So baie het gebeur die afgelope week. Op ʼn vreemde manier het die gebeure in Beirut, Bagdad, en Parys ons diep geraak. Die mensdom se wonde, is ons wonde. Die slagoffers van geweld se vrae, is ons vrae — “Waarom word die vuur wat louter, gebruik om te verteer? Waarom word die vlam wat verlig, gebruik om te verbrand?”
Refrein die woorde van Sting se lied weer, en weer, deur my kop, “Nothing comes from violence and nothing ever could. For all those born beneath an angry star lest we forget how fragile we are ... On and on the rain will fall like tears from a star like tears from a star. On and on the rain will say how fragile we are how fragile we are.” Elkeen van ons het ʼn vlam aan die binnekant wat die bewaker is van ons lewenskrag. Elke keuse wat ons maak, sal óf bydra tot hierdie krag en dit sterker maak, óf dit verminder en verklein wat ons roof van ons emosionele moed en spirituele vermoë. Waar ons vlam hoog en sterk brand, voel ons sterk en selfverseker en is daar helderheid om te kan onderskei tussen goed en kwaad en nugterheid om die regte keuses te maak. Wanneer ons vlam laag brand, voel ons broos, teer en swak en leef ons in vrees wat gedryf word deur bekommernis, spanning, en twyfel.
Dit ís so dat ons nie net bewakers is van ons eie lig nie maar ook instandhouers is van mekaar se lig. Te veel mense reis van vuurerd tot kampvuur, altyd op soek na iemand anders se vuur om hul te verwarm sonder om ooit ʼn stomp op die vuur te sit. Miskien omdat ons te maklik vergeet om na ons eie vuur om te sien sodat ons ons eie vlam kan deel met die vuur van ʼn ander. In die maand waarin ons gesels oor — LIVING THE ANSWERS — staan ons eerskomende Sondag stil by voorbeelde van keuses wat ons maak wat ons vlam demp en verdof asook voorbeelde van keuses wat ons vlam versterk en verhelder.
Dinge wat ons lig uitdoof — oorsensitief vir mense se teregwysing en raad; ken nie die verskil tussen verpligting en verantwoordelikheid nie; trying to be nice and get approval in order to feel self-worth; verleer om te kommunikeer; alewig onsself vergelyk met ander mense; people-pleasers; oordeel en veroordeel jouself en ander; vergeet om dankie te sê; te veel in die kop en te min in die hart; geen tyd vir jouself om jou Self te koester; fokus op ander om jou gelukkig te maak; leef in vrees; giving away your power; spandeer te veel en spaar te min; having no boundaries; bang vir stilte en om op jou eie te wees; gee ten koste van jouself; little or no spiritual consciousness, awareness, and presence.
Keuses wat ons vuur helder laat brand — C.A.R.E. (commitment, attitude, responsibility, enthusiasm); more compassion and less self-interest; besluite wat ons neem van waar ons graag wil wees; maak tyd vir stiltyd en om blomme van liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid en seëninge te kultiveer in jou bedding; let op wat jy het en bereik het, en sê “DANKIE!”; raak betrokke in die nood van ander mense en nie net met jou beursie nie; hou by jou woord; waardeer jouself en onthou die drie-eenheid van goeie verhoudinge – thankfulness, appreciation, gratitude; omring jouself met mense wat dieselfde waardes het; wees ʼn goeie man vir jou vrou en beter pa vir jou kind (en visa versa); luister meer om te hoor en kyk om te sien; learn to receive gracefully; spend time with your soul.
Vra jouself, “Hoe sterk is my interne vuur? Can I light up the sky? Am I a warrior of light?” Ons almal ken die dae van vertwyfeling of ons enigsins nog ʼn vlam aan die binnekant het. Vir te veel, te lank, het ons toegelaat dat die winde van onsekerheid ons vuur óf blus óf die kole in die tuin waai en ons skadubome tot houtskool verbrand. Dit het tyd geword om weer die ou waarhede te onthou wat in ons knapsak gepak is vir ons lewensreis — “Laat julle lig skyn voor ander sodat hulle jul goeie werke kan sien en eer kan bring aan die Vader” (Matt 5:16); “Julle is geroep uit die duisternis na die wonderbare lig” (1 Petrus 2:9); “Vroeër was jul in duisternis maar nou is julle die lig in die Here – leef as kinders van die lig” (Efesiërs 5:8); “If we walk in light as he himself is in light, we have fellowship with one another” (1 Johannes 1:7); “Let us lay aside the deeds of darkness an put on the armour of light” (Romeine 13:11) — luister weer na die Heilige Herinnering waar ons vandaan kom, waar ons inspirasie lê, en wat ons opdrag is — “En God het gesê, ‘laat daar lig wees’ en daar was lig” (Gen 1:3) — “Ek is die lig van die wêreld. Wie in my volg, wandel nie meer in die duisternis nie maar sal die lig van lewe hê” (Joh 8:12) — “JULLE is die lig vir wêreld” (Matt 5:14)
Paulo Coelho het ʼn wonderlike (moet lees) boek geskryf met die einste titel, WARRIOR OF LIGHT met een of twee kwotasies wat die moeite werd is om te onderstreep …“Just as your hand has the power to hide the sun, mediocrity has the power to hide your inner light. Do not blame others for your own incompetence.”; “Warriors of light are not perfect. Their beauty lies in accepting this fact and still desiring to grow and to learn.” … en ““The Warrior of the Light is a believer. Because he believes in miracles, miracles begin to happen. Because he is sure that his thoughts can change his life, his life begins to change. Because he is certain that he will find love, love appears.”
Daar is ʼn Tibettaanse spreuk wat sê, “Die grootste sonde is om in ʼn geut te leef” — wanneer ons settle vir die verskoning dat dit nou maar eenmaal my lewe is en ek het nie ʼn keuse wie ek is, wat my roeping (taak) is, en hoe ek my bestemming gaan bereik nie. Êrens het ons ons vliegtuig op autopilot gesit. In ʼn soort van ʼn trance vlieg ons maar die toekoms te gemoed. Ons sug oor die bomme en geweld in die wêreld en trek ons skouers op met ʼn verskoning, “It’s not my movie and there is nothing I can do about it!” — I call it the ‘trance of denial’ — minwetende dat om niks te doen, is ook ʼn keuse ... “I’ve been through all this before,’ he says to his heart. “‘Yes, you have been through all this before,’ replies his heart. ‘But you have never been beyond it.” (Paulo Coelho, Warrior of the Light)
Kom ons verken Sondag ʼn paar antwoorde wat die siklus sal breek — waar ons onsself bevraagteken en minderwaardig beskou, in plaas daarvan om bewustelik te kyk na dit wat ons ervaar as ʼn probleem en dan ʼn keuse maak om dit na die lig te bring.
ACIM: Kolping: 26 November @ 19h00. Stad: 30 November 19h30 — ONS JAARLIKSE AFSLUITING en ter afsluiting lees Chapter 6: The Lessons of Love — II. The Alternative to Projection — P96 Hardeband Boek
Besoek ons webblad www.neo-spektrum.com waar jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder TEMA ARGIEF. Daar is ook ʼn kaart hoe om by ons uit te kom 10h00 Sondae by Kolping Sentrum, Biccard Straat, Durbanville.
Gedagte vir die Week:
“Behind the mask of ice that people wear, there beats a heart of fire.” ― Paulo Coelho, Warrior of the Light