25 Desember 2011

Hierdie week se liturgie: 25_des_2011

Die laaste Sondag van die jaar breek aan. Die laaste eerste dag van die week. Baie sug seker “Uiteindelik!” en ander roep uit “Heerlik!” – die jaar is verby en Kersfees lê haar geskenke onder ons boom.

Vir die meeste mense is dit ʼn tyd van rus en vakansie hou en gesellig met familie en vriende verkeer. Welverdiend, na ʼn jaar se harde werk! Dit is ʼn tyd van glase klink en om tafels vol genoegens uitbundig te lag. Ons draai die beste van die jaar ʼn pakkies toe en gee dit met ʼn strikkie vir hulle vir wie ons lief is. Dit is – after all – ʼn tyd vir kerse en fees.

Wat beteken Kersfees vir jou? Vir die meeste mense (of is dit ʼn veralgemening?) het dit niks te doen met ʼn Jesus of ʼn Bybelverhaal nie; allermins maagdelike geboortes of engele wat vir herders sing (al blêr die winkelgange die refrein tot vervelens toe).
Tog hou ons die tradisie van liggies aan ʼn boom; geskenke; saamwees in die genoeglikheid van vriende en familie.

Wat beteken Kersfees VIR JÓÚ? A Course in Miracles sê: “The sign of Christmas is a star, a light in darkness. See it not outside yourself, but shining in the Heaven within, and accept it as the sign the time of Christ has come.”
Miskien kan hierdie jaar se Kersfees ʼn gans ander betekenis hê: vergiffenis teenoor iemand wat jou seergemaak het; versoening tussen jou en iemand van wie jy vervreemd is; vriendelikheid teenoor ʼn vreemdeling; en respek aan/vir jouself.

Bring jou familie en vriende en kom vier Sondag saam met ons die heel belangrikste boodskap van Kersfees:
Ek het gekom sodat julle lewe kan hê, en dit in oorvloed. (Joh 10:10)
Kersfees vra nie bome nie maar ʼn altaar van dankbaarheid!
Kersfees roep ons op om ons menslikheid (humanity) te herdenk!
Kersfees is ʼn verwondering in die misterie van die Goddelike!
Kersfees is ʼn tyd om te onthou wie ons IS!
Kersfees gee LEWE en dit in oorvloed!

Besoek ons FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum.

Mag die vrede wat alle verstand te bowe gaan hierdie week met jou en jou geliefdes wees.

Ons GESPREKSGROEPE het afgesluit vir die jaar en hervat weer in die nuwe jaar.

Gedagte vir die Week:
“Christmas, my child, is love in action. Every time we love, every time we give, it's Christmas.”
~ Dale Evans Rogers ~

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights