18 November 2012

Hierdie week se liturgie: 18_november_2012

Ons staan gisteraand by Adam Lambert se konsert en ek dink by myself, hier is iemand wat een van derduisende was wat vir American Idols ingeskryf het en hier staan hy met selfvertroue en energie (presence) en geseënd met die talent van ʼn formidabele stem (drie oktawe met gemak). Sou hy dit ooit kon droom? Verseker nie. Waarlik, waarlik — “I do not at all understand the mystery of grace - only that it meets us where we are but does not leave us where it found us.” – Anne Lamott

Ons sê maklik: “Genade, onverdiende guns alleen” maar ek dink nie dis waar nie want ‘grace’ (genade, grasie, guns, goedertierenheid) word nie “verdien” nie, dit is verniet! Soos enige ander geskenk is dit joune as jy uitreik en dit vat (ontvang) -- miskien is die uitstrek en neem daarvan ook ʼn geskenk. Interessant, die woord ‘grace’ kom van die Latynse woord gratia wat beteken: favour, charm, thanks, pleasing and grateful ... en oorspronklik van die Sanskrit woord wat beteken: he praises! 

As alles dan ‘genade’ is — en dis nie genade soos in ‘sou jou kon seermaak maar besluit om dit nie te doen nie’ — dan sluit dit tog ALLES in en selfs meer as die alles. Waar kom die idee van straf dan vandaan? Waarom glo ons steeds dat God nodig het om ons te ‘tugtig’ en te laat ‘swaarkry’ sodat ons ʼn les kan leer? Die beginsel van oorsaak en gevolg (karma) geld tog vir alles, en ek bedoel letterlik alles BEHALWE liefde. Liefde is oorsaak en gevolg gelyktydig in die nou en hier waar ons is. Liefhê is wat lig is in die wêreld van materie.
Baie sal dan sê: maar ons word ‘gestraf’ vir ons sonde! Nou wonder ek, as sonde beteken: ons mis ons doel; ons skiet die teiken mis; ons dóén goed wat wonde en littekens maak, is die gevolge en konsekwensies en implikasies van ons sonde nie gelyktydig die ‘straf’ vir  sonde nie? Kom straf, én redding, van buite? Vir my lyk dit of God die redding (change of mind, verlos van doel-mis) van binne laat gebeur. Daarom is ons reaksie ʼn lewe van dankbaarheid. Ons noem dit ‘gracefulness’ wat deur ons vloei, wetende dis nie van ons nie. Dis ʼn harmonie met die siel. Reinhold Niebuhr se woorde: “God, give us grace to accept with serenity the things that cannot be changed, courage to change the things that can be changed, and the wisdom to distinguish one from the other” is die credo vir elkeen wat verknog vashou aan elke vorm van verslawing, hetsy dit een of ander dwelm of drank; mag of geld; dogma of fundamentalisme is.
Wat my op my knieë hou, is die verskil tussen grace en karma omdat ek geleer het: wat jy wil hê, gaan jy eers moet gee!

GEE ONS VANDAG ONS SPIRITUELE BROOD.
         i.     Genade het jou reeds gevind: Jy hoef dit nie te soek nie, ontvang dit net
         ii.   Genade se genesing én heling: Nie straf nie maar vergiffenis
         iii.  Genade is liefhê in praktyk: Dit sê: Ek hou van my beste as ek saam jou is!

Martin Luther het gesê: “Grace is given to heal the spiritually sick, not to decorate spiritual heroes” – die manier waarop God na ons kyk, sê: al lyk ons lewe op die oomblik chaoties en verward, is ons op pad om skoenlappers te word.
Daar is meer as genoeg genade – ontvang dit en sê “Dankie!”

ACIM: Donderdag 15 November. Jy is steeds meer as welkom om in te skakel want ons lees en bespreek spesifieke gedeeltes uit die boek. 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Grace means there is nothing we can do to make God love us more.... and grace means there is nothing we can do to make God love us less.” (Philip Yancey)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights