoudiging en naïewe verklaring is van sekere beelde (argetipes) wat voorkom in ons drome. Die feit van die saak is dat die meeste van ons ook soek na ʼn spirituele boodskap in ons drome hetsy dit ʼn projeksie is van ons ego-denke of ʼn refleksie is van ons siel-denke. Kom ons verken eerskomende Sondag die tema --

DROME GAAN OOR DIE VERLEDE IN DIE HEDE EN NIE DIE TOEKOMS NIE
i.     Projeksies oor ons verlede: Die laaie van ons geheue
ii.   Simboliese taal oor ons hede: Spieëlbeelde van onmiddellike gebeure
iii.  Drome as ons wakker is: aspirasies, verlange en wense

Vincent van Gogh het gesê: “I dream my painting and paint my dream” – miskien is drome bloot illustrasies (prentjies) van ons onderbewussyn. Ek weet nie, maar kom ons probeer verstaan wat ons drome vir ons probeer sê oor wat in die wêreld agter ons gedagtes aangaan. Miskien, net miskien, kan dit ʼn sleutel wees om die deur te open na ʼn beter verstaan van onsself en hoe om ons intensies te fokus op ʼn droom vir beter weergawe van onsself.
Tot dan – mooi drome snags en wakker drome bedags 🙂 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“People think dreams aren't real just because they aren't made of matter, of particles. Dreams are real. But they are made of viewpoints, of images, of memories and puns and lost (and found) hopes.” - Neil Gaiman

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights