“Every person needs to take one day away. A day in which one consciously separates the past from the future. Jobs, family, employers, and friends can exist one day without any one of us, and if our egos permit us to confess, they could exist eternally in our absence. Each person deserves a day away in which no problems are confronted, no solutions searched for. Each of us needs to withdraw from the cares which will not withdraw from us.”
― Maya Angelou, Wouldn't Take Nothing for My Journey Now
Dit gesê, neem die rabbi-priester ʼn bietjie verlof en sal weer 30 Oktober op my pos wees. Dr Rudi Labuschagne sal vir my instaan en soos altyd die Sondae kleur met padkos vir die week. Hoop die Kapel is elke Sondag oorloop, oorvol en dat almal Oktober, ‘die mooiste mooiste maand’ met grasie en liefde sal seën.
ʼn Paar belangrike goed vir Oktobermaand --
Al ons fondse word aangewend om Neo-Spektrum te bestuur en vir die volgende jaar te begroot asook ons verskeie projekte te beplan en befonds. Hierin kan jy ʼn aandeel hê om saam met ons verantwoordelik te neem vir ons inkomstes en uitgawes. Asseblief.
Met dit, wens ek vir elkeen van julle ʼn wonderlike maand wat voorlê. Ek belowe om met ʼn knapsak vol besieling en ʼn spens vol inspirasie die pas op te tel oor ʼn paar weke.
Liefdegroete
Soos altyd
Terblanche
🌺 ACIM — Hervat na verlof
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“We need work as much as we need rest; the two complement each other, one drawing power and enjoyability from the other. Rest is sweet after work, and work enjoyable after a good rest.” ― Innocent Mwatsikesimbe, ‘The Vision’