Soos ek sit en skryf, sak die sagte reën uit oor die stad as nog ʼn kouefront oor die Kaap skuif ... ons trek ʼn mus oor ons ore en knoop ʼn serp om die nek. Miskien is dit ʼn vreemde anomalie vir die meeste mense maar dié Beer hou van winter, altemit dalk getoor in dié maand se twee volmane. ‘Once in a Blue Moon’ staan ons stil en kyk en kyk tot ons sien; luister ons tot ons hoor; proe ons tot die smaak ʼn prentjie vorm in ons kop; ruik ons tot die reuk ʼn strikkie maak in ons geheue; voel ons die liefde wat in en deur ons vloei tot ons deurleef in hart, verstand, lyf en siel die stem van Liefde hoor fluister, “Ek wens vir jou genoeg!”
Laas week is een van ons land se grootste filosowe, Johan Degenaar, oorlede. Hy het dit so mooi verwoord, “Die siel is ʼn deurleefde lyf” — en dit is juis waaroor ons in Julie gesels het. In ʼn gesprek oor — ONS SKEP ONS EIE REALITEIT — het ons vele aspekte van dié tema bespreek en laas Sondag het die tyd ons gevang toe ons gepraat het oor die invloed wat ons EMOSIES het op hoe ons ons realiteit skep en ervaar. Ons gaan eerskomende Sondag verder gesels oor EMOSIES en waarom dit belangrik is om te onderskei tussen emosies en gevoelens.
Baie mense sê, “Mens moet realisties wees!” en ek wonder wat dit beteken – dat ons kleiner sal droom; minder visualiseer, inspireer, motiveer; ons hoop se volume sal afdraai? Ander sug weer, “Wat help dit om realisties te wees?” asof die noodlot sy vangnet na jou gooi en ons het geen sê (keuse) daarin nie. Ons is van kleinsaf só verkeerd gediagnoseer dat ons dink ons bestemming is vooraf bepaal of sou glo dat wat gebeur, is nou maar eenmaal ons lot. Die oomblik as iemand sê, “Ons skep ons eie realiteit” dan kom die antwoord vinnig, “Wie dink jy is jy? God is in beheer!” – tot ʼn mens by ʼn siekbed kniel, tot ʼn verhouding/huwelik jou erg verniel, tot die dag wat ʼn finansiële ramp jou in die oë staar dan wil mense weet, “Waar is God? Waarom gebeur dit?” en moenie eers begin met die non-sense dat God dit ‘toelaat’ om ons geloof te toets of die sentimentele snert dat God jou nie meer sal gee om te dra as wat jy kan hanteer nie. Ek en jy skep elke oomblik van die dag, in elke intensie, elke gedagte, elke emosie ons realiteit.
God is die Werklikheid (Waarheid) – dit wat altyd, konstant dieselfde is en nie wispelturig pendel tussen emosies of sy ‘mind change’ omdat hy nie sy sin kry nie. Waarheid is altyd waar en ook aanwesig in die ‘realiteit’ wat ons met intensies, gedagtes, emosies ervaar. Waar ons ons selfgeskepte realiteit sinchroniseer met die Werklikheid sal ons goed in perspektief sien en al die fragmente van ons lewe harmoniseer met die Waarheid wat ons ervaar as God in elke asemteug as herinnering, “Ek wens vir jou genoeg!”
Die vraag is: kan ek die waarheid van myself, vir myself sê? — to live life authentically. Daarna kan ons vra: kan ek die waarheid van myself, vir jou sê? – to live life alive. Dan sal ons begin om te vra: kan ek die waarheid van jou, vir myself sê? – to live life beautifully. Daarin is die liefde ons oorsprong ... die bron van ons bestaan; is liefde ons inhoud ... wat ons menswees betekenis gee; is liefde ons gawe/deug ... wat ons help om te onderskei tussen wat is sinvol (sense) en wat is onsin (nonsense); is die liefde ons harmonie ... wat ons leer om in balans te leef; daar waar liefde ons waarde is ... wat ons bekwaam vir die taak in die boord waar Lewe sy Liefdespitte saai.
Wanneer ek met ouers gesels oor hul kind se doop (Celebration of Life) is daar altyd VYF goed wat ek hul vra om hul kind te leer in die hoop dat ons as volwassenes dit sal onthou. Hieroor kan ons eerskomende Sondag gesels wat ook aansluit by ons Spiritualiteit Konferensie van Saterdag ...
DÍT is die sirkel waarin ons ons realiteit skep — liefde, aanvaarding, respek, medemenslikheid, seëninge — om sodoende in ‘equilibrium’ is te wees met die Werklikheid (Waarheid). Ek lees so mooi verhaal raak wat dit goed raakvat en saamvat:
“At an airport I overheard a mother and daughter in their last moments together. They had announced her plane's departure and standing near the door, she said to her daughter, “I love you, I wish you enough.”
She said, “Mom, our life together has been more than enough. Your love is all I ever needed. I wish you enough, too, Mom.” They kissed good-bye and she left. She walked over toward the window where I was seated. Standing there I could see she wanted and needed to cry. I tried not to intrude on his privacy, but she welcomed me in by asking, “Did you ever say good-bye to someone knowing it would be forever?”
“Yes, I have,” I replied. Saying that brought back memories I had of expressing my love and appreciation for all my Mom had done for me. Recognizing that her days were limited, I took the time to tell her face to face how much she meant to me. So I knew what this woman was experiencing. “Forgive me for asking, but why is this a forever good-bye?” I asked.
“I am old and she lives much too far away. I have challenges ahead and the reality is, her next trip back will be for my funeral,” she said.
“When you were saying good-bye I heard you say, ‘I wish you enough.’ May I ask what that means?” She began to smile. “That's a wish that has been handed down from other generations. My parents used to say it to everyone.” She paused for a moment and looking up as if trying to remember it in detail, she smiled even more. “When we said ‘I wish you enough,’ we were wanting the other person to have a life filled with enough good things to sustain them,” she continued and then turning toward me she shared the following as if she were reciting it from memory. “I wish you enough sun to keep your attitude bright. I wish you enough rain to appreciate the sun more. I wish you enough happiness to keep your spirit alive. I wish you enough pain so that the smallest joys in life appear much bigger. I wish you enough gain to satisfy your wanting. I wish you enough loss to appreciate all that you possess. I wish enough “Hello’s” to get you through the final “Good-bye…”
Dit is my wens om soveel as moontlik van julle Saterdag by ons Konferensie te sien en dat ons gesprek Sondag ʼn knapsak vol padkos sal wees om ons lewe te vier as ʼn refleksie van wat LIEFDE beteken en prakties daaroor sal gesels sodat ons gedagtes ook hul pad sal vind na ons handel en wandel.
ACIM: Kolping — 6 Augustus 19h00. Stad 10 Augustus 19h30 — Chapter 17: Forgiveness and the Holy Relationship, Section V ‘The Healed Relationship’ en verdere gedeeltes P362 Hardeband Boek
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Those who are resilient can more quickly regain their equilibrium and spring back when they are thrown off kilter by the storms of life.” ― Mary Buchan