Hierdie week se liturgie: 2_november_2014
Met die oog op ons oggend konferensie, met wonderlike sprekers, oor “Spiritualiteit as ‘A WAY OF LIFE’”op 15 November, kan ons die volgende paar Sondae dié onderwerp verken en na die konferensie van die sprekers se temas inkorporeer in ons gesprekke Sondae. Natuurlik is een van die eerste vrae wat gevra word, wat beteken die woord ‘Spiritualiteit’ en waarom is dit belangrik? Gaan soek mens op die internet na ʼn definisie dan lees ons — “Traditionally spirituality has been defined as a process of personal transformation in accordance with religious ideals. Since the 19th century spirituality is often separated from religion, and has become more oriented on subjective experience and psychological growth.”
Vir myself het ek dit nog altyd uitgemaak dat die kortste definisie van ‘Spiritualiteit’ is een woord: authenticity! Dit beteken om getrou te wees aan jou Self – wat doelbewus twee woorde, hoofletter S is. Jou Self is daardie aspek van ons menswees waar jy weet dat die Lewe en Liefde wat in en deur ons vloei, is nie van ons nie en om te verstaan wat dit vra om met daardie aspek van menswees te konnekteer. We are after all souls who have a human experience and not the other way around. Dit gesê, is dit ʼn hartseer feit dat as dit met ons spiritualiteit moet gaan soos met ons besigheid sou ons hele uitkyk op die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek verander maar as dit met jou besigheid moet gaan soos dit met jou spirituele beoefening gaan, sou ons seker vir ʼn korsie brood moes bedel. As ons dieselfde tyd, geld, energie sou spandeer op ons Self (siel) as wat ons spandeer op klere, hare, karre, uiteet sou die innerlike dalk in balans wees met die uiterlike en wie weet, miskien selfs weer die essensie vind waaroor menswees werklik gaan naamlik, living life beautifully.
Spiritualiteit is daai stem aan die binnekant wat ons oproep na ʼn nuwe oriëntasie ongeag waar jy woon, jou ouderdom, fase in jou lewe, huwelikstatus en familie verantwoordelikheid. Dié Stem roep vir balans en harmonie — “between being and doing, between inner awareness and outward engagement, that will lead to a fuller fruiting of our lives and relationships.” (John Philip Newell: The Rebirthing of God) Seker een van die grootste stemme in Christelike Spiritualiteit was Thomas Merton (1915-1968). Hy verwys na hierdie ‘oriëntasie en transformasie’ en sê, “We are living in a world that is absolutely transparent and God is shining through it all the time ... in people and in things and in events. The problem is, we don’t see it.” Spiritualiteit in praktyk gaan oor die onthou om te sien want dit gaan nie oor “a seeking to know about God, but to know God.” Merton gaan dan verder om te sê, “spiritual practice is not about an idea or concept of God, it is about seeking the experience of presence.”
Nou is die vraag seker — so, wat beteken dit? Hoe maak ons hierdie oriëntasie en transformasie deel van ons alledaagse lewe van opstaan, in verkeer sit, by die werk ʼn duisend goed hanteer, vergaderings met lang agendas, kinders by die skool, huishouding, eet en seker maak almal is versorg, net om dit môre weer te doen? Waaroor dit gaan is ʼn Spiritual Journey ... met ander woorde, ‘The Tao of ______’ (skryf jou naam hier). Die probleem, of miskien eerder ʼn tragedie, is die feit dat Spiritualiteit (soos enige iets anders wat die moeite werd is) gaan gepaard met dissipline en toewyding. Hoe meer jy dit (be)oefen, hoe groter is die heling van binne en hoe dieper raak ons aan ons ware Self. Persoonlik het die Spirituele Psigoterapie van A Course in Miracles (ACIM) ʼn enorme invloed in my lewe gehad omrede dit sonder dualisme en paradokse ʼn mens stuur om te verstaan wat die prosesse in ons kop is as ons praat oor geloof, hoop, liefhê, vergiffenis, versoening, en lewe. Enige spirituele dissipline sal jou altyd op ʼn plek bring van eerlikheid – om nader te staan aan ons Self. Een van die belangrikste aspekte van spiritualiteit is dat dit jou help ‘to become aware’ en om te fokus op positiewe energie in en om jou asook om teenwoordig te wees in die NOU wat ons help om emosioneel, intellektueel, en spiritueel te heel wat tot gevolg het dat ons vrede en tevredenheid ervaar en ken.
Ons kan Sondag kyk na ʼn paar goed wat ons kan doen om die dissipline van Spiritualiteit te verstaan asook te aanvaar (ontvang) in ons lewe. Kom ons noem net ʼn paar --
· Contemplation — stiltetyd, lees, gebed, meditasie, musiek, alles wat ons doen om te fokus op die innerlike
· Sharing & Giving — alles wat ons doen en gee om ʼn verskil te maak aan iemand anders se innerlike.
· Align with likeminded souls — maak die sirkel groter as me, I, myself en kyk wat gebeur aan die binnekant.
· Practicing being happy — probeer enige van die volgende drie woorde: thankfulness, gratitude, appreciation.
· Experience an interconnectedness — wees bewus van die groter geheel waarvan ons deel is en wat Ubuntu leer.
Rob Bell skryf in sy boek, Velvet Elvis: Repainting the Christian Faith die volgende, “The moment God is figured out with nice neat lines and definitions, we are no longer dealing with God” of soos Albert Einstein dit mooi verwoord, “My religion consists of a humble admiration of the illimitable superior spirit who reveals himself in the slight details we are able to perceive with our frail and feeble mind.” Dít is waaroor spiritualiteit gaan — dit breek verby vorme, definisies, dimensies en maak ons inniglik bewus van die teenwoordigheid van God wat elke oomblik van die dag en nag in en deur ons vloei. Soos ons daarvan bewus word, sien ons met spirituele oë en hoor ons met spirituele ore en dan, nét daar, begin ons die stem van die siel hoor. Dit is in daardie domein waar die woorde van Jesus letterlik waar is, “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” (Matteus 7:7-8)
Ek was nog altyd meer beïnvloed en gemotiveer deur healers and teachers as deur leaders and preachers. Maak ʼn kring om 15 November en kom wees deel van ʼn oggend wat verrykend ons sal inspireer en motiveer om weer die reis na die binnekant aan te pak. Tot dan hoop ek om ons Wysheidsirkel eerskomende Sondag vol nuwe en bekende gesigte te sien. Kom ons maak die vyf Sondae van November ʼn besondere reis voor almal verdaag vir hul jaarlikse verlof.
>>> ACIM Kolping: Ons lees hierdie maand Chapter 11 – GOD OR THE EGO — p193 in die hardeband boek.
Besoek ons webblad www.neo-spektrum.com waar jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder TEMA ARGIEF. Daar is ook ʼn kaart hoe om by ons uit te kom: Kolping Sentrum, Biccard Straat, Durbanville.
Gedagte vir die Week:
“We are not human beings having a spiritual experience. We are spiritual beings having a human experience.” ― Pierre Teilhard de Chardin