Liturgie: 25_desember_2016
... die jaar is verby en Sondag vier ons Kersfees op die laaste Sondag van 2016. Dit voel soos gister toe ons die jaar begin het met Mozart en die herinnering dat ons almal ʼn Amadeus (Beloved of God) is. Ons het die jaar begin met footprint, footsteps, and footpaths en gevra, “Waarheen is jy op pad?” Teen die einde van die jaar kyk ons terug en staan verstom dat ons dit gemaak het — daar was dae van verwondering en nagte van verwydering; weke van vertwyfeling en ʼn seisoen van vervoering. Vir baie was dit ʼn jaar waarin hul kon sê, “I will, and I do” en vir ander was dit ʼn jaar van afskeid neem en groet. Party het ʼn kind ryker geword, ander het van werk verander, sommiges het verhuis, ʼn paar het die hele jaar in totaliteit gemis. Daar is geskep en gebreek, daar is gelag en gehuil, daar is gevind en verloor ... maar een ding is verseker: daar is geleef!
Nog ʼn jaar is verby waarin ons al skeppende kon dans in die reën én in die vuur van ons bestaan. ʼn Jaar waarin baie nuwe idees en konsepte hulself kom tuismaak het in ons lewe. Waarhede is ontdek, wysheid is ontgin, en elkeen van ons (al voel dit nie so nie) het die jaar oorleef — nie net in asem nie, maar in die onnoembare seëninge van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing. Dit was ook ʼn jaar waarin ons meer eerlik kon wees oor ons onsekerhede en openhartig (wat ʼn mooi woord) oor ons angs, skuldgevoelens, en vrese. Ons het geleer dat alles wat die moeite werd is, kom deur elke positiewe sowel as ʼn negatiewe ervaring ... en so het ons gaandeweg ontdek dat ontkenning en vermyding ís die enigste probleem wat ons regtig het. The avoidance of struggle is the struggle. The denial of failure is a failure.
Een van die grootste lesse van 2016 was die vraag oor dit wat regtig belangrik is — om die kaf van die koring te skei oor als waaroor ons onsself bekommer en wat eintlik geen waarde of betekenis het nie. Ons dink terug oor die laaste 52 weke en onthou waarvoor ons omgee, als wat ons gegee het sonder om iets terug te verwag, als wat ons ontvang het sonder dat ons daarvoor gevra het. Ons beker loop van vreugde oor. Ons het geleer om ‘om-te-gee’ want daar is niks so demoraliserend, so afbrekend, so niksseggend as onbetrokkenheid nie. In ʼn duisend stemme, op ʼn duisend plekke, op ʼn duisend maniere is ons herinner — Be different, because there is absolutely nothing admirable or confident about indifference!
‘Indifference’ is die afwesigheid van enige iets wat ʼn verskil maak; ʼn afsydige louheid; en op beste ʼn onbeduidende middelmatigheid (mediocrity). Ek dink die afgelope jaar was by uitstek ʼn jaar wat geen ‘indifference’ geduld het nie ... nie in ons persoonlike lewe, beslis nie in ons sosiale lewe, en allermins nie in ons politieke arena nie. Daarmee saam het ons ontdek dat daar waaragtig goed is wat meer belangrik is as ons teëspoed en triviale gemor en kla oor dinge wat in die groter prentjie absoluut geen betekenis het nie. En dít is die geskenk van hierdie jaar se Kersfees — that life is not so much about what we gain and achieve, but rather how to loose and let go — dat die bedoeling en betekenis van lewe in die algemeen en my lewe spesifiek, lê nie in alles wat ons kry en regkry nie, maar hoe ons ons boot stuur deur die storms en seile kan span as die wind van voor kom!
Kom vier Sondag saam met ons Kersfees as ons afsluit met die tema — WAAR DIE HART VAN VOL IS. Die betekenis van Kersfees is veel, veel meer as die storie wat ons almal ken. Dit is ʼn verhaal van geboorte en wedergeboorte ... dit is ʼn herinnering van ons eie ster in die Ooste wat ons volg om by die krip stil te staan van hom wat vir ons ʼn rabbi en leermeester sou word; dit is die een tyd van die jaar waar ons ons goud, wierook, en mirre bring aan die koning, priester, en profeet wat ons sou herinner dat ons een is met God en dat niks en niemand ons ooit van God se liefde kan skei nie. Dit is die een dag in die jaar waar ons onthou om elke dag saam met die engele te sing: “Oh come let us adore him!” — want pas daarna sal die woorde van Filippense 4:7 in vervulling gaan, “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus”
Ons vind ons HAPPINESS in dinge wat ons doen ... geluk, vreugde, blydskap is iets wat ons oes vanuit die hart. Dis nie iets wat ons vind en verloor nie, dit hang nie af van ʼn goeie of slegte jaar nie. HAPPINESS is ʼn besluit, dit is ʼn keuse, dit lê in elke aksie en reaksie. WAAR DIE HART VAN VOL IS ... is die seëninge van God wat vel en been gekry het in Jesus, en gestalte gevind het in die eenvoudigste gawe van Kersfees. Kom ons gesels oor die grootste geskenke van Jesus --
Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.
Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.
Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”
In die geboorte van ʼn kind sowat 2000 jaar gelede, lê die grooste geskenk van ons eie menswees — nie net na liggaam nie, maar bowenal in die siel van ons liefde en vreugde. Ons wil jou en jou familie en vriende nooi om Sondag saam met my om die gypsy kampvuur te kom sit onder die sterrehemel en vir ʼn oomblik luister na ons hartklop sodat ons die kreatiewe krag en energie wat die ganse kosmos in balans en harmonie hou, sal toelaat om in en deur ons are te vloei.
Die laaste Sondag van die jaar, Kersfees 2016, is ʼn geleentheid om ons drie geskenke onder die blou-kruis te kom sit: gratitude, thankfulness, and appreciation!
🌺 ACIM — Hervat weer na die somervakansie.
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Then the Grinch thought of something he hadn't before! What if Christmas, he thought, doesn't come from a store. What if Christmas...perhaps...means a little bit more!” ― Dr. Seuss, How the Grinch Stole Christmas!