25 en 27 Desember 2015

Kersfees, het steeds magiese krag ... dwarsoor die Westerse beskawing klop harte liggies-ligter in die Kersfeesseisoen. Toegeeflikheid en welwillendheid loop weer oor as ons persepsies en projeksies plek maak vir strikkies van milddadigheid. In die Kaap is die dae op sy langste en skemer luier vir ʼn uur of twee. Straatkafees skater van mense se genoeglikheid en glase word gelig op ʼn jaar wat verby is en wense kry ʼn heildronk vir die jaar wat voorlê. Die meeste mense is met verlof in ʼn desperate poging om die meedoënlose gejaag deur die jaar te herset deur asem uit te blaas, meer te lag as frons, meer tyd met familie en vriende en minder verskonings, lekker eet en goeie wyn want ons kan volgende jaar weer worry oor ons figuur. Dit is somer — and life is good!

Natuurlik is bogenoemde vir ʼn groot deel van ons populasie net ʼn droom. Hul werklikheid is sonder enige versierings want Kersfees is ʼn seisoen wat ʼn harde, wrede herinnering is aan hul uitroep om hul lot te verander. Die prentjies van mense wat lag om ʼn kersfeesboom maak die eensaamheid net soveel groter ... foto's van geskenke, lekker kos, gesinne met vakansie bring ʼn verdrietige hunkering om ook van geweet te wees. Ons almal ken sulke mense – hulle is in ons vriendekring, êrens ʼn familielid, ʼn kollega by die werk maar ons kies om weer daaroor te dink as die Nuwe Jaar begin het. Dis nie dat ons nie omgee nie, dis net dat ons nou met vakansie is en ons het nog ʼn spul goed om te doen voor Kersfees en Nuwe Jaar — after all, life is not always fair!

Tog verwarm Kersfees ons harte met ʼn bewussyn van vrede en vreugde soos geen ander tyd in die jaar nie. Die vraag is — waarom is dít juis die seisoen van liefhê en omgee wat ʼn boodskap fokus rondom hoop en vertroue? In die Noordelike Halfrond is dit grys en donker en kan mens verstaan dat daar in die DNA van antieke oerverhale die vrees skuil dat die son (dalk) nooit weer gaan terugkom vir die Lente nie. In die Suide Halfrond val Kersfees in ons somervakansie en daar is nie ʼn beter manier om die jaar mee af te sluit nie — ons wil dae waarin die son ons geskroei het en die skaduwees min was, agterlaat met ʼn nuwejaarswens dat volgende jaar gaan dit anders, beter wees.

Kers (lig) + Fees (celebration) moet die onsekerheid en angs vervang met simbole van ʼn ster wat die nag verlig en engele wat die sluier van duisternis lig met ʼn aankondiging dat die krag van Kersfees is die ‘LIG wat deur die duisternis breek’ met ʼn verwagting dat ons hierdie jaar se sorge en hartseer kan agterlaat en asemskep vir volgende jaar se droogtes en oorstromings. Ons verstaan die simbole-taal van die Kersverhaal — maagdelike geboorte, volkstelling, wys manne uit die Ooste, engele by herders, ʼn kind in ʼn krip in ʼn vreemde dorp en ... en ons onderskei tussen histories feitlik en histories metafories en wat ons nie verstaan nie blaai ons om want Kersfees is ʼn tyd vir fees en vakansie ... solank ons Jesus gebore is en leef, sien ons kans vir nog ʼn jaar want sien — ons handhaaf hierdie verhale (simbole et al) omdat dit ons herinner dat daar in dié wêreld plek is vir God en mens om mekaar te ontmoet. Ons noem dit Bethlehem, maar dit is nie ʼn dorpie in die buitewyke van Jerusalem nie, eerder ʼn plek in elkeen van ons. Daar is ʼn krip maar dit is nie in ʼn stal nie, dit lê diep in elkeen van ons se harte as die plek waar ons tuisgaan (abide) in God. Ons het ʼn honger en dors in die hart wat ons glo net God kan versadig en daarom vertel ons stories van wyse manne en herders as ʼn verhaal wat ons herinner aan ‘a journey in hope’ wat ons donker nagte verlig en hemelse geskenke (blessings) vir ons sal bring.

Dis hoekom ek so dikwels daarop klem lê dat ʼn soeke na God is in wese eintlik ʼn soeke na myself en word hierdie verhale ons eie waarheid wat net gebeur waar ons die Kersfees narratief laat los vir ʼn behoefte dat die waarheid letterlik en feitlik moet wees. Miskien beteken dit dat letterlike godsdiens moet sterf voor ons God sal ken. Soos ek ouer word, maak dié gedagte meer en meer sin. John Shelby Spong verwoord dit mooi, “Hidden beneath these myths are expressions of the human hope that even in the darkness of winter we are not alone in this universe. There is within all human life a yearning to know that the realm of the spirit does enter and indeed does permeate the earthly realm that we inhabit. In our imagination we always tended to locate that spiritual realm above the sky. So our myths speak of mysterious signs in the skies of heaven all of which serve to announce that the Christ Child is the one life in whom God is experienced as fully present in the human realm.” (From: ‘Reclaiming the Bible for a Non-Religious World’)

Die laaste ruk is daar op sosiale media heelwat uitroepe dat Moslems sal verenig en hul stem sal laat hoor teen ekstremiste. In Amerika wil Trump-Toupée die grense sluit vir Moslems omdat die Christen fundamentaliste nie weet wat om te doen met Moslem fundamentaliste nie. My solidariteit met Moslems is die feit dat ek ook nie meer weet wat om te doen met die gemaskerde bravade van Christen selote wat met outomatiese gewere van veroordeling en lang messe van verwerping ander mense gyselaars hou omdat hulle onder die vaandel van Christendom hulself die reg toeëien om voor te skryf en af te skryf in die naam van godsdiens terwyl hulle sing, “Vrede op aarde in die mens in welbehae” sonder dat dit ʼn snerts verskil maak in ons spiritualiteit of ons met ʼn millimeter beweeg om hierdie Kersfees die weg, waarheid, lewe, hoop, liefde te word vir ʼn wêreld wat vergeet het waaroor Kersfees werklik gaan — naamlik, onbaatsugtige LIEFDE.

Kersdag is A CELEBRATION OF CHRISTMAS en gaan gesels oor THE CELEBRATION OF SELFLESS LOVE — en dan knoop ons dit aan eerskomende Sondag se laaste gesprek vir 2015 wat vrymoedig ons nuwejaarsvoorneme kan word in die woorde van John Shelby Spong — LIVE FULLY, LOVE WASTEFULLY, AND BE ALL THAT YOU CAN BE -- wat hy beskryf as, “... this is my definition of seeing the presence of God in human life!”

Kom ons verken Vrydag en Sondag die volgende gedagtes rondom Kersfees: Jesus versimboliseer die teenwoordigheid van God waar hemel en aarde ineenvloei (divinity meets humanity) waar Matteus se ster en Lukas se engele die pad baan vir vreemdelinge uit ʼn ander geloof (Oosterse Magi) sowel as vir eenvoudige volksgenote (herders) wat ʼn geboorte vier wat ons beweeg tot ʼn spirituele wedergeboorte. Dan, en slegs dan, sal ons geskenke sin maak en Kersfees in ere herstel word as die Fees van Lig.

KERSDIENS: Vrydag 25 Desember om 9am — kom vroeg vir sitplek. 

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“When I give, I give myself” ― Walt Whitman

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights