Hierdie week se liturgie: 24_maart_2013
Ek sit vanoggend by ʼn wonderlike vriend, en my haarkapper, en hy sê dat hy besluit het om “self-haat” op te gee vir lent. Nie meer self-veroordeling; verkleinering; verwyt; of insecurities nie. “Dit is so bevrydend” voeg hy by. Soos hy knip-knip val my eie self-twyfel; persepsies; projeksies; en opinies oor myself op die grond. Gesnoei vir die nuwe seisoen wat voorlê. Môre vier ons “Menseregtedag” — ʼn herinner aan Ubuntu! Vir die meeste mense is dit net nóg ʼn vakansiedag, maar is dit? Is dit nie veronderstel om die één dag in die jaar te wees waarin ons die betekenis van Ubuntu ons eie maak nie? Ubuntu is tog die Afrika beginsel van ʼn ware spiritualiteit wat sê: I am what I am because of who we all are! Dit onderstreep ʼn hoër doel: ek is hier om te dien en te inspireer; lief te hê sonder om iets terug te verwag; outentiek my waarheid te leef; ander te aanvaar vir wie hulle is; ek sal meer luister as praat en selfs teenoor hulle van wie ek verskil onthou: you are also beautiful in the eyes of God!
Ubuntu kom van die beginsel: Umuntu ngumuntu ngabantu — people become people (human) through other people! Dit sê alles van HUMANITY! Dit is ʼn diep besef van ons interafhanklikheid. Dit neem nie vanselfsprekend nie; dit gee meer as wat dit vra; dit sê dankie en asseblief. Die grootste honger in ons lewe is nie vir voedsel nie; ook nie geld, sukses of status nie; nog minder sekuriteit, seks of selfvoldane liefde nie — mense kry hierdie goed elke dag ... en steeds bly die honger knaag. Die grooste honger van hierdie lewe, is ʼn honger om gehoor te word; van geweet te wees; om te behoort en te voel jou waarde (menslikheid) word waardeer. Jesus noem dit “die pêrel van onskatbare waarde” (Matteus 13:46) en hierdie pêrel kan ons ook noem: ons essensie; ons intensies; ons asem; ons water van lewe; ons heilige nektar! Daarom inspireer Ubuntu ons tot verandering, méér nog, ʼn transformasie — ʼn ruspe wat skoenlapper word! Ubuntu bring die bewussyn (consciousness) en ontwaking (awareness) dat daar ʼn wisselvloei is tussen alles wat lewe maar dat dit nêrens méér gestalte vind as in ons interpersoonlike verhoudinge nie. Die herdenking van “menseregte” dwing ons tot bekering om te besef: Ek sorg en word versorg; ek het lief en word liefgehê; ek dra by en word gedra; ek het omdat ek deel en ek deel omdat daar genoeg is vir almal. Dít is die gees van Ubuntu. Dít is die roepstem van ons humanity! Marianne Williamson verwoord dit mooi: “Love is the essential reality and our purpose on earth. To be consciously aware of it, to experience love in ourselves and others, is the meaning of life. Meaning does not lie in things. Meaning lies in us.”
Maar Ubuntu het nog ʼn verdere betekenis wat sê: jy kan net buite jouself sien wat jy binne jouself sien! Kom ons skep môre ʼn oomblik êrens om met ons Self te wees. ʼn Oomblik van toenadering en toewyding; ʼn rukkie om weer ons sensitiwiteit te onthou sodat ons balans, respek en menswaardigheid teenoor ander sal optree; kom ons word ʼn rukkie stil om met waarheid, dankbaarheid en versoening onsself te vergewe vir ons vervreemding en verwildering en dan staan ons op en doen iets daaromtrent. Ons neem verantwoordelikheid vir hierdie verhouding wat daar is tussen ons en God, tussen ons en ons ewemens, en ons verhouding met onsself — dít is Ubuntu!
Ons is kinders van die wetenskap (kennis) maar weeskinders van wysheid. As ons gedurig onsself dompel in ʼn atmosfeer van spanning, leer ons om teen alles en almal te baklei; vrees is die afwesigheid van liefde; selfoordeel lei tot selfbejammering — máár, waar daar aanmoedig is, is daar selfvertroue; waardering vloei uit in dankbaarheid; erkenning versterk doelwitte; konsekwentheid leer ons om regverdig te wees; eerlikheid bring waarheid. Dit is Ubuntu. So besef ons dat ‘regte’ kom met verantwoordelikheid. Méér nog, die besef dat ons het ʼn plig. Vir elkeen wat sê “ek staan onder geen verpligting nie” besef nie die betekenis van Ubuntu-Spiritualiteit nie wat sê: EK HOU VAN MY BESTE SAAM MET JOU!
UBUNTU SPIRITUALITEIT
Ons wil God se teenwoordigheid en ondersteuning voel
Ons wil deel voel van groter prentjie dat ons lewe betekenis het
Ons wil vry voel van beperkinge sodat ons ons potensiaal sal bereik
As ons met ons gedagtes sekere persepsies skep (wat uit die ego gebore word), kan ons mos met dieselfde gedagtes ʼn keuse maak om anders te KIES. Kom ons buig Sondag in aanbidding en vier ʼn Celebration of Choice!
Net één uur sal ʼn verskil maak aan die res van jou week.
Ons het ons ACIM blok vir hierdie kwartaal afgesluit en begin weer na die skoolvakansie.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
God pours life into death and death into life without a drop being spilled (Author Unknown)