20 Julie 2014

Hierdie week se liturgie: 20_julie_2014

Uit die diepte van my hart ʼn groot dankie vir al die goeie wense wat ek gister ontvang het vir my ‘Nuwe Jaar’ – ek was oorweldig deur die blomme van liefde van soveel mense ... wens dit was moontlik om elkeen persoonlik te bedank. My opregte dank en waardering. Wanneer ʼn mens se jaar omblaai en ʼn nuwe jaar begin, is dit altyd ʼn tyd van refleksie en introspeksie. ʼn Mens maak die geskenke van die laaste jaar bymekaar om saam te vat vir ʼn volgende lewensjaar. Die dae van vertwyfeling en seer wat verby is, word die energie wat heimwee skuif na herinnering, dat dit nie saak maak wát in jou lewe gebeur nie, die mens het hierdie wonderlike manier om op te staan. Die gelukwense van vreemdes en bekendes word die motivering om die volgende jaar met albei hande aan te gryp en hoër, sterker, vinniger te vlieg as ooit vantevore.
Ons tema vir Julie is — ‘THE ART OF LIVING LIFE BEAUTIFULLY’ en ons het reeds gesels oor, THE ART OF AFFIRMATIONS en THE ART OF ENCHANTMENT en eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by THE ART OF INSPIRATION.
Die woord ‘inspiration’ kom van in + spirare (to breathe) en beteken: the action or power of moving the intellect; to influence, move, or guide our emotions; motivate, encourage, impel our feelings. Met ander woorde, inspirasie is wat ons toelaat om in ons te asem en daardie asemhaling beweeg ons gedagtes, beïnvloed ons reaksies (emosies), en bemagtig (empower) die taal van ons hart.
Ons elkeen vind ons inspirasie op verskillende maniere, maar een ding is verseker en dit is dat inspirasie meestal gebore word vanuit iets wat van buite kom ... die aanmoediging vloei dan na binne en word die motivering wat van binne na buite vloei. Dit is vir my en jou om die skakelaar te voorsien wat deur mense om ons aangeskakel word. Persoonlik vind ek baie inspirasie in die boeke wat ek lees, films wat ek sien (waarvan YouTube seker een van die grootste geword het), die visuele kuns van foto’s, prente, skilderye, en natuurlik in musiek. Tannie Ferrie (Coetzee-Binge) wat ʼn groot bron van inspirasie in my lewe was, het altyd gesê, “moet nooit ʼn man (vrou) vertrou wat nie boeke in hul rakke en paintings teen hul mure het nie!” Ek het altyd breed geglimlag vir dié opmerking want ek het só verstaan wat sy bedoel. My dagboeke is vol aanhalings van mense in wie se woorde ek inspirasie put en vandag deel ek graag ʼn paar van hierdie aanhalings uit die wysheid van mense wat in my hart geskryf staan --
Ek maak geen geheim daarvan dat die grooste (miskien die enigste) bron van inspirasie lê in ons LIEFHÊ! Love is the greatest force!! Om lief te hê en liefgehê te word, is die sleutel wat alle inspirasie ontsluit in al die fasette van ons menswees. Donald Miller beskryf dit so mooi in sy boek Blue Like Jazz: Nonreligious Thoughts on Christian Spirituality’ waar hy sê — “I never liked jazz music because jazz music doesn't resolve. But I was outside the Bagdad Theatre in Portland one night when I saw a man playing the saxophone. I stood there for fifteen minutes, and he never opened his eyes. After that I liked jazz music. Sometimes you have to watch somebody love something before you can love it yourself. It is as if they are showing you the way. I used to not like God because God didn't resolve. But that was before any of this happened.
Twee van die menigte boeke in my lewe wat gelaai is met wysheid en inspirasie, verwoord dit mooi — “When we love, we always strive to become better than we are. When we strive to become better than we are, everything around us becomes better too.” (Paulo Coelho, The Alchemist) en natuurlik Antoine de Saint-Exupéry wat in The Little Prince praat oor hierdie interne inspirasie — “And now here is my secret, a very simple secret: It is only with the heart that one can see rightly; what is essential is invisible to the eye.”
Uiteraard is die Bybel vir my as Christen net so groot bron van inspirasie. In die verhale van mense, oor mense, in mensetaal wat soek na ʼn sinvolle verhouding met God, lê my eie lewensverhaal geweef. Ons elkeen het ook ʼn unieke verhouding met God in elkeen van ons se eie verstaan wie en wat God vir ons is. Daar is nie by my die tradisionele siening oor die Drie-Eenheid van God nie omrede daar geen bewys daarvoor is in die Bybel nie. Dit word ingelees soos wat die Teologie oor eeue ontwikkel het. Persoonlik maak die beskrywing van ‘A Course in Miracles’ meer sin ... God word beskryf as WAARHEID en LEWE wat ons ervaar in/deur LIEFDE; Jesus word gesien as ‘the VISION of GOD’ wat vir ons die gesig kom wys het van hierdie liefdevolle God; en die Heilige Gees is ‘the VOICE OF GOD’ waarin ons die stem van God hoor in ʼn duisend stemme, op ʼn duisend plekke, in ʼn duisend maniere as ons bereid is om met die ore van die siel te luister. Maar eerskomende Sondag gaan ons stilstaan by die verstaan van ʼn ander drie-eenheid wat The Art of Inspiration die beste demonstreer in ons interpersoonlike verhoudinge en ons verhouding met onsself wat beide ʼn refleksie is van ons verhouding met God ...

  • Geloof — is die inspirasie wat inspireer  — “This is my living faith, an active faith, a faith of verbs: to question, explore, experiment, experience, walk, run, dance, play, eat, love, learn, dare, taste, touch, smell, listen, speak, write, read, draw, provoke, emote, scream, sin, repent, cry, kneel, pray, bow, rise, stand, look, laugh, cajole, create, confront, confound, walk back, walk forward, circle, hide, and seek.” — Terry Tempest Williams
  • Hoop — is die motivering wat motiveer —  “For me, I am driven by two main philosophies: know more today about the world than I knew yesterday and lessen the suffering of others. You'd be surprised how far that gets you.” ― Neil deGrasse Tyson
  • Liefde — is die aanmoediging wat bemoedig — “I tell people not to be afraid of their fears; because their fears are not there to scare them, they're there to let them know that something is worth it.” — C. JoyBell C.

In die film ‘Scent of a Woman’ vra Al Pacino se karakter (Frank) ʼn jong vrou vir ʼn tango om aan die jong Charlie te demonstreer wat beteken THE ART OF LIVING LIFE BEAUTIFULLY — in die dans word Frank haar AFFIRMATION dat sy gesien en waardeer word; word die dans ʼn ENCHANTMENT tussen twee vreemdelinge; is die grasieuse dans ʼn INSPIRASIE vir die dansers, orkes, en toeskouers; vloei alles saam as ʼn lewensdans wat die dans van GRACEFULNESS is. Ek wil ook leer tango!!  ;-))
In die ‘dans van die lewe’ voel ons soms leeggeloop aan inspirasie. Het ek al dikwels vir God gevra om iets daaromtrent te doen en keer op keer kom die antwoord, “stop asking God to do something. God already did something, he gave you life superabundantly. Now YOU do something!” en dan vang die ritme van die ‘dans van inspirasie’ ons weer ...
Elke dag van ons lewe word gevleg met inspirasie en geweef deur aanmoediging. Ons omring onsself met mense wat ons bemoedig en aanspoor om die mooiste en beste in onsself te ontgin en word ons die inspirasie vir mense om ons sodat hul die mooiste en beste in hulself sal herken en saam word ons die dans van ʼn groter melodie deur die Groot Komponis wat ons begelei deur elke beweging van die simfonie ... word ons die harmonie waarin die Groot Dirigent ons met liefdevolle teerheid lei deur elke seisoen van ons lewe!
Kom ons maak Sondag ʼn Celebration of Inspiration met ʼn belydenis, ʼn credo — “Almagtige, Alomteenwoordige, Alwetende LIEFDE, U is ons bron van inspirasie!”

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Live your truth. Express your love. Share your enthusiasm. Take action towards your dreams. Walk your talk. Dance and sing to your music. Embrace your blessings. Make today worth remembering.” ― Steve Maraboli 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights