23 November 2014

Hierdie week se liturgie: 23_november_2014

ʼn Groot DANKIE vir almal wat laas Saterdag ons Konferensie oor Spiritualiteit bygewoon het. Dit was ʼn wonderlike reis saam met ons sprekers en dit sal beslis ʼn jaarlikse instelling word met nog vele temas wat verken gaan word. Dié maand se onderwerpe sluit aan ons afgelope konferensie naamlik — Spiritualiteit as ‘A WAY OF LIFE’ — en komende Sondag gaan ons stilstaan by ʼn GESONDE SPIRITUELE DIEET. Net soos die liggaam sekere vitamines en minerale, proteïene en koolhidrate nodig het om gesond te funksioneer, nét so het ons sielswese ʼn gesonde dieet nodig om ons gedagtes, emosies en gevoelens, aksies en reaksies, in balans te hou met die ritme van die siel. Hoe hartseer is dit dat ons nie naastenby dieselfde dissipline en toewyding het as dit kom by die siel nie. Wat is die siel? Dit is die lewende, allesinsluitende Asem van God waaruit ons gebore is en waarna toe ons sal terugkeer. Helaas sonder ons botteltjies pille en stropies, rome en gym kaarte. Waarom is SIEL-DENKE belangrik? Want dit gee aan ons lewe betekenis ... dit gee rigting ... dit maak sin in al die onsin waarmee ons onsself besig hou ... dit gee insig (waarheid) en uitsig (wysheid) in tye waarin ons verwese verdwaal en verwilderd ronddwarrel soos ʼn blaar wat sy boom verloor het.

Die Panenteïste glo dat God is in die water en in die lug en ek het nog altyd gedink hoe mooi is dit — ek kan in God bad en Hom voel as hy teen my gesig vaswaai. Spiritualiteit haal jou nie uit die wêreld nie maar laat jou juis dieper daarin gaan. Dit kleur die kleure in, dit gee elke harmonie ʼn melodie, dit gee ritme aan die dans, dit is die ink van elke woord, die naald en garing van elke kledingstuk. Ons lewe is ons Spiritual Journey – dít wat en hoe jy as mens is met al jou potensiaal én nukke, al die moontlikhede wat in jou opgesluit is én al jou geite. Ons is nie iemand anders nie en maak nie saak hoe ons wens om iets te wees wat beter lyk nie, dít is ons lewe en die belangrikste Spirituele vraag is, “Wie is ek?” wat ʼn vraag is oor ons eksistensiële identiteit, ʼn vraag oor ons authentic truth waar ons die Ewige Naelstring in ons eer en respekteer, koester en kultiveer.

As Jesus in Johannes 4 die Samaritaanse vrou vra vir water dan word sy woorde die kruik wat ons dors na die onverganklike les en as hy die massas kos gee uit ʼn seuntjie se lunchbox in Johannes 6 dan is dit die verhaal van die mens se honger na hierdie ewigheidswaarheid — ons wil weet WIE ons is en waar ons BEHOORT. Dít vra ʼn gesonde spirituele dieet! Wat beteken dit? — kom ons verken Sondag een resep met vyf bestanddele vir so ʼn dieet ...

  1. Vir die duisend-en-tiende keer – maak plek vir STILTETYD en vind rus in die ritme van elke dag se opstaan, werk, gaan slaap. Hoe anders hoor ons die taal van die hart? Elizabeth Gilbert skryf dit mooi in haar boek Eat, Pray, Love as sy sê, “The resting place of the mind is the heart. The only thing the mind hears all day is clanging bells and noise and argument, and all it wants is quietude. The only place the mind will ever find peace is inside the silence of the heart. That's where you need to go.” Of soos Meister Eckhart sê, “Nothing in all creation is so like God as stillness.” En dan …
  2. verfyn en verskerp hoe jy luister na jou hart — kom vanuit die hart, nie uit die kop nie. Telkens waar ek die pad byster raak, is dit omdat my kop harder skree as my hart. Dit beteken nie ons ontken ons ervaring en dit wat ons empiries deur jare geleer het nie. Dit beteken ons integreer intuïsie met ervaring. Daar is ʼn balans, ʼn harmonie tussen kop en hart wat ons voed en versorg. Sodat ...
  3. ons bewus sal wees dat wat ons wil, gáán ons ervaar en dat ons verantwoordelik sal aanvaar vir beide ons gedagtes én ons optrede — “You may believe that you are responsible for what you do, but not for what you think. The truth is that you are responsible for what you think, because it is only at this level that you can exercise choice. What you do comes from what you think.” (ACIM) of soos Gandhi dit mooi verwoord, “Keep your thoughts positive because your thoughts become your words. Keep your words positive because your words become your behaviours. Keep your behaviours positive because your behaviours become your habits. Keep your habits positive because your habits become your values. Keep your values positive because your values become your destiny.” Want …
  4. ʼn gesonde spirituele dieet vra (net soos vir die lyf) ʼn dissipline en toewyding en is nie ʼn stoplap vir wanneer daar een of ander vorm van separation (krisis) is nie. Dit is iets wat ʼn WAY OF LIFE word. Dit leer ʼn onderskeidingsvermoë tussen wat het sin en wat is onsin. Dit hou ons voete op die grond en gee ons vlerke om deur die donderwolke te vlieg sonder om weg te vlug. Soos al dikwels gesê, spiritualiteit RE-mind us to RE-member to RE-act differently. Daarom sal ons ...
  5. sensitief en versigtig wees met ons judgements, opinions, and assumptions ... die goue reël geld tog altyd en oral “doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê ...” Steve Maraboli skryf êrens, “One of the most spiritual things you can do is embrace your humanity. Connect with those around you today. Say, "I love you", "I'm sorry", "I appreciate you", "I'm proud of you" ... whatever you're feeling. Send random texts, write a cute note, embrace your truth and share it.”

Nee, ʼn lewe van spirituele bewussyn (spiritual awareness) vat niks weg van wie jy is nie! Dit omarm juis die mooiste en beste van wie jy is. Dit ontsluit juis jou volle potensiaal en stel jou voor aan die eindelose potensiaal wat jy reeds in jou dra. Al-Iskandari vra so mooi, “What has he lost who has found God?” Maar ons kan nie spiritueel bankrot leef en verwag om hierdie gawes en waardes te ontgin nie. Ons kan nie te lui wees om die spirituele brood en water (hoe eenvoudig dié dieet) te kom haal selfs al is dit gratis nie — “Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.” (Jesaja 55:2). Een van die grootste profete van Christelike Spiritualiteit is Thomas Merton wat dit mooi opsom, “By reading the scriptures I am so renewed that all nature seems renewed around me and with me. The sky seems to be a pure, a cooler blue, the trees a deeper green. The whole world is charged with the glory of God and I feel fire and music under my feet.”

ʼn Vriend van my het eenkeer gesê dat hy het die voorreg om elke dag saam met sy grootste ‘Spiritual Guru’ te leef ... sy naam is Bailey, ʼn vierjaaroue miniatuur Schnauzer. ʼn Klein seuntjie het eenkeer gebid, “Here, gee dat almal om my na my sal kyk soos my hond na my kyk!” Dit het tyd geword dat ons op so manier na mekaar sal kyk en die Warriors of Light (soos Paulo Coelho dit beskryf) sal word vir die wêreld waarin ons woon ... die Spiritual Gurus vir ons ewemens.

Die laaste woord behoort aan Marianne Williamson wat op haar jongste BLOG skryf, “No one needs to be reminded today that we are in need of a counterforce to the world's despair. All the hatred and unnecessary suffering that have gripped our planet are a challenge to our species to evolve and grow—to become who we are capable of being, so we can rise up with greater power and behave with greater wisdom. When any of us does this individually, our lives transform. And when we do it collectively, our planet will transform. Love will not just heal your life or mine. Love will heal the world.” Kom ons maak dit eerskomende Sondag ons herinnering en belofte as ons sommer vandag nog begin met 5 minute se stiltetyd êrens op ons eie met ons oë gesluit om te adem met dankbaarheid, erkenning, en waardering!
BOEKGROEP KENNISGEWING: Dr. Rudi Labuschagne sluit dié jaar se boekgroep af en praat oor die boek ‘Change your thoughts. Change your life. Living the Wisdom of Tao’ deur Wayne Dyer. 18h30 Maandag 1 Desember by Leonie van Heerden, 22 Alpha Straat, Brackenfell. Skakel Leonie 082.759.80.86 vir meer inligting.

>>> ACIM Kolping: Ons lees hierdie maand Chapter 11 – GOD OR THE EGO — p193 in die hardeband boek.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting

Gedagte vir die Week:
“Your task is not to seek for love, but merely to seek and find all the barriers within yourself that you have built against it.” – Rumi

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights