Hierdie week se liturgie: 23_april_2017
Paasfees 2017 het gekom en gegaan, maar die betekenis is nog lank nie verby nie. Trouens, dis my beskeie oortuiging dat die invloed tot aan die einde van ons planeet se bestaan gevier en onthou sal word. Daar is by my geen twyfel dat die skrywer van Johannes Evangelie die hele Jesus-verhaal weef in mistieke, simboliese, en metaforiese taal. Om dit te verstaan, het ons ʼn ander bril nodig. Ons kan nie na die opstandingsverhaal kyk deur die glase van vorm, definisie, en dimensie nie. Gou daarna sal ons verstrik vashaak by ʼn verheerliking van ʼn liggaam (niere, bloedvate, harsings, en vingers) wat nadat dit gesterf het letterlik moet opstaan, opvaar, en weer moet kom terwyl dit geheel en al nie is hoe die Evangelies, en selfs Paulus dit verstaan het nie. Daar is nie plek in een epos om dié stelling volledig te verduidelik nie maar kom ons vat dit saam in ʼn paragraaf of twee sodat ons kan uitkom by die diepere betekenis en invloed van die graf-verhaal wat die essensie en fondasie is van ons Christelike geloof.
Ons tema dié maand is — MEANINGFULNESS en Sondag gaan ons stilstaan by Maria Magdala se besoek aan die graf en oor dié onderwerp gesels — Alles waarna ons verlang, lê aan die anderkant van ons vrees (graf)!
Daar is nie een van ons wat nie weet wat dit is om by ʼn oop graf te staan nie. Niemand word gespaar om koebaai te moet sê vir iemand vir wie jy innig lief was, net om daarna te besef die liefde is nie weg of dood nie. Die waarheid dat al ploeg die verlange en finaliteit van dood wreed deur jou murg en beendere, is dit liefde en nét liefde (nie tyd nie) wat die rouproses verlig en genees.
Om die graf-verhaal in konteks te sien, moet ons begin by Markus, die eerste Evangelie wat geskryf is en nie melding maak dat Maria vir Jesus gesien het na sy dood nie. Hy verwys bloot na die “vroue” wat na die graf gegaan het en ʼn jongman met wit klere gesien het. Die ‘jongman’ word ʼn “engel” in Matteus wat ʼn dekade later geskryf is. Nog ʼn dekade later word die ‘jongman’ in die weergawe van Lukas sommer twee engele. Wat wel konstant in die verhaal tussen die eerste drie Evangelies is, is die feit dat Jesus opgewek is. Hy het, met ander woorde, nie opgestaan nie, maar is opgewek. Dis nie iets wat Jesus gedoen het nie, dis iets wat met hom gebeur het. Of soos Craig Lounsbrough sê — “Easter is a time when God turned the inevitability of death into the invincibility of life.”
Vir Paulus staan die hele opstandingsgebeure in die lig van ʼn geestelike metamorfose en spirituele transformasie. Dit waarna hy verwys as hy sê, “Vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie, die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie. Kyk, ek maak ʼn geheimenis (misterie) aan julle bekend: ons sal nie almal slaap nie, maar sal almal verander word, in ʼn oomblik, in the twinkling of an eye, by die laaste trompet se geluid sal die dooies opgewek word, onverganklik, en ons sal verander word.” (1 Korintiërs 15:50-53) Die woord wat met ‘verander’ vertaal word, beteken letterlik in Grieks: transformeer. Daar is nog baie voorbeelde wat genoem kan word waar Paulus dié begrip toelig en dit onderstreep dat IN Christus bestaan dood nie. Nie Paulus of apostels praat van die reaktivering van breinfunksie, resussitasie van die hart, en restourasie van selle nie. Wie Jesus se ‘opwekking’ nog deur hierdie fisies/letterlike bril interpreteer, verwar die spirituele met die materiële.
Kom ons staan vir ʼn oomblik stil by die graf-toneel waar ons ʼn vrou ontmoet met die naam Maria Magdalena (Magdala). Ons weet dit was nie die moeder van Jesus nie want Johannes noem nêrens in sy evangelie die moeder van Jesus se naam nie. Hierdie Maria is die een wat in die vorige hoofstuk van Johannes “by die voet van die kruis staan.” Markus stel haar voor as die een wat “van vêr gestaan en kyk het na die gebeure” en as jy verder lees, word vertel dat sy die een is “uit wie sewe bose geeste gedryf is” en soos ons vandag weet, was enige iemand wat ʼn onverklaarbare siekte (fisies en psigies) gehad het, van die duiwel besete — byvoorbeeld: epilepsie, beroerte, hemofilie, depressie, ensovoorts. Dit sou eeue later, verskeie pouse wees wat Maria Magdala tot vrou van die straat (prostituut) sou verneder uit vrees dat iets meer in haar ‘vriendskap’ én ‘dissipelskap’ gelees word. Sommige Bybelkenners meen dat hierdie Maria Magdala die vrou met die handdoekhare was wat Jesus se voete gewas en sy liggaam gesalf het. Nie Markus of Matteus noem haar naam nie maar Jesus sê wel, “Waar die evangelie ook al verkondig word in die ganse wêreld, sal wat sy gedoen het, vertel en onthou word.”
Johannes vertel die verhaal van twee susters van Betanië, Maria en Marta, wat ʼn ete by hul huis gehou het nadat hul broer Lasarus “uit die dood opgewek is” — sou dit kon wees dat hierdie Maria en Maria Magdala dieselfde persoon is? Indien wel, sinspeel dit op ʼn innige verhouding as sy sy voete was en sy liggaam salf en met haar hare afdroog. Hierdie hipotese sou die inspirasie wees van die rock opera ‘Jesus Christ Superstar’ as sy sing, “I don’t know how to love him”asook Kazantzakis se boek ‘The Last Temptation of Christ’ en wat Dan Brown miskien ʼn myl of ligjaar te ver gevat het in sy boek Da Vinci Code.
Waaroor gaan dit hier? Jesus is gekruisig. Hy is dood. Hy is begrawe. Maria Magdala kom om te ween. Die graf simboliseer haar gefragmenteerde drome. Die grafsteen is gerol voor dit wat Jesus beteken en waarvoor hy gestaan het. Vir haar is die graf ʼn teken dat sy liefde is beperk, sy lig is begrens, sy lewe is verganklik, sy invloed is verby. Haar hoop is dood. Tot haar skok en verbasing, vind sy die graf leeg. In die Joodse tradisie is die plek waar iemand begrawe is, gereserveer tot slegs familie. Wie was hierdie vrou wat (volgens Johannes) die enigste een is wat opdaag by sy graf ...?
MÁÁR — die leë graf word ʼn poort na die omvang van wat Lewe beteken en daarom, met trane, probeer sy aan die ‘vreemdeling’ verduidelik dat die liggaam was haar bewys van Liefde. Wanneer Jesus haar naam noem, breek die Ligdeur die kraak en verlig die finaliteit al sou haar mistieke insig nog sukkel om dit te assimileer en te integreer. Sy stem, sy kalm teenwoordigheid, sy gerusstellende versekering en haar intiem persoonlike aanspreekvorm as sy na hom verwys as “Rabboenie” as Johannes probeer sê: sy sien hom nie met fisiese oë nie; sy raak nie aan hom met hande nie; sy (h)erken dat geen graf kan die lewe van Jesus beperk of beëindig nie en dat geen klip gerol kan word tussen hom en hulle wat ʼn ‘nuwe lewe’ gevind het in en deur hom nie.
Sy neem die stap na ʼn nuwe dimensie van vereenselwiging met Jesus wat nou verstaan wat dit beteken om soos ʼn loot een te wees met die wingerdstok; om die water en brood van die lewe te proe en dat geen kruis of graf ons ooit van God kan skei nie. Dit gaan oor ʼn profound innerlike ervaring. As die kruis die immanensie (inwonende teenwoordigheid) demonstreer, dan is die (leë) graf die transendensie — dit wat verby die limiete van liggaam en verstand lê. Die boodskap van Maria Magdala by die graf is die volgende: Hou op vashou aan wat was en gaan op reis met dit wat kan wees! — Everything in the whole universe is resurrection! We need to know that our limits do not define our limitations.
In 1896 is boekrolle op papirus ontdek in Egipte wat later genoem sou word: Die Evangelie van Maria Magdala. Hierdie roerende mooi stuk poësie sou deel uitmaak van drie boeke waarvan die ander twee — Die Apokrief van Johannes, en Die Wysheid (Sophia) van Jesus Christus is. Op die agtste bladsy van dié Evangelie staan geskryf — “Attachment tomatter gives rise to passion against nature. Thus anxiety arises in the whole body; this is why I tell you: ‘Be in harmony...’ If you are out of balance, take inspiration from manifestations of your true nature. Those who have ears, let them hear.” After saying this, the Blessed One greeted them all, saying: “Peace be with you — may my Peace arise and be fulfilled within you! Be vigilant, and allow no one to mislead you by saying: ‘Here it is!’ or ‘There it is!’ For it is within you that the Son of Man dwells. Go to him, for those who seek him, find him. Walk forth, and announce the gospel of the Kingdom.”
Dit lyk vir my ons het Sondag meer as genoeg om oor te gesels as ons BETEKENIS vind in die boodskap van die leë graf: Alles waarna ons verlang, lê aan die anderkant van ons vrees!
ACIM — Stad 24 April 19h30; Kolping 20 April 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Jesus's resurrection is the beginning of God's new project not to snatch people away from earth to heaven but to colonize earth with the life of heaven.” ― N.T. Wright, ‘Surprised by Hope’