25 Januarie 2015

Mens kan dit byna nie glo dat die eerste maand van 2015 trek reeds water nie ... ons gesels hierdie maand oor NUWEJAARSVOORNEMENS en het reeds gesels oor OPTIMISME en toe COMMITMENT en laas week oor DAPPERHEID. Ons sluit die maand se tema af en gaan Sondag praat oor ONTVANKLIKHEID (openness, sensibility, receptivity).

Die eerste keer in my lewe wat ek sneeu gesien het, was in 1989 toe ek saam met vriende gaan ski het in Saalbach (Oostenryk). I was mesmerised deur die stilte van die wit, die lig refleksie in die vlokke. Dit was soveel anders as wat ek myself voorgestel het. Die tweede keer wat ek dieselfde intensiteit van gewaarwording ervaar het met ‘sneeu’ was in Marokko. Dit was nie dieselfde ‘sneeu’ wat ek ervaar het in Saalbach, of Vancouver, of Amsterdam en Parys nie. Met ʼn handjievol Tunisiërs en ʼn gids het ons gereis van Marrakech na Ouarzazate deur die bekende Tizi-n-Tichka pas deur die asemrowende Atlasberge. Ouarzazate is sowat 200km vanaf Marrakech wat jou met 4x4 voertuie sowat 4 tot 5 ure sal neem afhangende hoeveelkeer jy stop. Die Tizi-n-Tichka pas word reeds sowat 4000 jaar lank deur die Bedouin nomades gebruik. ʼn Paar dae later het ons gids ons genooi om by vriende van hom oor te bly in Taddert wat halfpad terug is. Toe ek die aand uitstap in die stowwerige dorpie het dit ‘gesneeu’ maar nie vlokke soos in die Alpe nie, gesneeu met sterre. Ek het nog nooit in my lewe so baie sterre gesien nie! Met die koel woestynwind teen my gesig het ek opgekyk — geen lug- of ligbesoedeling nie, trouens ek kan nie eers onthou of daar elektrisiteit in Taddert was/is nie (miskien is daar) maar alles om my was verlig deur sterre. Vir die eerste keer het ek met my blote oë die Milkyway gesien in hoogte en diepte wat die woord ‘uitspansel’ ʼn nuwe betekenis gegee het en ek, ek het bewus geword dat ek van die stof onder my voete gemaak is. Ek is klei en water wat van die een hoek van my oog tot die ander sover ek my kop kon draai ʼn oorweldigende bewuswording was wat my asem weggeslaan het. Vir my wat ʼn nagmens is, was my lot beseël — nooit weer sou die nag en sterre dieselfde wees nie — ek het die Naelstring gesien wat alles aan alles voed en vasknoop.

Een van my gunsteling skrywers, Rainer Maria Rilke skryf in sy ‘Letters to a Young Poet’, “Only someone who is ready for everything, who doesn't exclude any experience, even the most incomprehensible, will live the relationship with another person as something alive and will himself sound the depths of his own being.” Hoe dikwels in my lewe het ek dit al gesien (geleer) — die heel mooiste en beste geskenk kom nie altyd toegedraai in die pakkie wat ek gedink het dit sal kom nie. Die vraag is of ons ontvanklik is vir hierdie ‘geskenke’ wat elke dag in ons skoot kom lê? Of ons aldag besef hoe waardevol iets is ... tot ons dit verloor het?

As ʼn teologie student is daar altyd vir ons gesê dat ons ʼn ‘preek’ moet skryf asof die gehoor die gemiddelde ouderdom van 14 is. Ek het dit nooit verstaan nie omdat dit gevoel het ʼn mens onderskat jou gemeente se intelligensie tot iemand, jare later, dit vir my verduidelik het dat dit gaan oor die ontvanklikheid van ʼn kind van 14. Die openheid en nuuskierigheid om te leer en te ontdek. Verseker kan ons net praat van vryheid van spraak pas nadat ons geleer het om te luister! Ek het dit die afgelope week weer ervaar toe ek gesit en luister het na ʼn Moslem Iman met wie ʼn onderhoud gevoer is op BBC. Hy het gepleit dat die narratief oor Islam verander moet word in die Westerse Media. “Ons kan nie die hele tyd Islam wil vergelyk met ʼn klomp selfmoord bommers of psigopatiese moordenaars met messe en masjiengewere nie” het hy gesê “die beeld van die Weste moet ʼn ander verhaal vind by jong Moslems in die Midde-Ooste. Vir hulle is die Westerse geloof, die van dekadensie en perversiteit. Almal is nie Miley Cyrus en Justin Bieber nie! Hulle moet ook geleer word van Martin Luther King (wie se verjaarsdag ons hierdie week gevier het) en van Moeder Teresa. Sy pleidooi is dat die Weste nie kan praat oor Parys en Charlie Hebdo maar in hul eie skole word kinders met (wettige) gewere afgemaai nie óf dat die spot gedryf word met Moslem vroue se Niqab of Hijab maar Westerse vroue ly aan obesiteit nie.” Ja, fundamentaliste en ekstremiste van watter geloof of ideologie ook al, wíl nie verander nie maar êrens moet daar ʼn ontvanklikheid kom om te luister en mekaar te hoor.

ʼn Vriend vra my nou onlangs, “Wat is die verskil tussen jou en ʼn boom?” Na ʼn paar raaiskote van my sê hy, “ʼn Boom is bereid om sy blare te laat gaan as die seisoen aanbreek, moenie so krampagtig vasklou aan jou blare nie. Maak plek vir nuwe lewe!” Die begin van ontvanklikheid is ʼn gevoelvolle openheid en sensitiewe geduld met die milieu (tyd, plek en omstandighede) waarin jy is en om te laat gaan aan alles waarvan ons in beheer wil wees en so seker van is. Soos Tony Schwartz dit mooi sê, “Let go of certainty. The opposite isn't uncertainty. It's openness, curiosity and a willingness to embrace paradox, rather than choose up sides. The ultimate challenge is to accept ourselves exactly as we are, but never stop trying to learn and grow.”

Ontvanklikheid vra — “Wat wil jy hê? Waarna soek jy? Wat dink jy lê net om die draai of oor die volgende bult? Wat is dit wat jy dink jy NIE het nie?” Siddartha Gautama (vader van die Boeddhisme) skryf op ʼn plek, “When someone is seeking, it happens quite easily that he only sees the thing that he is seeking; that he is unable to find anything, unable to absorb anything, because he is only thinking of the thing he is seeking, because he has a goal, because he is obsessed with his goal. Seeking means: to have a goal; but finding means: to be free, to be receptive, to have no goal. You, O worthy one, are perhaps indeed a seeker, for in striving towards your goal, you do not see many things that are under your nose.”

Ontvanklikheid leer — ek is nie verantwoordelik vir ander se opinies nie. Ons het nie nodig om ander te wil kontroleer en beheer nie en hulle ook nie ons nie ... ons het nie nodig om altyd reg te wil wees en ander is verkeerd nie ... ons is nie bang vir verwerping nie en ons het nie nodig om deur almal aanvaar te word nie ... ons kan die wêreld instap met ons harte oop, totaal oop, en nie bang vir seerkry nie.

Skole, universiteite, loopbane kan vir ons vaardighede leer en vir ons geleenthede gee maar dit kan jou nie onderrig in wysheid, insig, sin, verstaan nie want dit word gebore vanuit die siel. ʼn Siel wat ontvanklik is vir hierdie wonderlike mallemeule reis wat ons noem, LEWE! Dit wat Frederick Dodson na verwys in sy boek, ‘Parallel Universe of Self’, “Amazement + Gratitude + Openness + Appreciation = an irresistible field of energy” — en hieroor gaan ons Sondag gesels as ons delf in die woorde van Jesus wat sê, “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” (Markus 10:14) Kom deel vir ʼn uur in ons Wysheidsirkel en maak ONTVANKLIKHEID deel van jou Nuwejaarsvoorneme.

Ons begin Donderdag 22 Januarie om 19h00 met ACIM by Kolping met Chapter 13: The Guiltless World p236 Hardebankboek.

Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651

Gedagte vir die Week:
“The greatest potential we have for opening our hearts lies in the opening of our minds.” ― Vironika Tugaleva

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights