Liturgie: 24_april_2016
April is ʼn vreemde maand — nóg somer, nóg herfs wat geklits is in die voorwinter. Wanneer die seisoene verander, April se Herfs en September se Lente, kan ʼn mens aanvoel hoe mense die klits kwytraak ... verhoudinge skuur teen rotspunte, kommunikasie (of die gebrek daaraan) ruk die seile van ons bote, en goedbedoelde intensies loop skipbreuk. Seasonal Affective Disorder (SAD) is ʼn erkende toestand wat mense ervaar in die verandering van seisoene. Jou energie voel getap en daar is ʼn moodiness wat elke moontlike irritasie drempel toets en tart. Gooi nou ʼn volmaan in dié resep en voel hoe raak jou water geskommel en jou gemoed geroer (met ʼn twee r’e). Die een oomblik kan jy op water loop en die volgende oomblik sink jy soos ʼn klip.
Die Evangelie van Markus vertel die verhaal van Jesus wat met sy dissipels een nag in ʼn storm beland op die see van Galilea. Die skuit begin water skep maar Jesus lê en slaap. Hulle maak hom wakker met die vraag of hy nie omgee dat hulle vergaan nie. Hy staan op, maak die storm stil, en ʼn groot kalmte sak oor die meer. Hierdie gelykenis oor Jesus dra drie lewenswaarhede — (i) ʼn oënskynlike kalmte kan gou verander in ʼn storm (ii) die vraag word dan gevra, “Waarom is julle so bang? Het julle dan nie geloof nie?” (iii) ʼn Goddelike perspektief bring kalmte en ontsag. Vir die skrywers van die eerste drie Evangelies wat hierdie verhaal vertel gaan dit oor die waarheid en wysheid dat geloof, hoop, en liefde maklik(er) is in kalmte en daglig maar wanneer dit donker raak om ons en die storms dreig, verdamp dit vinnig.
“By telling stories, Jesus isn’t somehow putting sugar in a spoon to make the medicine go down a bit easier. These stories are the medicine. These stories are an extension and explanation of Jesus’ revolutionary ministry. These stories show us that things are not as they appear. Our tidy, well-packaged ideas about spirituality, faith, and reality shatter when confronted by Christ and the God he represents.” skryf Ronnie McBrayer in sy boek ‘Leaving Religion’.
Gelykenisse is nie noodwendig histories-feitlike gebeure nie maar verhaal ʼn waarheid wat die mens tot wysheid en insig bring. In die storie word ʼn groter waarheid in die lewe gebring. Al die gelykenisse van en oor Jesus kan gesien word as paradoks-verhale wat leer — gee om te ontvang, verloor om te wen, sterf om te lewe. Die gelykenis van ʼn boot wat een nag in stormweer beland, illustreer ons eie lewensboot se geskommel tussen hoog- en laagwater, tussen kalmte en storms, tussen geloof en twyfel. Die uitroep word ʼn klaaglied wat vra waarom ons so dikwels doodgaan lank voor ons sterf ... hoe daar nie ʼn groot genoeg oseaan is om die gebeentes van teleurstelling, mislukking, vrees, twyfel, skuldgevoelens, verwerping, vernedering, en verwond te begrawe nie. Die skielike storms wat ons oorweldig as een of ander vorm van verwydering (separation) ons bestaan bedreig. Die emosionele pyn wat gepaardgaan met siekte, dood, werksverlies, finansiële krisisse, spanning in interpersoonlike verhouding, egskeiding of sommer net die moedeloosheid met sosiaal maatskaplike omstandighede om ons. Waarlik, die self-kruisiging neem ʼn duisend vorme aan!
Wie sou kon dink dat ʼn storm vir die dissipels vrede sou bring? Wie sou nie graag dié woorde op ʼn grafsteen skryf nie, “He had storms in his life, but he died peacefully” Hoeveel van ons is só bang vir storms dat ons ons bote net geanker hou in ʼn hawe, maar dis nie waarvoor bote gemaak is nie ... as ons nie die moed en dapperheid het om die oseane aan te durf nie stagneer ons in die kalm vlak water van ʼn hawe en dis nie waaroor die lewe gaan nie. Hoe sal ons leer dat ons harte dit soms nodig het om deurweek nat te word van stortreëns en hoe nodig dit is dat die storms in ons kop soms oorloop is strepies vore oor ons wange?
“Before you can live a part of you has to die. You have to let go of what could have been, how you should have acted and what you wish you would have said differently. You have to accept that you can’t change the past experiences, opinions of others at that moment in time or outcomes from their choices or yours. When you finally recognize that truth then you will understand the true meaning of forgiveness of yourself and others. From this point you will finally be free.” skryf Shannon L. Alder en gaan dan verder, “There is always a storm. There is always rain. Some experience it. Some live through it. And others are made from it.”
Ek sien nie meer storms as noodwendige lewenslesse nie behalwe om my skoon te was van al die bagasie en gemors wat ek saamdra. Wat het Jesus gehad wat ek en jy nie het nie? Absoluut NIKS nie! Die enigste verskil is dat hy geweet het wie en wat hy is. Dat sy lewe ʼn oorloop was van ʼn Liefde wat in en deur hom gevloei het. Dat sy getuienis ʼn refleksie was van ʼn deurleefde liefde vir God en sy medemens. Ons vergeet dit. Ons glo dat die storms ons skuite gaan laat sink en dat ons oorweldig gaan word deur die golwe. Tot op ʼn dag wat ons ʼn besluit neem om uit te styg bo die vrees, as die drama van ‘sink en vergaan’ genoeg uitgespeel het in ons kop en ons met verantwoordelikheid en selfversekering die storm kan stil met, “Hush, be still” — dan sal ons besef dat die grootste storms nie in die natuur voorkom nie maar in ons koppe.
Ons kan dit nie alleen doen nie. Ons het mekaar nodig om seile te span, om die beurt die roer te vat, water uit te skep as die golwe ons oorweldig en saam die sterre van navigasie te tel. So leer ons om nie in elke storm op Jesus te skree om te red nie ... om nie aanhoudend die kwas uit God se hand te ruk omdat ons glo ons kan die prentjie beter skilder nie ... en die megafoon van die ego met ʼn klip te laat sink op een van ons ontdekkingsreise. Dan, en slegs dan, sal ons na die springgety en volmaan kyk met verwondering wat saam met die gelowiges van alles eeue in alle tradisies vra, “Wie is hy dat selfs die wind en wolke hom gehoorsaam?”
In die maand waarin ons gesels oor die tema — LONGING FOR BELONGING — KNOWN BY GOD kan ons eerskomende Sondag stilstaan by die verhaal van ʼn nag van storms op die see van Galilea en met vrymoedigheid berus in die woorde van Munia Khan --
“When you become a raindrop in your mind
Thunder is the closest friend you may find
Wind lashed trees, dark clouds, lightning or the dust
Everything you will bear once you adjust”
ACIM — 2 Mei in die STAD 19h30 en 28 April by Kolping 19h00 — Chapter 11: GOD OR THE EGO — From Darkness to Light en volgende gedeeltes
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“After every storm, there is a rainbow. If you have eyes, you will find it. If you have wisdom, you will create it. If you have love for yourself and others, you won’t need it.” ― Shannon L. Alder