Hierdie week se liturgie: 22_september_2013
Drie jaar gelede, op die aand van 17 September 2010, het my hart gaan staan en na ʼn nag van angs en bitter baie pyn is ek die vroeë oggendure van 18 September in die teater gestoot vir ʼn noodoperasie met die vertroue dat die dood omlyn kon word met nuwe are. Op die dag en datum ʼn jaar later is Neo-Spektrum gebore met die vertoue om geboorte te gee aan ʼn tuin waar bome en blomme vir ons ʼn aanbiddingsplek sou bied om welig te groei met die vrugte van ʼn groter, dieper verstaan van ons verhouding met die Een wat nie net lewe skep nie maar vir ons Lewe is! Twee jaar later sê ons dankie vir elkeen wat ʼn tuiste gevind het in ons tuin. [Lees meer hieroor in ons Nuusblad]
Ons tema hierdie maand is: THE POWER OF INTENTION! ‘Intensie’ kan op verskeie maniere verstaan word — vir sommige is dit die gedagte voor elke gedagte wat vra “hoekom doen ek dit ...” en vir ander is dit die motivering van “daarom doen ek dit ...” om sodoende ons gedagtes te fokus op ʼn groter doel ... waarvan die doel seker altyd is om gelukkig te wees! Die resep om gelukkig te wees het verskeie bestanddele, en eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by een van hulle naamlik VERTROUE.
A Course in Miracles sê dat “happiness is a choice!” Maak nie saak in watter fase van jou lewe jy jouself bevind nie, of dit ʼn winter van koue dae en snerpende nagte is; of die herfs van verlies en verandering; of ʼn somer van skroeiende dae; of miskien die verlange na lente — maak nie wat jou seisoen is nie, die stem van God is altyd in jou gedagtes; Sy fluistering is altyd in jou hart; God is nooit weg nie ... nooit vêr nie! Maar om een of ander rede het die mens meer vertroue in vrees as in liefhê. Meer vertroue dat dinge skeef sal loop as wat ons glo dat ons ʼn keuse het om met liefde geboorte te gee aan ʼn groter bewussyn, ʼn dieper besef dat vertroue ʼn potensiaal en bereidwilligheid kweek om anders na ons omstandighede te kyk en anders te reageer. Dis geen nuwe waarheid, dit is net ʼn waarheid waarna ons nie meer luister nie.
The soul would have no rainbow if the eyes had no tears (INDIAN PROVERB) Dikwels maak ons trane dat ons ons vertroue verloor op wat regtig belangrik is, wat regtig saak maak, en dat reënboë gebore word waar son en reën mekaar raakloop. Vertroue is ʼn reënboog! Om op te gee op vertroue net omdat ons soms seerkry, teleurgesteld word, nie ons sin kry nie, is om te sê dat reënboë bestaan nie. As ons net kan stil word (stiltetyd) en sien dat hierdie planeet is die tuin van ons hemelse tuin. Om dit te waardeer, én te vertrou, vra dat ons meer gereeld sal onttrek van ons daaglikse roetine; stilte sal opsoek sodat ons God in die spasies tussen ons woorde en gedagtes kan vind. Ons kan God nie vind in die rumoer en rusteloosheid van elke dag se gejaag nie nog minder in die vrees van wantroue. God is 'n vriend van stilte — kyk hoe groei die gras en blomme, bome en kinders ... dit groei in stilte. Kyk hoe beweeg die aarde, die son, die maan en planete - dit beweeg in stilte. Soos enige ander spirituele waarheid vra dit verantwoordelikheid en dissipline!
Ongelukkig is die enigste oefening wat sommiges kry — jumping to conclusions; running down dreams; side-stepping responsibility; and ... pushing our luck! En dan vra ons wat het van ‘vertroue’ geword? Die Talmud sê: “Tell me to what you pay attention and I will tell you who you are” Vertroue is veel meer as die bullets (sic) waarmee ons lysies maak van alles en almal wat ons vertroue versaak, verneder, verwerp, of verneuk het. Vertroue is ʼn refleksie van die ‘krag van intensie’ wat sê — ek neem verantwoordelikheid vir my happiness en my vertroue hang nie af van ander se aksies en reaksies nie. Maak dit steeds seer as iemand ʼn wond slaan in ons vertroue? Natuurlik, maar ons reageer anders!
“Everybody can be great because anybody can serve. You don't have to have a college degree to serve. You don't have to make your subject and verb agree to serve. You don't have to know about Plato and Aristotle or Einstein's Theory of Relativity, to serve. You only need a heart full of grace a soul generated by love.” (Martin Luther King, Jr) Dit is dié soort vertroue wat ons Sondag gaan verken.
Met ʼn glimlag en ʼn knipoog vertrou ek dat almal Sondag deel sal wees van ons wysheidsirkel. Bring iemand nuut saam en stel hom/haar voor aan die tuin van Neo-Spektrum. Vir ʼn uur word dit ʼn hawe in storms; ʼn skaduwee onder koeltebome van rustigheid; ʼn oord van onthou wat die eindelose potensiaal van moontlikheid is soos ons dit ontvang het van die een wat gesê het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” (Matteus 11:28-30)
== ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Five: From asking God to change the world to praying that He change us!
· Gaan loer in die Nuusblad na alles wat aangebied word by Neo-Spektrum die volgende maand.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
If you count your BLESSINGS, you always show a profit — Robert Quillen