Ons gesels hierdie maand oor WYSHEID — en het reeds gekyk na VERTROUE, INTEGRITEIT, KOMMUNIKASIE. Eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by ONDERVINDING (experience). Ons het gesien dat wysheid gebore word uit kennis, verstaan, ervaring, en toepassing ... om ʼn bepaalde kennis oor iets te hê, beteken nie dat ons dit verstaan nie. Om iets te verstaan beteken nie dat ons die ervaring daarvan het nie en om ervaring te hê, sê nie veel hoe ons dit in bepaalde situasies toepas nie. Kom ons vat die voorbeeld van vlieg – ek kan al die kennis hê van presies hoe ʼn vliegtuig werk wat nie beteken ek verstaan dit nie en as ek dit wel die dag verstaan, moet ek in ʼn vliegtuig klim en kan opstyg en land wat nie beteken ek het ervaring van vlieg nie. Om te sê jy het ʼn 1000 vliegure beteken nie jy weet hoe om dit alles toe te pas as die weer opsteek, of ʼn wiel verloor, of om op ʼn vreemde lughawe te land met ʼn dwarswind nie. Eers wanneer al hierdie komponente bymekaarkom kan ʼn mens praat van wysheid.
Ons gesprek gaan in besonder oor spirituele wysheid waarin ons godsdiens opvoeding en kerklike agtergrond aan ons ʼn bepaalde kennis gegee het. Oor die jare het ons vir onsself uitgemaak hoe ons dit verstaan en deur ons eie unieke lewenservaring onsself geklee met wat ons glo – veral waar die wonde van die lewe sy littekens gelos het. Elkeen van ons het sy/haar eie God- en Mensbeskouing wat die toepassing van ons spiritualiteit beïnvloed maar êrens tussen dit alles honger en dors ons na WYSHEID om wat ons ken en weet, ondervind en ervaar, op ʼn deurleefde manier toe te pas in al die fasette van ons menswees. Tog is daar steeds ʼn disconnect/detachment tussen wat ons sê is ons spirituele waarhede en die realiteit van ons menslike wysheid.
Spreuke 14:15-18 sê dit mooi, “Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word; ʼn verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee. Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad; wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd. Wie kort van draad is, begaan dwaashede; ʼn agterbakse mens maak homself gehaat. Mense wat ervaring kortkom, sit met hul eie dwaasheid; verstandige mense word met kennis bekroon.”
Oscar Wilde het spottendegewys gesê, “ander mense se foute noem ons swakheid, my eie noem ons ervaring.” Die Engelse woord ‘EXPERIENCE’ het verskeie betekenisse in Afrikaans — ondervinding, ervaring, deurgaan, gewaarwording, ondervind, en/of beleef. Al hierdie naamwoorde sê veel meer as net ʼn intellektuele kennis, want dit spreek ook iets van die hart aan. Ons kan iets meganies, serebraal doen sonder enige gevoel daaroor en ek twyfel of mens dit ooit ‘wysheid’ sal noem want laasgenoemde lê in ons belewenis en ervaring van iets. Ondervinding vind net plaas waar ons ʼn besluit neem om met toewyding, verantwoordelikheid, entoesiasme, en positiewe gesindheid te ploeg in ʼn groter/dieper herken, erken, ken. Dit sluit in die soet en die suur, die goed en die sleg, die lekker en die bitter van die lewe wat van die intellek ʼn siel maak. Soos Sigmund Freud gesê het, “Experience consists of experiencing that which one does not wish to experience.”
Toe ek gister op iemand se Facebook vir die soveelste keer lees van een of ander dieet-wonderwerk het ek haar geantwoord, “In heavens name, stop dieting and start losing weight!” Die ‘ervaring’ om gewig te verloor en om beter te voel oor jouself lê nie in een of ander resep en dieet program nie, nog minder is dit ʼn heilige kennis oor wat om waar en wanneer te eet nie ... as jy gewig wil verloor, in Vaders naam, verloor dan gewig deur net gesond te eet, oefening te kry en vermy suiker en djankkos – i.e. common sense. Die enigste dieet wat nog ooit vir my gewerk het, is die VDH-dieet! Nog nie van gehoor nie? Die Vreet-Die-Helfte dieet! ;-))
Baie keer sal mense sê, “ek het my les geleer” en dan verwys ons na iets wat met ons gebeur het. Ek dink nie die les lê in dinge wat gebeur nie maar in die manier wat ons daardeur beweeg en hoe ons dit oorkom het. As ons in ʼn bondeltjie trek en onttrek van als en almal as ons seerkry, dan leer ons niks. As ons leer HOE om deur die minder goeie ervarings te beweeg, ontvang ons die skat van wysheid. Dit maak ons sensitief in ons besluite en versigtig met ons keuses want die ervaring wat wysheid bring, leer ons om te gee. In die gee van onsself breek daar insig (waarheid) en uitsig (wysheid) deur.
So dikwels vra mense, “Wat is my doel op aarde, hoekom is ons hier?” Die antwoord is tog – to experience life in all its splendour, desire, delight of what it means to be alive in all the nuances of colour that life brings us day by day! Die lewe is ʼn ontdekkingsrog, ʼn avontuur wat soos ʼn rivier sy kronkel-kronkels vind na die oseaan. Ons skram nie terug van stroomversnellings en watervalle nie ... ons gee nie op omdat daar soms oorstromings en opdrifsels is nie. Elke oomblik van die dag bring die geleentheid om te ontdek en ʼn keuse hoe ons ons lewenspad stap. Niemand is op ʼn treinspoor en by-hook-or-by-crook sal ons uitkom waar dit voorafbepaal is nie. Nee, wysheid word gevind in die weet/onthou dat ons vrye wil altyd ʼn keuse het wat ons kies en besluit veral hoe ons gaan reageer as die rivier oor klippe spoed optel of dreig om ʼn brug weg te spoel. Wysheid leer ons dat ʼn slegte ervaring bring goeie ondervinding!
Dis hoekom ek so van die kunste hou — kreatiwiteit word meestal gebore uit die pyn van dissipline en toewyding maar die pyn gee geboorte aan iets eg en eerlik, en waar ons dit onthou vind WYSHEID weer sy stroom na die groot Oseaan. Wysheid maak dat ons nader aan ons waarheid staan ... Raphael het dit geskilder, Rodin het dit gekerf, Handel het dit gesing, Tolstoy het dit geskryf, Brecht het dit gedramatiseer, Baker het dit gebou, Nijinsky het dit gedans.
Skryf ek hierdie week vir my seun ʼn brief wat ek noem: SEVEN lessons to my son now that you enter manhood — 1. Be true to yourself, that is called integrity 2. Be honest, that shows dignity 3. Cultivate your values, that shows character 4. Take responsibility, that shows dedication and discipline 5. Be kind, be gracious, be respectful, that shows personality 6. Guard your heart, that shows devotion to your soul 7. Forgive, that is the key to an authentic spirituality.
Kom ons verken eerskomende Sondag 10 lewensbeginsels om wysheid te bekom deur alles wat ons beleef, ervaar, ondervind en deurgaan. Kom deel jou ervaring met ons.
ACIM: Kolping — 21 Mei 19h00. Stad 1 Junie 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World — Section VII ‘Attainment of the Real World’ & Section VIII ‘From Perception to Knowledge’
GESKIEDENIS VAN DIE BYBEL: Kolping — 30 Mei 10h00-13h00: Ou Testament // — 6 Junie 10h00-13h00 — Nuwe Testament
Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts
Gedagte vir die Week:
“I no longer live in time, I live in moments. I’m no longer worried about tomorrow. See it’s not what is in your pocket that matters, it’s what is in your heart that truly matters. Love is just a word until somebody comes along and gives it meaning. You are the meaning.” — Marc Mero