21 Desember 2014

Hierdie week se liturgie: 21_desember_2014

Ons het ons EMMER-projek in Desember. Jy kan elke Sondag vir ons ʼn emmer, boks, sak vol benodighede bring wat ons versprei na HUIS JABES (http://www.sostrust.co.za/ — a safe haven for abused women and children) asook na MES-aksie (Metro Evangeliese Sorg) in Bellville (http://www.mes.org.za/mes-cape-town-0). Ons het besluit om ook laasgenoemde te ondersteun met ons Kersdag en laaste Sondag in die maand se bokse en emmers. Ondersteun dit asseblief met ʼn oop en vrygewige hart!

Ons gesels hierdie maand oor GESKENKE VIR KERSFEES en eerskomende Sondag praat ons oor Christmas is about Christ’ — as ons dít vergeet, het ons ʼn Kersfees sonder ʼn kers. Ek staan Maandag by die ontvangs van ʼn saal in ʼn hospitaal. ʼn Klein kersfeesboompie staan op die toonbank met pakkies toegedraai onder dit. Vriendelik vra ek die suster vir wie die geskenkies is waarop sy sê, “It is only for the show ...” Die laaste paar dae lui haar woorde oor en oor in my gedagte, “It is only for the show ...” en daar is so hartseer klop aan my hart wat haar woorde in my gedagtes lui: we love Christmas but not Christ — net soos ons van sjokolade Paashase hou maar nie van kruise nie — net soos om vir iemand wat siek is te sê “ek sal vir jou bid” maar nie doen nie — of vir ons kind met poele trane in die oë wie se hondjie dood is te sê dat hy nou in die hemel is met geen idee wat en waar ‘hemel’ is nie — net soos om vir iemand wat sy/haar werk verloor het te sê dat God nie vir ons meer sal gee om te dra as wat ons kan nie ... because all these gestures and words are ‘only for the show!’ Ons het geen idee wie God is en wat ons in elke asemteug ontvang nie want wanneer was die laaste keer wat jy met iemand OOR God gepraat het vanuit jou hart, wat nog te sê MET God vanuit die diepte van jou siel?

Binnekort sal die eerste SMSe en WhatsApps op ons reën met “Geseënde Kersfees!” gevolg deur ʼn sentimentele boodskap wat ons êrens anders geleen het en dit vat nie lank voor ons presies dieselfde bewoording van verskillende nommers ontvang nie. Ons sal sê, “Geseënde Kersfees” met geen verwysing na Christus nie en wanneer dit wel is, is dit so buite konteks. Daarom my pleidooi hierdie Kersfees — kom ons gee ons Self terug aan die inhoud en ware betekenis van Kersfees en dan onthou ons ...

·         Kersfees is ʼn tyd vir vernuwing en verandering – laat ons ons harte oopmaak voor ons ons geskenke oopmaak. Mens onthou gewoonlik nie               die geskenke nie maar ons onthou hoe die een wat dit gegee het se liefde ons laat voel het.

·         Kersfees is ʼn tyd vir restourasie en rehabilitering – embrace the true essence of Christmas by embracing the gift and essence of LIFE, itself!

·         Kersfees is ʼn tyd vir vreugde en vrede – honour your joy and celebrate the splendour, desire, and delight of God! ... en HOE sal ons dit doen?

                                                                   “Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. 
                                               Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.” (Spreuke 11:25)
Die hoofbestanddeel van Kersfees is Christus en voor jy sug en ophou lees, dink hieroor – waarvoor staan Kersfees                                                                                                                         as dit gaan oor die leer en lewe van Jesus?

·         Liefde vir mekaar. Vergiffenis van iemand wat jy voel dit nie verdien nie. ʼn Gebaar van welwillendheid en vriendelikheid teenoor ʼn vreemdeling.              Die liefde van mededeelsaamheid. Tyd vir/met mekaar.

·         Verwondering en aanbidding (reverence) vir die LEWE wat in en deur ons vloei en nie van ons is nie. ʼn Hart wat liggies die liggies in ander harte
aansteek en erbarming (compassion) teenoor hulle wat dit vergeet het.

·         Gee van jouself met minder ego-denke en meer siel-denke. Spandeer meer tyd op jou knieë waar ons dankie sê met waardering vir die ‘geskenk
van lewe’ wat ons elke oomblik van elke dag ontvang.

Christmas is about Christ and Christ is all about your joy and happiness — soos ons plek maak vir ons kersfeesboom en ons leefarea dekoreer met liggies, kom ons maak seker dat ons ook ons gedagtes en hart herrangskik en plek maak vir die een wat vir ons die gesig van God kom wys het want Kersfees gaan nie oor wat verbruikersvriendelik is of winskopies en ʼn uitverkoping nie. Hoe langer ons dit wil versier met ʼn tweedehandse spiritualiteit hoe langer vergeet ons dat eenmaal per jaar vier ons die koms van Jesus wat elke dag kom en weer kom in elke gebaar van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Kersfees is die fluistering van GELOOF en ʼn versugting van HOOP op die lippe van LIEFDE — laat hierdie Kersfees nuwe herinneringe maak van wat ons doel en betekenis is in en deur die Fees van die Lig wat na die wêreld toe gekom het. Wat gesê het dat ek en jy moet die lig vir die wêreld wees — vir elkeen wat alleen is, vir elkeen wat hierdie jaar vir ʼn geliefde moes koebaai sê, vir elkeen wat die stilte van eensaamheid ken maar ook saam met elkeen wat die vrugte van die Gees in oorvloed gepluk het.

Ons gaan eerskomende Sondag gesels oor die mees ingrypende geskenk wat Kersfees beteken omdat ons lewe te dikwels ʼn mars in plaas van ʼn dans is — kom ons dans die dans van die lewe, swierig, op die punte van ons tone, kop agteroor, harte wat sing – “In Christ I will become the greatest gift to the world around me!” want Kersfees is ʼn tyd om te luister na ʼn drie-jarige wat die lewe vir jou verduidelik; dit is ʼn drukkie van ʼn geliefde wat jou onder jou arms optel en in die rondte swaai; die oomblikke waarin ons glase lig en mekaar in die oë kyk en sê “GESONDHEID!” want Kersfees is ʼn tyd om weer deur die sproeiers te hardloop en uitbundig te lag as iemand jou speels kielie en cuddle. Kersfees is sandkastele en ʼn vlieër in die Suid-Oos. ʼn Tyd om ʼn vreemdeling in ʼn hysbak te groet en vrugtekoek te los by jou naaste polisiestasie met ʼn kaartjie wat sê, “Ons waardeer wat julle vir ons doen!” sodat Kersfees ʼn tyd sal wees om die groot ‘Shalom’ te word.  Dít, dit is wat en wie Jesus Christus vir my geword het! 

Besoek on op Facebook  https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651

Gedagte vir die Week:
“She was so busy doing Christmas, there wasn't time to experience Christmas.” ― Lori Copeland, Unwrapping Christmas 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights