2 Maart 2014

Hierdie week se liturgie: 2_maart_2014

ʼn Nuwe maand en ʼn nuwe seisoen lê voor die deur — ʼn nuwe seisoen is altyd ʼn tyd van introspeksie en transformasie. Nie dat ons meer weet wanneer die seisoene verander nie want die meeste van ons slinger tussen somer en winter, onbewus van herfs en lente. Tog is daar ʼn ritme ... daar is ʼn ewige harmonie wat reflekteer in die makro- en mikrokosmos. Die ganse Heelal is ‘geprogrammeer’ om te doen presies wat dit veronderstel is om te doen. Party mense noem dit God, en ander noem dit Energie. Vir ander is dit Kwantum, en vir party is dit gewoon Lewe. Vir my is dit ‘Divine Organisation’ — ʼn planmatigheid (wetmatigheid) wat soos ʼn ewige metronoom alles in ritme hou. Dis nie ʼn ritme wat ek noodwendig verstaan nie, trouens ek weet nie eers of ek veronderstel is om dit te verstaan nie – wat ek wel weet, is dat ek dit nie geskep het nie; dat ek dit nie van koers kan stuur nie; dat ek dit nie meer of minder kan maak nie. Wat ons besef is ... it is simply mine to follow!
Dis belangrik om te weet dat ‘Divine Organisation’ is nie ʼn voorafbepaalde treinspoor wat sê jy sál met dié spoor en dié trein by dié stasie uitkom nie! Dit is bloot die netwerk (grid) van moontlikhede waarin jy en ek ʼn keuse het wat en hoe ons die lewensreis aanpak en waar ons bestemming lê. Ons wissel treine. Ons lê ons eie spore. Ons klim soms af op stasie net om te besef dis nie ons plek nie.
‘Divine Organisation’ is soos die selle in ons liggaam wat ʼn ‘natuurlike intelligensie’ het om die gesonde funksionering van die lyf te koester, net so het elkeen van ons ʼn natuurlike intelligensie ten opbou en ondersteuning van wie ons is in al die moontlikhede en potensiaal wat in ons opgesluit lê. Daardie natuurlike intelligensie se brandstof is LIEFHÊ en solank ons dit kultiveer en daaraan vashou, sal vrede en goedheid, vreugde en alles wat goed is hul weg vind na die hart. My vingers is te dom om ʼn klomp metaal saagsels bymekaar te skraap maar as ek ʼn magneet (liefde) naby dit bring, vind alles wat positief is hulle weg na die bron van krag en maak selfs metaal saagsels die mooiste patrone denkbaar.
Weer en weer klop die woord LIEFHÊ teen die hart se deur en met reg sal die meeste van ons seker sug, “Genoeg van dit – ons wil nie nog hoor oor liefde nie!”
Niks in die Heelal is toevallig nie. Alles is ʼn refleksie van die ‘Divine Organisation’ wat alleen liefde en geluk wens vir elke lewende wese op dié planeet. Die vraag is: Am I aligned with the will of the universe? Ons jaag om ons eie doel te bevredig ten koste van ander wat ons gewoonlik blameer as iets fout gaan terwyl ons weinig bydrae tot die liefdevolle WIL van die Heelal.
Ons het dit al baie gesê: die Griekse woord vir ‘WIL’ van God, is — ‘splendour, desire, delight of God’. Ek hoef nie bekommerd te wees oor wat die ‘Divine Organisation’ (God) se intensie vir my is nie want dit is altyd, oral vir almal die ‘splendour, desire, delight of God’ – wat in, by, deur, met alles en almal is, ongeag, nieteenstaande, desondanks ... en dit het ons beaam toe ons in Februarie gesels het oor – GOED GENOEG VIR GOD  wat ons noem: AMAZING GRACE!
AMAZING GRACE is wat elkeen van ons weef in die ewigdurende tapisserie (grid) van dit wat Lewe (God) is. Ons sukkel in Afrikaans om die woord “GRACE” te vertaal want die woord ‘genade’ word dikwels verwar met die Engelse woord MERCY. 
MERCY is forgiveness, compassion, kindness. GRACE is loveliness, beauty, elegance. MERCY is die dwarsbalk van ons menslike bestaan en GRACE is die vertikale balk van waar die ‘splendour, desire, delight of God’ ons ontmoet.
And LOVE? What is LOVE? Love is doing good beautifully! So, kom ons gesels Maart maand oor HAPPINESS — en sluit aan by Marianne Williamson wat skryf: “Happiness is the choice I make today. It does not rest on my circumstances, but on my frame of mind. I surrender to God any emotional habits that lead me down the path of unhappiness, and pray for guidance in shifting my thoughts. In cultivating the habits of happiness, I attract the people and situations that match its frequency. I smile more often, give praise more often, give thanks more often, and am glad more often. For such is my choice today.”
As ek die Evangelies moes skryf, sou ek Jesus baie meer laat lag het. Mens lees nêrens dat hy gelag het nie en ek weet hy het gelag en sommer baie ook. Ons het nodig om meer te lag – vir onsself en die silly goed wat ons aanvang; vir mense aan wie ons soveel energie gee asof hulle die mag het om ons happiness te steel; maar bowenal vir ons WIPE-OUT bravado wat dink ons kan oor al die hindernisse kom sonder om eenkeer in die water te val. Kom ons verken al die skakerings van HAPPINESS in die komende maand ... waar ons dit gaan skep as ons dors het; hoe om dit te deel as ons oorloop; wat om te doen as iemand of omstandighede dit sluier; en te weet wie die Een is wat dit restoureer.
Jesaja 52:7 roep uit, “Hoe lieflik op die berge is die voete van hom wat die goeie nuus bring, wat vrede aankondig en goeie nuus bring van vreugde (happiness), wat die redding aankondig en vir Sion sê: ‘Jou God regeer!’” en nou weet ons dat ons daardie boodskappers is van geluk. Ons vul ons sirkel eerskomende Sondag met ʼn boodskap van hoop en vreugde sodat ons die nuwe maand ingaan met “liefde wat alle verstand te bowe gaan” (Efesiërs 3:19).

>>>> BOEKGROEP: 3 Maart @ 18h30 aan huis van Edward en Chrisna (Columbinestraat 24, Durbanville) — Boek onder bespreking: “From the Bodies of the Gods - Psychoacticve Plants and the Cults of the Dea” deur Earl Lee  

Die Kolping ACIM groep Donderdag 27 Februarie 7pm — ons lees verder Chapter 1, Section 1 “The Meaning of Miracles” en Maandagaand 3 Maart 19h30 in die STAD

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Happiness is when what you think, what you say, and what you do are in harmony.” ― Mahatma Gandhi

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights