23 Junie 2013

Hierdie week se liturgie: 23_junie_2013

Ons het laas Saterdag heerlik gekuier rondom die ontwerp Spiritualiteit vir Kinders – en kon gedagtes ruil oor ons kinders en ons as ouers (en grootouers) se leiding aan kinders om ʼn sinvolle, relevante, deurleefde ervaring met God te hê wat ʼn verskil maak in hul dag tot dag se lewe. Hoop ons kan Saterdag weer volmaak soos laas week.
Hierdie maand gesels ons oor Selfwaarde en Selfrespek  en Spirituele dissipline! Eerskomende Sondag gaan ons kyk na die bekende verhaal van ʼn Moabitiese meisie met die naam Rut ...
Daar word vertel dat toe Benjamin Franklin ambassadeur in Frankryk was, het hy gereeld die Infidels Club in Parys besoek wat bestaan het uit kunstenaars, filosowe en skrywers wat boeke en artikels gelees en bespreek het en met minagting na die Bybel en Christendom gekyk het. Op ʼn keer het Benjamin Franklin gesê dat hy ʼn antieke manuskrip het wat hul konsiderasie werd is. Hulle wou dadelik hoor wat dit is. Hy het die name van die karakters verander en vir hulle die boek Rut gelees. Toe hy klaar is, was hul eenstemmig in hul lofprysing oor dié besondere boek en uitgeroep “dis een van die roerendste verhale wat ons nog gehoor het, jy móét vir ons sê waar jy dit gekry het?” Toe hy sê dit is die boek Rut uit die Bybel, het hulle hom toegesnou en van hom en die verhaal ʼn bespotting gemaak.
Die novelle van Rut (wat beteken: vriendskap, of compassion) is seker een van die mooiste liefdesverhale in die Bybel en word geplaas in die tyd van die Rigters. Die verhaal begin met Elimelek (my God is koning) wat met sy vrou Naomi (my delight) na die landstreek van Moab gaan met hul twee seuns Maglon (beteken: siek) en Kiljon (vermorsing). Wonder hoekom jou seuns sulke name gee ... wat trou met twee Moabitiese meisies – Rut en Orpa (gemsbok). Twee vrae kom dadelik by ʼn mens op: wie was die Moabiete en wat het geword van die wet op gemengde huwelike?
Hongersnood dryf hulle na hierdie landstreek waar Elimelek kort daarna sterf en binne ʼn paar jaar ook die twee seuns. Drie weduwees word agterlaat. Naomi besluit om terug te gaan na haar land en moedig haar twee slavinne aan om terug te gaan na hul mense. Orpa besluit om dit te doen maar Rut beloof haar onwrikbare liefde en onvoorwaardelike lojaliteit aan Naomi.
               Toe sê Naomi: “Kyk, jou skoonsuster het teruggegaan na haar volk en na haar gode toe. Gaan jy nou ook saam met haar terug.” Maar Rut
               het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek
               bly; u volk is my volk; u God is my God; waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê ’n eed af voor die Here: net die dood sal
               ons skei.” (Rut 1:15-17)
In die buitewyke van Betlehem (beteken: huis van brood) kry Naomi toestemming om koringgerwe by ʼn familielid met die naam Boas (ratsheid) op te tel om vir haar en Rut iets te maak om te eet. Boas raak verlief op Rut maar besef dat dit die gebruik maar ook sy plig as familielid was om met Naomi te trou en haar te versorg. Tog loop die verhaal sy pad dat Boas en Rut wel trou en ʼn seuntjie het met die naam Obed (beteken: tot diens), hy was die oupa van Dawid. Dawid se bloedlyn loop met ander woorde direk terug na die Moabitiese stamme.
Die woord wat die ink word waarmee hierdie boek geskryf is, is Hesed (spreek dit uit: gê’sêt) wat liefdevolle getrouheid beteken. Dit is ʼn woord met ʼn ryk betekenis in die Joodse Tradisie asook Mistiek. Vir Naomi was Hesed die liefdevolle trou teenoor haar man en seuns. Vir Rut was dit haar liefde vir Naomi en later Boas en haar seun. Boas word die ‘verlosser’ van twee weduwees en wie se menswaardigheid hy herstel (heel). Vir hom lê die betekenis van Hesed om regverdig en getrou te wees. Hierdie drie karakters sou later die metafoor word vir ʼn volk wat in hul verdwaal en verwildering weer hul pad terug sou vind na die ‘Huis van Brood’ (i.e Betlehem) en vir die Christene, nog veel later, sou die vrugbaarheid van Rut, met koringgerwe in haar hande, geboorte gee aan ʼn nuwe Verlosser uit Betlehem.
·         Wat leer Naomi ons oor waardigheid en sorgsaamheid?
·         Wat leer Rut ons oor selfwaarde en getrouheid?
·         Wat leer Boas ons oor selfrespek en liefdevolle goedheid?

Kom ons weef Sondag ons eie lewensverhaal van spirituele hongersnood in die koringlande van ʼn nuwe geloof, ʼn hernuwing van hoop, en ʼn opnuutgevonde liefhê!
Psalm 139:14 sê in die oorspronklike taal: Ek dank U vir die wonder van myself. Wonderlik is U werke en my siel weet dit goed!”

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
Ruth: You must know that I'm not of your people. Why are you so good to me?
Boaz: I don't see people for who they're not. I see them for who they are.  
― from the TV series: The Book of Ruth – A Journey of Faith (2009)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights