21 Junie 2015

Wanneer dit so koud en nat is en die Kaapse stormweer kletter teen my ruite, gaan my hart uit na ons mense op die Kaapse vlakte ... na elkeen wat vandag en elke aand in ʼn sinkdak huis probeer om hitte te skep met ʼn vuur en die min wat hulle het probeer beskerm teen die nat koue. Jy kan ʼn verskil maak deur vir ons Sondag warmgoed te bring as deel van ons WOW-projek (Warm Another’s Winter) en ons sal dit by die regte plek besorg. Ons gebede, “Dink aan hulle wat minderbevoorreg is ...” word tog beantwoord deur óns hande en oop harte!

Vir baie van ons, is geloof steeds iets abstrak. Iets waaroor mense kopkrap as jy hulle vra wat hulle ‘glo’ en waarom hulle glo wat hul glo? Ons wil tog eerder realisties wees en pragmaties na ons omstandighede kyk en solank goed sin maak, voel ons geloof veilig. Om te praat oor ʼn BELYDENIS VAN GELOOF in 2015 is so niekonkreet, nierealisties omdat ons glo dat ‘belydenis’ in die lig staan van bieg en boetedoening ... terwyl ons BELYDENIS die inhoud vorm van ons GETUIENIS wat ʼn bevestigende verklaring is van iets wat ons van oortuig is en self ervaar. Vir my persoonlik staan belydenis (bekentenis) altyd in die lig van OORTUIGING, en oortuiging is altyd ʼn refleksie (getuienis) van geloof, hoop, en liefhê.

Wat is geloof? Geloof is nie om te glo sonder om te sien of te weet nie, geloof is ons aangetrokkenheid tot die Goddelike wat ons ervaar in die passie en intimiteit van God se liefde. Geloof is die energie wat ons uit die nes van persepsies en projeksies stoot sodat ons kan leer vlieg. Geloof gee konteks en konteks gee perspektief. Geloof herinner ons dat ons deel is van ʼn groter geheel, geloof maak ons heel ... geloof maak my minder plat!

Wat is hoop? Soos al dikwels gesê, hoop is nie dat ek my sin sal kry nie, hoop is dat ek okay sal wees selfs al werk dinge nie uit nie. Hoop is die venster wat vir ons uitsig (waarheid) en insig (wysheid) gee. Hoop is die wysheid wat vir ons ʼn onderskeidingsvermoë leer om die regte besluite te neem en te kan onderskei tussen reg en verkeerd.

Wat is liefde? “Love means to commit oneself without guarantee, to give oneself completely in the hope that our love will produce love in the loved person. Love is an act of faith, and whoever is of little faith is also of little love.” (Erich Fromm) Love is — living life beautifully. In Holland sien ek eenmaal ʼn plakkaat wat sê, Het maak niet uit wat je meemaakt, maar hoe je ermee omgaat! [Dit gaan nie oor wat gebeur nie maar hoe jy daarop reageer] En dít is wat ʼn Belydenis van Geloof vir my beteken — hoe ek omgaan met die lewe, hoe ek reageer op die goed wat gebeur, hoop in ʼn groter perspektief, ʼn liefde wat gepaardgaan met aanbidding en eerbied, aanvaarding en dankbaarheid.

In Lukas 18:35-43 word die verhaal vertel van ʼn blind man wat langs die pad sit en bedel. Markus 10:46 gee hom ʼn naam, Bartimeus. ʼn Groot skare mense kom by hom verbygestap en hy roep na Jesus. Die mense probeer hom stilmaak maar hy roep net nog harder. Jesus gaan staan dan stil en vra vir hom, “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” waarop hy antwoord, “Rabboenie, (ʼn titel van eer) ek wil sien!” Jesus sê vir hom, “Goed, jy kan sien! Die geloof van jou het jou gered.” As ek die storie moes skryf, sou ek bygevoeg het dat Jesus toe omgedraai en vir die skare gesê het, “You SEE, beggars CAN be choosers!”

Om dié verhaal net te wil lees as ʼn ‘supernatural miracle’ of Jesus as ʼn soort ‘magician’, die man in wie net geglo kan word omdat hy ʼn soort magiese towerkrag het, is om dié verhaal se inhoud en betekenis in sy totaliteit mis te lees. Hierdie ‘teken’ (sign) gaan ten diepste oor ons spirituele blindheid — blind vir die verhouding, betekenis en ervaring van God in my lewe, blind vir die verhouding, betekenis en ervaring wat ek het met myself, en blind vir die wêreld om my en vir almal wat medereisigers saam met ons op pad is. Maar dit gaan ook oor ons spirituele armoede — hoe ons dikwels bedel vir aanvaarding, bedel vir beter omstandighede, bedel om van geweet te wees, bedel vir erkenning, bedel vir omstandighede wat ons spanning en bang sal verlig, bedel vir die liefde van ander omdat ons om de dood nie onsself kan liefhê nie.

Jesus SIEN dat hierdie man die grootste en belangrikste spirituele aspek van menswees verstaan, want — as jy nie SIEN nie, bly jou verhouding met God ʼn intellektuele geloof ... ʼn ‘nood leer bid’ spiritualiteit, want SIEN, geloof maak dat jy sien wat jy glo. Wat SIEN ʼn mens? Ons sien dat God se liefde (grace of God) nie afhang van my geloof nie, my geloof maak net dat ek die liefde van God sien, ervaar, reflekteer, en manifesteer. Geloof maak alles moontlik en liefde maak dit maklik! Geloof maak jou minder plat.

This is my Confession of Faith, this is my manifesto of hope, this is my declaration of love — yes, yes, I can stand the heat in the kitchen of my soul.

Nee, dit is nie altyd maklik nie maar dit het sy breath-taking moments! Die blinde man wat uitroep langs die pad word ʼn metafoor vir elkeen van ons wat vergeet het om te onthou — geloof (soos hoop, soos liefde) is ʼn keuse, dit is ʼn commitment wat sê: jou vermoë om ʼn commitment te hou is wat ʼn commitment ʼn commitment maak ... geloof is ʼn anker as die lewensstorms jou ruk en pluk, ʼn BELYDENIS VAN GELOOF is die fondasie waarsonder geen enkele verhouding sin maak nie. Dit is die enkel grootste geskenk wat my verhouding met my kind my geleer het — om met my hart buite my lyf te leef, dat liefde onvoorwaardelik is, dat hoop soos ʼn rivierstroom altyd weer sy pad vind na die Oseaan, dat my onwrikbare geloof (deep knowing) nie afhang van omstandighede en altyd getrou is nieteenstaande, desondanks, ten spyte van ...

Niemand is so blind soos die een wat nie WIL sien nie. Bartimeus was een blinde bedelaar wat gesê het: ek gaan nie gekloon raak met die massas wat eerder GESIEN wil word as om self te SIEN nie! Dink aan die son — 152 miljoen kilometer vanaf ons planeet ... waarvan die gravitasie so sterk is dat dit al ons planete in hul wentelbane hou en terwyl die son besig is om dit te doen, voel ek en jy sy hitte op ons wang, smelt dit die sneeu op die berge in die Oos-Kaap, maak ʼn vrou water warm op haar dak in Indië, sien iemand die son opkom oor Rio de Janeiro, kyk ʼn man oor die see na die son wat ondergaan om die eilande van New Zeeland. Dieselfde son ... daardie son waarvan ons nie eers bewus is nie maar alles sien omdat die son daar is.

Kom ons gesels Sondag oor die inhoud en betekenis van ons geloof wat uitroep, “Ek wil sien!” en ons verken die diepere betekenis van ʼn geloof wat berge skuif. Kom ons gee ons BELYDENIS VAN GELOOF inhoud en betekenis want geloof, geloof maak ons minder plat.

ACIM: Kolping — 25 Junie 19h00. Stad 22 Junie 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World — Section IX ‘The Cloud of Guilt’ en Section X ‘Release from Guilt’

Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts

Gedagte vir die Week:
“We are not here to do, but to become.” ― Marianne Williamson. 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights