Liturgie:
In die maand wat ons gesels oor — CONVERSATIONS WITH MYSELF — gaan ons Sondag gesels oor GESPREKKE OOR GOD. Daar is by my geen twyfel dat almal van ons meer as dikwels besig is met ʼn interne dialoog wat vra: bestaan God, wie is God, waar is God, hoe is God betrokke in my lewe? Vir baie is hierdie onhitsende vrae wat grens aan Godslastering. “Dis nie iets wat jy veronderstel is om te weet nie,” is daar al vir my gesê, “jy moet net glo.” Vir my het dit gevoel daar is iets fout met my, of ek die geskenk van geloof nog nie ontvang het nie want ek wou weet, ek wou verstaan. Iets in my het aanhou vra, hoe is dit moontlik dat die Bybel die eerste en laaste woord van God aan die mens was en is dit moontlik, miskien, dat God steeds met ons in gesprek is en dat die ‘Woord van God’ net mense-woorde is wat dieselfde vrae gevra het? Die verskil was dat die skrywers van die boeke in die Bybel dit gewaag het om hul eie spore te trap, hul eie waarheid te ontgin en nie, om sin te probeer maak van ʼn tradisie wat sy eerste baba-tree gegee het in ʼn groter verstaan (consciousness) wie en wat God is.
Jesus sou sy kultuur en tradisie se bewussyn skuif na ʼn nuwe (ander) verstaan van God. Wat hy sou sê, was “My interpretasie van God is nie die regte of enigste manier nie maar ʼn ANDER manier om oor God te dink en dat hierdie God geken kan word in veel meer as wette en rites wat net in ʼn tempel ervaar kan word.” In plaas daarvan om hierdie vrae van die hand te wys as dwaalleer, dit te omarm as ʼn ‘ander’ manier om oor God te dink wat nie iets wegvat nie maar dit juis uitbrei. Meer en meer, soos ek ouer geword het, het ek tot die konklusie gekom dat ons verstaan en ervaring van God is onvolledig. Die mensdom is nog ʼn kleuter in vergelyke met die geskiedenis van die heelal. Ons is pas maar uit ons doeke en gee ons eerste tree om hierdie Bewussyn te verken.
Hier is hoe ek dit verstaan en natuurlik mag jy van my verskil — vir my het God geen vorm, definisie, of dimensie nie; God is ongeskonde, volledig, die totaal van alles; daar is net ÉÉN en alles is deel van die ÉÉN wat in alles is en deur alles beweeg. Hierdie één God is nie detached, disconnected, separated van enige iets of iemand nie want daar is niks anders behalwe hierdie ÉÉN nie. God is genoegsaam en voldoende vir God self. Om te sê “God is liefde” is nie soseer ʼn definisie as ʼn menslike uitdrukking van hoe ons dié God ervaar nie. Om te sê “God is volmaak” sê nie iets oor die vorm nie maar wel oor die inhoud en ons as mens is te geneig om inhoud te verwar met vorm. Die eerste punt wat ek wil maak --
GOD IS COMPLETE — God cannot be upset, annoyed, frustrated, angry, irritated, jealous, disappointed … die hele idee dat God iets van ons as mens nodig het, dat ons aanbidding en lofprysing op ʼn sekere manier God goed laat voel oor homself, vind ek ʼn idee wat hoort by ʼn premoderne beskawing wat nog hunker na ‘sekuriteit’ meer as na liefde. Dit is om menslike eienskappe toe te dig aan God en die Goddelike te skilder as iets (iemand) met ʼn ego en sodoende van God ʼn karikatuur te maak. Die spirituele psigoterapie eien dit as ʼn projeksie van die mens om ʼn god te skep wat soos ons is maar net super-human. Die hele konsep dat God dalk nét liefde en niks meer of minder as nét liefde is — vind die meeste Christene te min en wil dat God juis vanweë sy ‘liefde’ ons tugtig, toets, beproef, straf, sodat ons pyn sin kan maak. Elke Godsdiens het sy eie stel reëls van wat hierdie behoeftes (needs & expectations) van God is waarvan die Hindoeïsme totaal verskil van die Judaïsme wat omvattend verskil van die Christendom wat verskil van Islam. Daarom die gevolgtrekking: ons ervaring en uitdrukking oor God is ‘incomplete’ ... en die vraag: is ons bereid om dit te erken soos die wetenskap en tegnologie dit doen?
Ons godsdiens, met sy oorsprong in die Midde-Ooste, lê geanker in ʼn ‘tribal religion’ waar die mens se Godsbeskouing hoofsaaklik gewentel het rondom veiligheid, beskerming, oorlewing en soos reeds genoem, sekuriteit. Dit is ʼn baie een-dimensionele Godsbeeld waar dit eintlik net gaan oor mý behoeftes en mý verwagtinge. Teen die agtergrond van ʼn baie sterk patriargale sisteem word God dan ʼn projeksie van die opper-patriarg wat ook behoeftes en verwagtinge het. So ʼn mindset het daartoe gelei dat ons God in ʼn paradoks geverf het waar geglo word — God is almagtig maar Auschwitz, Hirosjima, ISIS, Boko Haram word toegelaat of oorgelaat aan ʼn ‘duiwel’ wat buite God se almag val. Ons dink/glo dat ons die bron van God se vreugde, vrede, liefde, en vervulling is. In other words, God needs us in order for him to be happy, and an unhappy God is not a happy story for us. Solank ons nie God se verhouding met ons verstaan nie gaan ons nie ons verhouding met mekaar verstaan nie en die ganse skepping is ʼn oproep om hierdie verhouding te verstaan en te ervaar.
Hierdie Godsbeeld het ʼn direkte invloed op ons mensbeeld. Ons raak bitterlik ongelukkig as ons nie ons sin kry nie; ons frustrasie borrel oor as mense van ons verskil; ons is jaloers as iemand anders meer liefde kry as ons; en ons raak diep teleurgesteld as ons ons wil aan iemand openbaar en hulle doen nie wat ons verwag nie. Dan roep ons vir regverdigheid en rekenskap en moet so persoon kom verantwoording doen sodat geregtigheid kan geskied. Hoe dan anders want dis die wie, wat, hoe God is waarin ons glo? ʼn Hele Teologiese sisteem is gebou rondom die idee dat God het (i) iets nodig, (ii) hy het dit nodig van ons, en (iii) as hy dit nie kry nie gaan hy kwaad word, ons straf, en verdoem tot ʼn ewige hel. Wat tot gevolg het dat die mens in ʼn kroniese staat van skuldgevoel en vrees gedompel is en teen dié tyd weet ons uit ʼn honderd jaar se psigologiese navorsing dat beide skuldgevoel en vrees is teelaarde vir die ego en die enigste manier hoe die ego hierdie drogrede kan volhou, is om aan ons die idee van separation te verkoop en boy-oh-boy do we buy into it!
GOD IS THE ALL OF ALL — al die groot godsdienste het dit ingemeen dat daar geglo word God is die geheel en al (heelal) — die begin en einde, die alfa en die omega, die hier en die daar, die binne en buite, die allesinsluitende en alomteenwoordige van die totaal. Die grootste vergissing is dat God onvolledig en onvolkome is en dat ek, Terblanche Jordaan, kan God happy of unhappy maak. Hierdie denkfout kring dan uit in die illusie dat mense om my, maak my happy of unhappy wat net een stappie weg is van die idee dat ek god is van my eie klein koninkryk. Lees ek op die oomblik C Joybell C se boek ‘The Conversations of Venusta’ waarin sy skryf --
“You measure the goodness of another by the other's ability to forgive you, but look at yourself first! Whom have you not forgiven? You measure the goodness of another by the other's willingness to help you, but look at yourself first! How far would you actually go to help another? You tend to measure the goodness of another by what is done unto you, but do you measure your own goodness in the same way? Better yet, why measure the goodness in others, at all? Why not preoccupy yourself with measuring yourself instead of measuring others? Because the greatest work that is to be done, and that we can only actually really do, is the work upon ourselves. To find the faults in ourselves and to fix those. To find the cracks in ourselves and then to mend those. We are all carpenters, sculptors, masons, builders! But the greatest temple that we need to build is the temple within our own souls! And we cannot build our own temples when we are so preoccupied with how other people are building or not building their own!”
GOD IS LIFE — nie net in my lyf se lewe oor die bestek van ʼn paar dekades nie maar ʼn Lewe wat van altyd tot in alle ewigheid die pols is wat die ganse skepping in balans en harmonie hou. Hierdie simpel maar fundamentele change of mind (metanoia) sal daartoe lei dat die mensdom ʼn totaal ander ervaring sal hê van, met, en oor God ... wat ʼn profound invloed sal hê op ons interpersoonlike verhoudinge om nie te praat van ʼn ingrypende verandering oor ons plek en doel op dié planeet asook ʼn rewolusionêre nuwe manier van dink en beoefening van ons Godservaring binne die kader van al die ander gelowe om ons. Hier is ʼn prikkel of twee waaroor ons Sondag gaan gesels: From deprivation to elevation, from elevation to salvation, from salvation to transformation, from transformation to celebration! >>>> waarop ons die Heilige Gees (Voice for God) kan bedank, “Thank you for introducing me to a God that I can fall in love with and no longer be afraid of!”
🌺 ACIM — Kolping 19h30: 8 September — en Stad 19h30: 19 Augustus
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“I brought you nothing but angels and placed before you nothing but miracles.” — A Course in Miracles