In die maand waar al die Nobel Prys Toekennings gemaak word, is ek elke jaar in verwondering oor die genomineerdes in die algemeen en die pryswenners in besonder. Die bydrae wat die individue maak, nie net in hul vakgebied nie maar ook aan die mensdom, is verstommend selfs al verstaan ek nie eers altyd wat beteken alles as dit kom by die veld van fisika, wiskundige of ekonomiese toekennings nie. In ʼn wêreld wat sport- en filmsterre verafgod, gaan dié vroue en mans se bydrae meestal ongesiens verby al sou hulle in meer as een opsig ons lewe verryk, verbeter en verander. Ons kyk op na ons helde en ikone omrede dit ʼn herinnering is aan ons eie potensiaal en dat elkeen van ons mekaar se lewe op die een of ander manier raak. Ons haal miskien nie die voorblaaie of word aantreklike borgskappe aangebied nie maar dit vat nie weg van die feit dat elke moeder en vader hul bes doen vir hul kind, elke vriend of vriendin wat hul ontferm oor mekaar, elke opoffering wat gemaak word vir die milieu waarin ons leef, verdien erkenning en bewondering.
In die maand waarin ons gesels oor — “STROME LEWENDE WATER SAL UIT JOU BINNESTE VLOEI” – staan ons eerskomende Sondag stil by nog ʼn sterk stroom wat uit ons opborrel naamlik, JOY! Die meeste van ons dink dat VREUGDE net moontlik is as ons gelukkig is. Die vraag is – wat beteken dit as ons praat oor vreugde? Teen dié tyd weet ons almal dat happiness kom van binne. Dis nie iets wat jy kry of wat gebeur nie, en as dit is, is dit gewoonlik van korte duur want kort daarna soek ons weer iets anders wat ons gelukkig moet maak of hou. Is vreugde regtig afhanklik van iets wat gebeur wat gewoonlik beteken, ek het my sin gekry?
Oor die jare was daar al baie kere (te veel om op te noem) waar dit gevoel het ek is in ʼn draaikolk van goed wat gebeur en my stroop van happiness, wat nog te sê joy. Dan, op ʼn dag, kyk jy terug in skaamte en wonder, hoe is dit moontlik dat ek aan omstandighede of situasies soveel krag gegee het dat dit my gestroop het van my vreugde?
Die een stelling wat nog nooit vir my sin gemaak het nie is wanneer mense sê, “jy kan net weet wat is vreugde as jy weet wat is pyn.” Wat op aarde beteken dit? Jy kan met ander woorde net weet hoe proe sjokolade as jy weet hoe proe broccoli? Uit die aard van my werk is daar feitlik op ʼn daaglikse basis iemand wat vra om hulp om die pyn-punte te identifiseer en te help verlig. Gereeld is ek verstom oor die maniere waarop mense hulle vrae oor die uitdagings van hul lewe verwoord. Al die vrae het een ding ingemeen, in die dae van emosionele pyn, wanneer ons verdwaal, verlore, verwond voel, wil ons weet hoe om sin te maak daarvan en daaruit te leer sodat ons die sluise kan lig sodat strome van vreugde deur ons kan vloei. Nee, jy hoef nie te weet van hartseer voordat jy kan weet van vreugde nie! Ons almal se basiese behoefte(s) is tog dieselfde — ons wil glo ons maak ʼn verskil (ons word raakgesien en waardeer); ons wil hoop dat ons okay sal wees selfs in die dae wat ons nie okay is nie; en ons wil liefhê en liefgehê word.
Ons wil emosioneel sterk genoeg wees, nie net om die positiewe gewoontes te implementeer nie maar om ons gedagtes en hart te kultiveer om slegte gewoontes af te leer sodat ons emosioneel, intellektueel, spiritueel in balans sal leef en wanneer ons emosioneel verrinneweer voel dit ons nie sal stroop van ons innerlike vrede en vreugde nie.
Daar is ʼn miljoen self-help-boeke te koop wat jou sal inspireer en motiveer om anders te dink, anders op te tree, anders te reageer. Daar is ʼn biljoen webblaaie wat jou sal besiel en bemoedig om sekere gedragspatrone te verander en DAN sal jy gelukkig wees. Ek het na ʼn hele paar gaan kyk en alhoewel die meeste van hulle vir jou sê ‘WAT’ om te doen, is daar min van hulle wat vir jou sê ‘HOE’ — hier is ʼn paar wat ek in die kort epos wil inpas en Sondag kan ons dit verdubbel as ons praat oor STROME VAN VREUGDE --
Sondag gaan ons oor dié sewe gesels en ek gaan nóg sewe bysit net om seker te maak elke stoplap skiet soos ʼn prop uit jou fontein en daai verstopte geute word ʼn leivoor na die beddings van ons potensiaal om die Nobel Prys vir Vreugde te kom haal. “Joy is the infallible sign of the presence of God.” (Pierre Teilhard de Chardin). Onthou, dit vat net één idee, één gedagte, één tree van geloof, hoop, liefhê om alles te verander. Kom ons stap asof ons voete die aarde soen. Kom ons droom asof ons oë sterre pluk. Kom ons dans asof elke melodie wat nog ooit gekomponeer is op die maat van jou hartklop geskryf is.
>>> ACIM Kolping: Ons lees hierdie maand Chapter 11 – GOD OR THE EGO — p193 in die hardeband boek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Sometimes your joy is the source of your smile, but sometimes your smile can be the source of your joy.” ― Thích Nhất Hạnh