21 April 2013

Hierdie week se liturgie: 21_april_2013

So met ʼn voorsmakie van die winter is dit my seisoen van kreatiwiteit. In die winter dink ek op my beste, of dink ek weer vir ʼn slag. J Ons gesels hierdie maand oor bekende songs wat ʼn diepere betekenis het om miskien ons ore te fokus op wat digters, skrywers, en musikante vir ons wil sê. Eerskomende Sondag luister en bespreek ons John Lennon se “Imagine”BMI het dit as een van die Top 100 most performed songs of the 20th Century aangewys terwyl Rolling Stone Magazine dit derde geplaas het op die Top 500 Greatest Songs of all time.
“Imagine” — is in 1971 geskryf en in 1975 vrygestel. John Lennon het na een van Yoko Ono se digbundels, Grapefruit, verwys as sy bron vir inspirasie. In ʼn onderhoud in 1980 het Lennon gesê dat hy ʼn Prayerbook van ʼn vriend ontvang het en dat dit ook ʼn inspirasie was vir die lirieke. Hy verwys daarna deur te sê: “The concept of positive prayer ... If you can imagine a world at peace, with no denominations of religion — not without religion but without this my God-is-bigger-than-your-God thing — then it can be true ... the World Church called me once and asked, ‘Can we use the lyrics to 'Imagine' and just change it to 'Imagine one religion’?’ That showed [me] they didn't understand it at all. It would defeat the whole purpose of the song, the whole idea.”

Imagine there's no heaven
It's easy if you try
No hell below us
Above us only sky
Imagine all the people living for today

Baie sal seker sê – “O, dis so New Age” –óf– “maar die Bybel sê ...” en mens wonder watter Bybel lees hulle? Vir die Jode wás die hemel die lug bo hulle — die plek waar God die waters hou. Daar was geen konsep van ʼn hel nie. Dít het die Christene by die Grieke gekry wat geglo het aan ʼn drie-verdieping heelal en ons wat in die middel ‘vasgevang’ is. Die laaste ruk is daar ʼn klomp debatte (awelinkse Afrikaners noem dit ‘oopgesprek’) oor hemel en hel. Met allerlei definisies word die ou vorm in ʼn nuwe vorm geknoop maar vorm, bly dit steeds vorm. As ons die ou Joodse gedagte dat ‘hemel’ ʼn manifestasie is van die mens wat sy siel gevind het (nie dat dit ooit weg was nie) en onthou dat hemel is die plek waar ons een is met God en God in ons soos ons in God is. Hel, wel hel is om dit te vergeet. Kan daar ʼn groter hel wees as om te voel dat tyd en spasie is al wat daar is en daarin is ons van God vervreemd?

Imagine there's no countries
It isn't hard to do
Nothing to kill or die for
And no religion too
Imagine all the people living life in peace

Hieroor sal die beterweters seker skree dat dit die einde van ons geloof sal beteken. As ons nie langer mekaar kan bangmaak met gewere in hierdie lewe, sal ons mekaar bangmaak met ʼn religie oor ʼn God wat geglo word opdragte gegee het in die Ou Testament dat onskuldige mense doodgemaak moet word sodat ʼn uitgekose volk kan oorleef nie. Wonder of die Amalekiete, Filistyne, Moabiete en Kanaäniete ooit so God sou sien as ʼn God van liefde? Miskien sal die beterweters beter moet weet want vandag nog, nie net in ander religieë nie maar ook in die Christendom doen ons die verskriklikste goed aan mekaar in die naam van wat ONS ‘glo’ is reg en verkeerd. Wat het geword van die groot Shalom? In die naam van Vrede kan ons asseblief ophou om ander én onsself aan kruise vas te spyker! In die woorde van die Dalai Lama – if you can’t help them, can you at least try not to hurt them?

Imagine there's no countries
It isn't hard to do
Nothing to kill or die for
And no religion too
Imagine all the people living life in peace

Hieroor sal die beterweters seker skree dat dit die einde van ons geloof sal beteken. As ons nie langer mekaar kan bangmaak met gewere in hierdie lewe, sal ons mekaar bangmaak met ʼn religie oor ʼn God wat geglo word opdragte gegee het in die Ou Testament dat onskuldige mense doodgemaak moet word sodat ʼn uitgekose volk kan oorleef nie. Wonder of die Amalekiete, Filistyne, Moabiete en Kanaäniete ooit so God sou sien as ʼn God van liefde? Miskien sal die beterweters beter moet weet want vandag nog, nie net in ander religieë nie maar ook in die Christendom doen ons die verskriklikste goed aan mekaar in die naam van wat ONS ‘glo’ is reg en verkeerd. Wat het geword van die groot Shalom? In die naam van Vrede kan ons asseblief ophou om ander én onsself aan kruise vas te spyker! In die woorde van die Dalai Lama – if you can’t help them, can you at least try not to hurt them?

Imagine no possessions
I wonder if you can
No need for greed or hunger
A brotherhood of man
Imagine all the people sharing all the world

Die wysgere en teregwysers lees dié vers en steek hul vingers in die lug met ʼn knorrige uitroep: “Kommunisme!” John Lennon sing nie hier oor ʼn ou Rusland of China model van Sosialisme nie, hy praat hier van ʼn Bybelse beginsel wat vir die eerste twee eeue na Christus sterk in die vroeë Christen Kerk gekry is en dit is om te deel omdat ons iets van die oorvloed van die skepping snap wanneer ons (om)gee. Lees weer Handelinge en die briewe van Paulus, hoe die vroeë gemeentes aangemoedig word om na die armes en weduwees en kinders te kyk; besittings te deel en nie te sien hoe iemand honger het of in nood is en dan weg te draai nie. Dis nie Sosialisme nie, dis gewoon Christologie of waarna Pous Franciscus verwys as A Way of Christian Life.

You, you may say
I'm a dreamer, but I'm not the only one
I hope someday you'll join us
And the world will be as one

Picasso het gesê: Only imagination is real! Die meeste van ons het al opgegee op ons drome. Ons sien ‘drome’ as kinderlik naïef. Ons verbeelding stop by die geslinger van golwe en kom nooit op die strand om weer soos kinders sandkastele te bou nie. Trouens, ons skop eerder sandkastele stukkend en skree dat dit kinderagtig is. Ons het ons verbeelding ingeruil vir die opinies en persepsies van beterweters en so die wysgere en teregwysers van ons eie drome geword. “Hou op drome droom and get real!” roep ons uit. Die Jesus wat ek leer ken het uit die Evangelies leer my om nie net te droom nie maar om te sien dat drome waarheid word. Dié Jesus met die innige liefde vir almal, bid in seker een van die aangrypendste gebede (Johannes 17) vir hierdie eenheid. Ek hoop dat ons nie een dag of een week sal uitstel om hom te ‘join in hope’ vir ʼn beter/groter medemenslikheid nie.

DROOM-REALITEIT 
         Kom ons praat oor ‘hemel’ en ‘hel’ in ons
         Kom ons praat oor ‘religie’ en ‘spiritualiteit’
         Kom ons praat oor ‘drome’ en ‘realiteit’

“Yes: I am a dreamer. For a dreamer is one who can only find his way by moonlight, and his punishment is that he sees the dawn before the rest of the world.” het Oscar Wilde geskryf in The Critic and the Artist.
Imagine ons vul Sondag ons kapel en elkeen bring sy/haar helder lig vir sirkels lig en onthou die vryheid om nog te droom!

Ons begin môreaand (18 April@7pm) met ACIM by die Kolping Sentrum en vra dat almal van die drie groepe daar sal wees asseblief.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Imagination is more important than knowledge. Knowledge is limited. Imagination encircles the world.” (Albert Einstein)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights