“Geloof, hoop, en liefde ...” — Ons tema vir April gaan oor die BRUG tussen geloof en liefde, naamlik ... HOOP! Laas Sondag was daar so eerlike deel van hoop in ons Sirkel. Mense wat vrymoedig hul hoop, maar ook vertwyfeling deel en in die deel daarvan, self hoop skep. Daar is beslis ʼn behoefte om te gesels oor tasbare hoop wat prakties en relevant is vir ons daaglikse lewe en om te kan onderskei tussen emosionele verwagtinge en wense, en spirituele hoop wat gebore met ʼn naelstring wat ons bind aan dit waarvandaan ons kom en waarheen ons op pad is. “Hoop lê in jou naeltjie!” sê iemand na die diens. Kom ons probeer laas Sondag se gedagtes wat gedeel is en wat ons vandag verstaan aan mekaar vasweef --
Die laaste vier maande oor die algemeen maar die laaste maand spesifiek, is ʼn besonder geestelike verdieping in my lewe. Dit is voorafgegaan deur ʼn hart- en wilsbesluit om hierdie jaar se Lydenstyd en Paasfees met groter toewyding in te gaan en intens bewus te word van wat beteken dit as ek sê, “geloof, hoop, en liefde” sodat dit nie net woorde is nie maar in my lewe reflekteer. Min het ek in Januarie geweet dat vier maande later sou 5 mense sterf wat ek goed geken het. Daarmee saam het ek weer begin om elke dag tyd af te staan aan Voorbidding (Intercession Prayer) waar ek spesifiek vir mense op hul naam bid. Die krag wat in en deur hierdie gebede vloei, is onbeskryflik ... nie ongelooflik nie maar Godlooflik!
Gebed is een van daardie kanale waar HOOP my vind. Daardie HOOP, soos vele dit laas Sondag beaam het, vind my deur mense wat vir my die ‘naaste’ is. Ja, mens kan besef wat hoop is deur ʼn mooi ‘quote’ of boek te lees, of dit onthou as iemand sê hul dink aan jou in ʼn SMS of WhatsApp — maar die HOOP wat heelmaak, ʼn brug bou tussen geloof en liefhê, is ʼn Goddelike hoop wat ons ontvang waar ons aan mekaar raak ... mekaar se hande vat ... mekaar in die oë kyk ... saam kniel ... mekaar dra en herinner aan die groter Hoop wat saggies aan ons harte raak en die wonde van onsekerheid en twyfel heelmaak. Hoop bring die son vir iemand wat twyfel en pluk die maan vir jou as dit donker is. Hoop vang die kleure van ʼn reënboog vir iemand wat moedeloos is en hengel sterre uit die hemel vir jou wat vra, “waar sal my geloof, hoop, en liefde vandaan kom?” want geloof, HOOP, liefde is altyd tasbaar, aanvoelbaar, naby, byderhand.
Nabyheid gee en ondersteun die hoop wat in ons harte klop. As Jesus sê, “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” dan is daardie ‘naaste’ die mense waaraan jy die naaste is. Dit is jou man of vrou, familie, vriende, kollegas en selfs vreemdelinge. Dit gaan nie net oor intellektuele of emosionele konneksie nie maar in besonder oor ʼn sielskonneksie. HOOP, soos ook laas Sondag gedeel is, lê in die NOU. Hoop gaan nie oor gister of môre nie. Hoop is nie ʼn verwagting om my sin te kry en dat dinge sal uitwerk soos ek dit graag wil hê nie. Hoop is om in hierdie oomblik, deurleef bewus te wees van, waar inspireer my geloof ander en hoe reflekteer my liefde in jou? So saai ons hoop en so oes ons hoop!
Ons is nie altyd naby die mense vir wie ons lief is nie. Die psigografiese afstand bring sy eie spanning en onsekerheid. Hulle wat vêr is, weet nie van die nagte wat ons hulle opdra aan God nie, hulle sien nie ons dae van verlang nie en deel nie ons teleurstellings én triomf nie. Des te meer omring ons onsself met mense wat ons geloof, hoop, en liefde met ons deel. Nêrens moet dit sterker klop as in ons gesinne nie. Jou man of vrou wat jou ritme herken, die seisoene van jou persoonlikheid erken, die beste en slegste dae ken en steeds jou asem van hoop is! ʼn Sielsband tussen sielsgenote want daarsonder gaan ons waaragtig harder moet werk om van geloof, hoop en liefde sin te maak.
Emosionele hoop, soos reeds gesê, gaan oor wense en verwagtinge — spirituele hoop gaan oor vervulling en inspirasie. Hoop ontsluit die beste in ons ... en soos die Chinese uitdrukking sê, “Real gold is not afraid of the test of fire!” Die Goddelike hoop wat in jou hart brand, is die vuur wat louter en suiwer en ons bemagtig om braaf en dapper te staan, maak nie saak wat die lewe na ons slinger nie. Nou waar het ons hierdie HOOP vergeet? Waar het ons begin glo dat hoop is hopeloos? Hier is ʼn paar redes waaraan ek kan dink as ek eerlik is met myself en as ek kyk na mense om my: ons gee meer om oor instant gratification as oor enige iets of iemand anders; we are no fans of making compromises; ons word veral deur die media vir die gek gehou dat daar iets is soos ‘perfeksie’ en films wat jou oortuig dat die lewe is ʼn fairytale; ons is so doelgedrewe dat ons totaal vergeet van die mense wat die naaste aan ons is; soveel mense het geen idee wat liefde en liefhê regtig beteken nie; en te veel het geen clue wat spiritualiteit — ʼn verhouding met God — behels en wat die invloed en betekenis daarvan in sy/haar lewe is nie. En dan wonder ons waarom ons koerante en nuuskanale se verhale hooploos is, om nie te praat van disfunksionele families en huwelike nie.
Een van die mense wat nou onlangs oorlede is, was ʼn vriendin uit Parys wat nog briewe met die hand geskryf en gepos het met 'n seël op. Sy het dit “snail-mail” genoem. Dit was altyd ʼn verrassing om 'n brief in die pos te kry en nie ʼn spoedkaartjie nie. Vol inspirasie in die stories uit haar alledaagse lewe het sy altyd aan die einde van haar briewe drie blessings geskryf: een vir my, een vir my seun, en een vir dié een, soos sy dit genoem het, “the one you kiss goodnight ...” – haar briewe was dikwels ʼn stukkie hoop wanneer ek hoop verloor of vergeet het. Iemand wat ten spyte van haar welgestelde agtergrond enorme tyd gehad het vir hulle wat nie-het-nie en op die ouderdom van 35 haar lewe gegee het in 'n vreemde land omdat sy ander wou gaan help wat nie so bevoorreg is soos sy nie. DÍT gee my hoop!
Daarom is daar net vier goed wat ek vra, sê “goeiemore” en “goeienag”, sê “dankie” en sê “asseblief” want reeds vroeg in my lewe het ek geleer dat HOOP altyd gebore word uit gratitude, thankfulness, and appreciation. In die dae van vertwyfeling en wonder of daar nog hoop is tussen my geloof en liefde dan sê ek hardop vir myself — I don’t expect anything, because anything is possible!
... en waarom is ek so seker van dit ... waarom maak my geloof, HOOP, en liefde vir my sin selfs al verstaan ek baie goed nie ... because in the world according to God, this is His promise, this is the bridge between my faith and love — “His divine power has given us everything we need for life and godliness through our knowledge of him who called us by his own glory and goodness. Through these he has given us his very great and precious promises, so that through them you may participate in the divine nature and escape the corruption in the world caused by worldly desires.” (1 Pet 1:3-4) Daarom gesels ons Sondag oor — AS DIE WINTER KOM, IS DIE LENTE NIE VER NIE!
My laaste gedagte oor HOOP tot ons mekaar Sondag sien, is ʼn pragtige gebed vir die ‘VERANDERING IN SEISOENE’ wat ek op die Internet raakgelees het en graag deel sodat jou geloof, hoop, en liefde daardeur versterk kan word — “The miraculous, creative power of God is with me now. I settle in the Presence of the Loving Presence of the God of All that is. The cycles of life are the divine journey that God has for me. I am ever evolving and moving through the amazing changes God has in store. Each year I marvel as the seasons change with such brilliance, hope, and certainty. God is the architect of a world that works perfectly and I move in sacred harmony with God’s plan. Thank you for my senses, God, and for my attention to the wonder all around me. Each season has meaning for me. I embrace and behold the majesty of the world. Thank you for my awareness and attention as I move in a divine and holy dance with your amazing creation. And so it is. Amen!”
ACIM: Kolping — 16 April 19h00 en Stad 20 April 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World p236 Section V ‘The Two Emotions’ en Section VI ‘Finding the Present’
Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts
Gedagte vir die Week:
“It's the possibility that keeps me going, not the guarantee.” ― Nicholas Sparks, The Notebook