20 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 20_mei_2012

As daar een aspek van menswees is wat die meeste verander, is dit verandering self. Die enigste dilemma is dat die mens nie kan byhou met al die verandering nie want hoe verander jy jouself? Dis maklik om wysvingerig verandering op te eis of wysneuserig verandering uit te wys maar hoe verander ʼn mens in jouself?

Natuurlik, wanneer ʼn mens vlieg en die lugstrome is goedgunstig, is daar weinig wat ʼn mens wil (hoef) te verander. Jy sweef gewoon van een bestemming na ʼn ander maar as die turbulensie kom, wil ons alles verander en anders hê. Solank die deinings ritmies klots en die wind van agter is, is daar geen begeerte of behoefte om iets te moet verander nie maar as die deinings golwe word en die winde ruk jou van die kante af dan klots (met ʼn ‘l’) alles jou selfvertroue en selfversekerheid deurmekaar as jy voel jy dobber aan die genade van oseaan oorgelaat.

Ons sou kon sê: solank die verandering (genade) goedgunstiglik is, het dit besmoontlik net ʼn verbetering nodig. As die verandering ietwat guur is, moet ons net so hier en daar ʼn aanpassing maak en dan is alles weer eksieperfeksie. Alles goed en wel solank ek ‘in beheer is’ van die verandering — maar — die dag/nag as die verandering my soos ʼn weerligstraal tref, roep ons uit: “Genade, asseblief!”

Ek wonder altyd wat bedoel ons met die woord ‘GENADE’ ... wat beteken dit? In Afrikaans is dit iets soos die oomblik voor jy ʼn pakslae moes kry, begenadig te word en die roede gespaar bly. Óf as ons amper in ʼn ongeluk was, sê ons “Dit was net genade dat niks ernstig gebeur het nie.” Vir die meeste mense is ‘genade’ iets onverdien of om gelukkig te wees dat dit nie erger was nie. Godsdienstiglik bely baie mense “dit is genade onverdiende guns alleen” ... wonder of ons weet wat ons bedoel as ons dit sê?

Die Griekse woord ‘garis’ (χάρις) beteken: that which affords joy, pleasure, delight, sweetness, charm, loveliness, loving-kindness, good will, favour, exerting God’s holy influence upon souls, strengthens, increases faith through knowledge. Genade beteken iets wat vra vir verandering van intensies, denke, reaksies, doen en late, ervaring en belewenis. As ‘Genade’ die oorsaak is, is ‘Ubuntu’ die gevolg. Miskien is Ubuntu en Genade twee kante van dieselfde muntstuk. Kom ons verken Sondag die begrip Ubuntu aan die hand van wat ons verstaan onder ‘genade’ en medemenslikheid.

Ubuntu Spiritualiteit --
Something unknown wants to be known
You can only see the outside from what you see in yourself
People become people (human) through other people
I am what I am because of who we all are

10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —  Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Kom deel Sondag in ons wysheidsirkel wat onthou: Ek hou van my beste as ek met jou is ...!!

Ons volgende ACIM (A Course in Miracles) byeenkoms is 17 Mei om 19h00 by die Kolping Sentrum. Ons gaan Q&A oor alles wat ons tot nou toe geleer het.

Gedagte vir die Week:
Blame or Bless — Judge or Forgive — Complain or Contribute … will always be a choice!

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights