Vandag is ʼn spesiale dag op my kalender ... nie net vir die deurleefde dankbaarheid om in die wonder van LEWE gebore te word nie, maar die agting en waardering vir twee ouers se liefde en ondersteuning vir meer as ʼn halwe eeu later. Vir iemand wat gebore is met nostalgie, trouens ek was 10 minute oud toe het ek reeds verlang na waar ek was (LOL), gaan hierdie spesiale dag in die jaar gepaard met ʼn nabetragting van waar ek is op dié stadium van my lewe en hoe ek die volgende jaar vir myself visualiseer. Dit help natuurlik om ʼn sensitiewe, sentimentele MaanBeer te wees wat nooit sal ophou droom nie. Wanneer ʼn mens jou verjaarsdag vier, is daar oomblikke waarin ʼn mens dink aan jou eie mortaliteit veral as mens besef dat daar meer somers agter, as voor jou, lê.
Maar daar is beslis ook voordele verbonde aan die werklikheid om aan die verkeerde kant van 50 te wees! Daar is ʼn veel groter eerlikheid met wat ʼn mens kan en wat jy nie kan nie. Mens is meer outentiek en staan nader aan jouself ... ja, op 20 het ek geglo ek het reeds tot op die bodem geleef. Op 30 was daar ʼn selfversekerheid wat die toekoms stormgeloop het met ʼn bravade wat skrik vir niks nie – allermins ʼn duiwel en sy trawante. Op 40 sou die broosheid van menswees reeds op die oppervlakte sigbaar word en maak nie saak hoe hard ʼn mens probeer nie die grys sou sy paadjies vind na die lyne om die oë en mond. Op 50 sou daar reeds genoeg littekens wees om meer as eenmaal te wou opgee.
In die maand waarin ons gesels oor — WE CREATE OUR OWN REALITY — staan ek vandag stil(ler) langs myself en deel graag ʼn paar van die lewensbroodjies wat nog altyd my padkos was op die reis tussen gister en môre en hoe VANDAG die brug is tussen die twee. Vandag is die belangrikste dag in my (en jou) lewe want dit gee sin aan al ons gisters en sonder vandag is daar geen môre nie. Vandag gee betekenis in alles wat ons al geleer het soos vandag inhoud gee aan dit wat ons saamvat vir die reis na môre.
Hier is wat ek weet van die werklikheid waarin ons ons eie realiteit skep:
Kom ons verken eerskomende Sondag ʼn paar vrae oor wat is ons intensies — hoe suiwer ons dit, hoe kweek ʼn mens gesonde intensies wat geboorte gee aan gedagtes wat meer in aanvoeling is met die werklikheid en ons bevry uit ʼn selfopgelegde ballingskap wat vergeet het ons het ʼn keuse. Die lewe is nie iets wat met ons gebeur nie ... ons láát lewe gebeur? Ons verwys dikwels na iemand as “Larger than life!” en ek wonder altyd, wat beteken dit – because LIFE is large! Ons is kinders van Heelal, gebore uit die Groot Gedagte, ons is met Liefde gemaak en in Liefde ontvang en gebore en elkeen van ons het die kapasiteit (possibility and ability) om elke oomblik van die dag te kies tussen liefde en vrees, tussen konflik of vrede ... ons hoef nie ʼn dag langer te leef in die klein sirkeltjie om ons tone en hakskene nie. We have a spectacular disregard for making ourselves little, less, not enough. Dis nie hoe God na ons kyk nie.
Ons is pas deur nog ʼn Wimbledon toernooi en dit is verstommend hoe sterk die twee kampe is tussen die oormeerdere Federer ondersteuners en die handjievol wat vir Djokovic ondersteun. Die arme Serbiër kan net die guns van publiek wen nie ten spyte daarvan dat dit sy derde Wimbledon titel en reeds vir sowat 160 weke die nommer 1 speler in die wêreld is. Die rede waarom ek ʼn Djokovic aanhanger is, is vir sy sportmanskap — endless patience, so much control ... maar in besonder vir sy integriteit as mens teenoor sy opponente. Voor sy wedstryd teen Federer het hy gesê, “You know, he’s not going to lose; I’m going to have to win if I want to lift that trophy.” Baie van ons sou in sak en as gaan sit het om teen twee sulke gedugte teenstaanders te speel, Federer AND the crowd! Nie Djokovic nie, in sy tipies gedetermineerde kalmte het hy net gesê, “The quiet mind, the serene mind, wins the match” — 7/6, 6/7, 6/4, 6/3!
Die woord ‘essensie’ en ‘intensie’ lê inmekaar geweef. Ons ganse lewe, van geboorte tot vandag sentreer rondom ons vermoë om ʼn stabiele, gesonde, gesofistikeerde, higiënies gebalanseerde verhouding met onsself te kweek wat in diens staan van almal en alles om ons. Gebed help my om my intensies te fokus op hierdie doel. My intensies help my om my gedagtes te kultiveer. My gedagtes bepaal my realiteit en my realiteit is tog wat en hoe ek dinge ervaar. Daarin wil ek soveel as moontlik mense op reis vat want die gevoel is amaaaaazing wanneer ons die krag van Liefde toelaat om ons te herinner aan ons naelstring met die Werklikheid (i.e. Waarheid, i.e. God).
DIT IS MY WENS VIR VANDAG — suiwer en opregte intensies, nie net in my gebede nie maar ook in my handel en wandel; gedagtes wat gefiltreer sal word deur ʼn positiewe uitkyk op die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek; ʼn wil wat gelouter is van ego-denke en onverdun ʼn refleksie (getuie) sal wees van God se liefde, aanvaarding, deernis, medemenslikheid en seëninge; dat al ons ervaringe deur ons sal vloei sonder dat dit plak of ʼn houvas kry, wetende my ervaringe is net ʼn uitvloeisel van my aksies en reaksies; en dan ten slotte ʼn gebed — “Skep in my ʼn rein hart, o God, en vernuwe ʼn standvastige gees in my!” (Psalm 51:12) en ʼn belydenis -- “Leef nou die lewe van ʼn nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God” (Kolossense 3:10) Kom ons vul Sondag weer ons Wysheidsirkel as ʼn bron van inspirasie om met nuwe oë en ore, hande en voete, woorde en aksies ons eie realiteit te sinchroniseer met die Werklikheid van God.
ACIM: Hervat weer na die skoolvakansie
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Just for today I will allow my movement to be shaped by my heart. I will not explain or defend, I will not apologize or seek to be understood. Just for today I will walk softly, speak little, offer what I can. Just for today, I will let being what I am, be enough.” — Oriah The Mountain Dreamer