Ons tema vir dié maand is — CELEBRATION — ons het reeds gesels oor die Celebration of Commitment en Celebration of Compassion en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor die Celebration of COMMUNION. As daar een ding is wat Neo-Spektrum die laaste jaar keer op keer vir my onderstreep het, is dit ons gebondenheid; elkeen se aandeel aan ons ‘gemeenskap’; die verbintenis wat bestaan tussen mense wat vanuit die vier windrigtings op ʼn Sondag ons ‘celebration’ bywoon en wie se betrokkenheid dan uitkring in sirkels soos rivierklippies wat ʼn mens laat wip-wip oor ʼn meer. Ons deel ʼn kollektiewe eienaarskap wat manifesteer in ons gee en omgee. Die een ding wat Neo-Spektrum uniek maak, is die feit dat dit vir almal wat daar is ʼn keuse is. Ons is nie die naaste gemeente om die hoek nie en ook nie ʼn tradisionele kerk waaraan ons behoort uit gewoonte nie. Mense is daar omdat hul daar wíl wees ... en so het dáár, hier geword. Neo-Spektrum het A Way of Life geword. ʼn Manier van omgaan met God, ons ewemens, en onsself.
In die woorde van Thomas Merton, “The deepest of level of communication is not communication, but communion. It is wordless ... beyond speech ... beyond concept.” Die inhoud en betekenis van Neo-Spektrum is in alle opsigte ʼn Communion — ʼn spirituele kommunikasie tussen myself en my Self en met jou Self. Die laaste jaar het ons knapsakke gepak met soveel mooi herinneringe — ons ondersteuning en uitreiking het gegroei en op vele maniere het ons waarde toegevoeg tot mense buite ons gemeente se lewe. Ons getalle het dramaties toegeneem waarvan ons bywoning Sondae kan getuig. Deur lief en leed, gesondheid en siekte, in ons soek én vind was daar deurlopende ʼn positiewe gesindheid wat omarm is met ʼn ontvanklikheid van mense om emosioneel, intellektueel, finansieel en bowenal spiritueel betrokke te raak. Vir dit en soveel meer, sê ek dankie!
Sonder skaamte kan ek sê, die laaste jaar was ʼn herinnering aan my ‘roeping’ — ʼn deurleefde ervaring dat al die seer en opoffering; al die hartseer en dae van onsekerheid het in ʼn vervulling gegaan van ‘buitegewone seëninge deur buitegewone mense’ — en ek gebruik die woord ‘buitegewoon’ nie ligtelik nie. Soos al in ʼn vroeëre epos aangehaal, gee Debbie Ford in haar boek ‘The Right Questions’ ʼn mooi verduideliking wat ‘buitegewoon’ behels en beteken — “Have you ever wondered what makes an extraordinary person? An extraordinary person is an ordinary person who makes extraordinary choices. Extraordinary people hold bigger visions for themselves than the ones dictated by their underlying commitments. They allow their individual lives to be used to serve the world around them. Extraordinary people make choices that are consistent not only with the highest expression of themselves but with the greater good of the world. If you closely examine the people you consider to be extraordinary, you will find that they are committed to excellence, to making a contribution, to not settling, to setting an example for others, and to taking the high road.”
Elke keuse wat ons maak, vat ons in een van twee rigtings ... óf na ʼn toekoms wat inspireer, óf na ʼn verlede wat ons inhibeer. Keuses wat gemaak word uit vrees, hou ons in die verlede. Keuses wat gemaak word uit liefde, bemoedig en motiveer ons om die beste van vandag (nou) te dra na môre. Hoe dikwels sal ʼn mens vir iemand sê, “Maak ʼn keuse en doen dit net” en dan kom die antwoord, “ek is bang ek maak ʼn fout” – en so bly ons in ons ‘comfort zone’ met wat gemaklik en gerieflik is ... sus ons ons behoeftes en verwagtinge met ʼn geykte idioom, better the devil you know than the devil we don’t know.
Dit is maklik om die invloed van ‘groot’ keuses (ʼn nuwe werk, huis koop, huwelik, ʼn kind) in ons lewe te sien. Dit is naïef om te dink dat die alledaagse, klein keuses nie ons lewe raak nie. Dit doen wel! Maak nie saak wat die omstandighede is nie, elke oomblik van die dag maak ons ʼn keuse; ongeag die situasie is elke oomblik ʼn keuse hoe ons daarop reageer. Marianne Williamson skryf op ʼn plek — “My greatest power is the power to change my mind. No matter what is happening, no one but me can determine what I choose to think. I can choose to believe in miracles. I can choose to have faith in the goodness of others regardless of how they express themselves. By doing so, I develop the power of my spiritual mind. I develop the power to invoke the world I wish to see. When I believe in people’s goodness, they are more likely to show me their goodness. When I believe in the possibility of miracles, I’m more likely to experience them.”
My hart klop, my longe asem, my ore hoor, my hare en naels groei. Ek hoef dit nie te laat gebeur nie, dit doen vanself. Planete draai om die son, saad word blomme, ʼn embrio word ʼn baba, sonder enige hulp van my af. Dis alles deel van ʼn natuurlike sisteem en ek en jy is ʼn integrale deel van daardie sisteem. Ek en jy kan ons lewe laat lei deur dieselfde Krag wat blomme laat groei en mitose laat plaasvind om geboorte te gee aan lewe. Om hierdie Krag toe te laat om in en deur my te vloei, is ʼn keuse ... ʼn keuse van geloof. Faith isn’t blind, it’s visionary! Geloof is nie om die onmoontlike te sien nie maar juis om die moontlike, die potensiaal, die skeppingsvermoë te sien. En dít vind plaas deur ons Celebration of Communion.
Die Katolieke noem die nagmaal, The Holy Communion — ʼn herinnering om elke keer wat ons brood breek en wyn skink, ons Communion met mekaar te vier as ʼn herinnering wat ons Communion met God beteken. Elke broodkorrel en slukkie wyn is ʼn gedagte wat ons oproep om die lewe te sien as ʼn Celebration en nie net ʼn fees eenmaal per jaar as ons met vakansie is nie. Die lewe sal letterlik weer ʼn fees word, wanneer ons ons Gemeenskap met mekaar vier. Wanneer die gees van Ubuntu deur ons week sodat ons wyn oor die rand van die glas sal stroom en ons brood ʼn menigte sal voed wat honger en dors om te hoor, “Jy is nie alleen nie. Jy hoef nie alleen te dra nie, ek sal ʼn hand bysit. Jy is okay, want God wéét jy is okay en ek gaan jou help om dit te onthou!”
Kom vier Sondag saam met ons A CELEBRATION OF COMMUNION as ʼn herinnering dat Kersfees is ʼn elke-dag-se-onthou --