2 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 2_desember_2012

Vanoggend so net na 5am word ek wakker met ʼn dors en toe ek in kombuis staan en die eerste lig breek, het ek die skuifdeure oopgemaak en die koel oggendlig voel waai deur my huis. Dit was asemrowend mooi. So met die eerste koppie koffie het ek gesit en dink oor die jaar wat verby is. In baie opsigte voel dit of dié jaar ons boompies gebuig het tot op die grond om te kyk of dit breek. Maar, dit was ook ʼn jaar van soveel seëninge waarin daar keer op keer ʼn pad gekom het toe ons ons kaarte verloor het wat ons herinner het dat ons net die sterre sien as dit donker is. Ons stap die laaste maand in met dankbaarheid want as daar één ding is wat ek dié jaar geleer het, is dit: We need to be more humble, more humane, more human!

Dis byna Kersfees en soos elke ander jaar vier ons dit saam met vriende en familie. Vir baie is dit hul jaarlikse verlof en gaan hou ons vakansie êrens weg van die geroesemoes van dit waarmee ons onsself elke dag bemoei. Vir ander is dit ʼn tyd van eensaamheid en die verlange om saam met geliefdes te wees. Die betekenis van Kersdag is lank vervloë en al wat ons onthou van Jesus, is wat ons geleer het as kinders. Wanneer iemand vra “Glo jy in Jesus?” is ons antwoord belaai met sinisme, kritiek en twyfel. Kathleen Norris verwoord my gevoel hieroor mooi: “Many people these days feel an absence in their lives, expressed as an acute desire for ‘something more’, a spiritual home, and a community of faith. But when they try to read the Bible they end up throwing it across the room. To me, this seems encouraging, a good place to start, a sign of real engagement with the God who is revealed in the Scripture. Others find it easy to dismiss the Bible out of hand, as negative and vengeful, violent. I can only hope that they are rejecting the violence-as-entertainment of movies and television on the same grounds, and that they say a prayer every time they pick up a daily newspaper or turn on CNN. In the context of real life, the Bible seems refreshingly whole, an honest reflection on humanity in relation to the sacred and the profane. I can’t learn enough about it, but I also have to trust what little I know, and proceed, in faith, to seek God there.”

Kom ons gesels die laaste maand van 2012 oor WIE IS JESUS, nie net die historiese Jesus nie maar veral die spirituele Jesus! Kom blaai saam met ons deur die verhale wat ons lees oor hierdie besondere Rabbi en kom ons wees ontvanklik om die stem (Heilige Gees) van God te hoor deur die oë/visie (Seun/Dogter) van God. Kom ons stap vir ʼn maand in die spore van Jesus sodat hierdie jaar se Kersdag relevant en betekenisvol sal wees in die geboorte van ons eie potensiaal om soos Jesus vir mense om ons die gesig van God te wys — ʼn gesig (teenwoordigheid) vol liefde en barmhartigheid (compassion).

Ons breek saam brood en deel die wyn eerskomende Sondag om dankie te sê vir ʼn nuwe seisoen! Brood (liggaam) wat ons herinner dat ons één is met mekaar. Wyn (bloed) wat Lewe beteken dat ons onskeibaar één is met God.

Ons stap 12 km saam met die Emmaus gangers.
         i.     Eers stap hulle SONDER Jesus: wat gebeur het, is verby
         ii.   Dan stap hulle SAAM met Jesus: daar is ʼn herinnering
         iii.  En so begin ʼn reis MET Jesus: dit word ʼn werklikheid

Ons het baie redes om die reis uit te stel. Ons het nog meer verskonings hoekom die reis nie nou belangrik is nie – maar het ons al ooit gedink dat dit moontlik die beste Kersgeskenk kan wees wat ons aan onsself kan gee — en dit is om in die voorbeeld en inhoud van ʼn Jesus onsself raak te loop en sodoende God te ontmoet in ons (mede)menslikheid.
Net ʼn uur elke Sondag ... naby genoeg ‘for a change’

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Christmas is not a time nor a season, but a state of mind. To cherish peace and goodwill, to be plenteous in mercy, is to have the real spirit of Christmas.” (Calvin Coolidge)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights