20 Oktober 2013

Hierdie week se liturgie: 20_oktober_2013

Reeds vir twee Sondae het ons die verband tussen Spirituele Intelligensie (SQ) en die ‘Koninkryk van God’ verken. Ons het stilgestaan by wat Intellektuele Intelligensie (IQ – linkerbrein) en Emosionele Intelligensie (EQ – regterbrein) met die EGO ingemeen het en hoe ons Spirituele Intelligensie nodig het om ons plek in dié lewe te vind. SQ, het ons gesê, gee vir ons ʼn groter (dieper) bewussyn — dit bring ʼn stuk eerlikheid; dit bemagtig ons om ons potensiaal te ontsluit en ons doel te vind; dit maak ons bewus van ons plek in al die verhoudinge waarin ons staan; dit laat ons verantwoordelikheid neem; en bowenal openbaar dit aan ons ʼn ‘waarheid’ wat maak dat ons getrou is aan onsself. Dis my beskeie mening dat nog nooit in die mens se geskiedenis was daar ʼn groter honger en dors vir die vervulling van hierdie behoeftes nie.
As IQ (aksie) en EQ (reaksie) bymekaar kom, is daar gewoonlik weerlig ... maar SQ is die reën – dis waar bloeisels reeds vrugte is; en beddings reeds blomme het. Oorsaak en gevolg kom rus in ʼn gemaklike stilte van BEINGNESS. Dis waarna Jesus verwys as hy sê dat as ons nie die onskuld en ontvanklikheid van ʼn kind het nie, sal ons die ‘Koninkryk van God’ nie sien nie (Matt 18:3); hy nooi om eers die ‘Koninkryk van God’ te soek en nie so besorg te wees oor al die materiële goed nie (Matt 6:33); hy gee ʼn belofte dat die insig in die misterie van die ‘Koninkryk’ aan ons gegee is (Mark 4:11); en hy stel dit onomwonde dat die ‘Koninkryk van God’ is IN en OM ons (Luk 17:7). Spirituele Intelligensie maak ʼn verskil, en dit maak saak! Ons leef te veel in ons koppe en te min in ons harte. Geen wonder ons raak so verdwaal in ons emosies en verstrik in ons gedagtes nie.
Tradisioneel teken georganiseerde godsdiens altyd die ‘Koninkryk van God’ as êrens anders – ʼn ander plek, ʼn ander tyd – nooit hier en nou nie. Miskien omrede die mens se brein verlore raak in die teenswoordige tyd (nou)! Ons leef in ons koppe wat pendel tussen verlede en toekoms — ʼn hoop dat gister, môre anders sal uitspeel en dat die behoeftes en begeertes en verwagtinge wat gister nie bevredig is nie, môre in vervulling sal gaan. Hoe hartseer wanneer ons tussen gisters en môres soos ʼn golf tussen klippe en oseaan geslinger word.
Eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by SEWE SEËNINGE uit Matteus 5:3-9 — dis as te ware SEWE SLEUTELS om SPIRITUELE INTELLIGENSIE te ontsluit:
(i) Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. (ii) Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word. (iii) Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die aarde ontvang. (iv) Geseënd is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. (v) Geseënd is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. (vi) Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. (vii) Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Wie van ons sal “Nee!” sê vir dié SEWE BLESSINGS? En as ons “Ja!” sê, waarom doen ons nie wat ons sê nie ...? Matteus 5:37 gaan verder — “Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die bose” – en die woord wat gebruik word vir ‘bose’ is die Griekse woord poniros wat beteken: great trouble; intense pain, pressed and harassed by heavy labours. Dit is dieselfde woord van Jesus gebruik in Matteus 6:13 as hy bid – “verlos ons van die bose (poniros)” Met ander woorde — verlos ons van dit waaraan ons so swaar dra!
Wat bekendstaan as die ‘Seven Beatitudes’ vra ʼn oomblik se stilstaan om te besin oor wat beteken dit in vandag se tyd? Hoe moet ons hierdie sewe beloftes verstaan sodat dit in vervulling gaan? Elkeen van hierdie SEËNINGE kom met ʼn voorafgaande BEINGNESS — weet ons nog van afhanklikheid; kan ons sit met ons trane; is ons sensitief bewus van wat om ons aangaan; staan ons vir geregtigheid; is ons compassionate; weet ons hoe om ons hart oop te maak; is ons vredemakers? As ons dit nie IS (being) nie, gaan ons dit verseker nie WORD (becoming) nie, en voor ons dit nie word nie, sal die seëninge ongesiens by ons verbygaan. Die ‘Koninkryk van God’ (SQ) gaan oor groei en ontwikkeling; oor potensiaal en moontlikhede; oor heling en heiliging; oor versoening en liefhê — daarom is William Law reg as hy sê: “If you have not chosen the Kingdom of God first, it will in the end make no difference what you have chosen instead.” Met ander woorde — in die afwesigheid van Spirituele Intelligensie word ons beheer en regeer deur die ego se slu manipulasies en verdraaiing van die waarheid, en is ons slawe van die brein se serebrale aksies en reaksies op als wat gebeur sonder om ooit uit te vind wie ons wesenlik is en wat ons werklik voel nie en wat ons doel is. JA, jy hét ʼn doel; jy hét betekenis; jy máák ʼn verskil — al voel dit nie vandag so nie! JA, Spirituele Intelligensie maak ʼn verskil, en dit maak saak!
Sondag 10h00 ontsluit ons die herinnering van wat dit is om volledig mens te wees sodat ons die ‘Koninkryk’ sal ontsluit vir elkeen wat saam met ons reis.
SIEN JOU DAAR!
 2 November -- ‘Geskiedenis van die Bybel’ werkswinkel by Kolping van 9am tot 1pm. Die ganse geskiedenis van Abraham (±1500BC) tot by Konstantyn (325AC) op ʼn tydlyn om vir eens en vir altyd dit in konteks te verstaan.
 ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Eight: From Separation to Relationship!

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“This is the ultimate goal of man, to find the One which is in him; which is his truth, which is his soul; 
the key with which he opens the gate of the spiritual life, the heavenly kingdom.” — Rabindranath Tagore

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights