Hierdie week se liturgie: 21_julie_2013
eerstens ʼn groot dankie vir elkeen se bydrae tot ʼn onvergeetlike verjaarsdag ... dit was letterlik vyf dae se bederf en al die goeie wense is in my knapsak vir my reis vorentoe!
Ons begin weer eerskomende Donderdagaand 7pm by Kolping met ACIM en ons gaan hierdie blok Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” lees maar ook steeds uit ons ACIM boek. The Gift of Change is ʼn beautiful opsomming van die belangrikste beginsels van ACIM met baie praktiese voorbeelde. Dit is ʼn boek wat jy met groot vrymoedigheid kan aanskaf. Volgende week sal ons weer met die kleiner groepe Maandae en Woensdae afskop, maar ek wil graag ALMAL nooi na eerskomende Donderdagaand se byeenkoms.
Ons gesels hierdie maand oor die TIEN GEBOOIE van Eksodus 20 en staan eerskomende Sondag stil by die tweede helfte --
vi. Nie doodmaak nie
vii. Nie owerspel nie
viii. Nie steel nie
ix. Nie lieg nie
x. Nie begeer nie
Een van die paradokse van die gedeelte lê in die vertaling van die woord ka’naa wat vertaal word met jaloers maar eerder ywerig en onverdeelde trou beteken. Verseker kan God nie jaloers wees nie want God het nie ʼn ego nie; niks kan vir God ʼn bedreiging wees nie want God is alles en self nog meer; en beslis is daar geen verwydering (separation) in God nie. Chuck Spezzano beskryf jaloesie as volg in sy boek If it hurts it isn’t love — Jaloesie is woede op jouself. Jaloesie is een van die slegste gevoelens wat ons kan beleef want ons koppel ons geluk aan die optrede van ʼn ander persoon. Jaloesie is ʼn kombinasie van behoeftes en verwagtinge op mekaar; die gevoel dat ons iets gaan verloor; emosies van verwerping; nie waardig is nie; en woede wat vir ons pyn bring. Jaloesie is emosionele afpersing want ons probeer die ander persoon beheer deur slegte emosies, of hulle weet wat ons voel of nie. Deur nie langer my emosies op iemand anders te forseer nie, maak ons onsself los van jaloesie. As ons die emosie van jaloesie laat gaan en die ander persoon toelaat om te ervaar en te voel wat h/sy wil, kom ons vry van hierdie kanker. Hou op kompeteer met ʼn ander persoon en breek vry uit die idee dat jy iets kan verloor want as jy dink jy kan iets verloor, het jy dit reeds verloor. Dit beteken nie jy gooi die persoon weg nie, dit beteken jy laat gaan jou verknogtheid aan die situasie soos JY dink dit moet wees. Gou daarna sal die aantreklikheid wat daar was, sy pad terugvind na jou hart.
Al vyf het te doen met die afbrekende emosie (reaksie) van jaloesie. Ons almal ken die obsessie van hierdie groen monster! Die hartseerste van alles is hoe hierdie vyf soms subtiel maar meestal blatant aan ons gevoer word en ons hou aan eet asof niks anders ons kan versadig nie. Alles gaan oor propaganda en propaganda floreer of perception and deception! Blaai jy deur ʼn tydskrif of koerant, sit jy die TV aan of gaan kyk ʼn film, word ons oordonder met moord, goedkoop seks, diefstal, leuens en verskeurende afguns. En dan wonder ons waar het die mens homself verloor (of is dit vermoor?). Dit dwing ons tot die vraag wat dit gaan kos om weer balans en harmonie te vind?
vi. Nie doodmaak nie
vii. Nie owerspel nie
viii. Nie steel nie
ix. Nie lieg nie
x. Nie begeer nie
As die eerste vyf alles te doen het met ons verhouding met God, het die laaste vyf alles te doen met ons verhouding met ons ewemens. Al tien het alles te doen met ons verhouding met onsself. Daarom som Jesus dit op deur te sê: as jy die Here jou God liefhet met jou hele hart, jou hele verstand, jou hele wese, is dit onnodig om eers te praat oor die naam van God, of oor die Sabbat want dit sal spontaan daaruit vloei ... en as jy jou naaste liefhet soos jouself hoef ons nie eers ʼn gesprek te hê oor moord, roof, bedrog, verneuk, verneder of verwerp nie want ook dít sal spontaan vloei vanuit die Goue Reël.
Kom ons maak Sondag ons kapel vol vir ʼn Spirituele EKG om met vingers op ons pols onsself weer opnuut toe te wy aan ʼn verhouding met onsself wat helend is.
... ons bywoning die laaste paar maande is wonderlik — daarvoor sê ek dankie — kom ons vul elke stoel en trap met oorgawe, oorloop, oorvloed, oorgenoeg!
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. (Hebreërs 13:2)